ELSUNE HOUGH

Default profile image
----------

Blog #12

25 May 2021, 18:19 Publicly Viewable
  • Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.

TAD

MAOI’S

SSRI

SNRI

NARI

Tertrasikliese en Unisikliese AD

5-HT R-moduleerders

Sirkadiese ritme reguleerders

Tersiere Amiene

Tranielsipromien

Fluoksetien

Venlafaksien

Reboksetien

Mianserien

Trasodoon

Agomelatien

Amitriptillien

Moklobemied

Paroksetien

Duloxetien

Mirtasepien

Vortioksetien

Imipramien

Fluvoksamien

Bupropioon

Trimipramien

Sertralien

Chloorimipramien

Sitalopram

Dotiepien

Esitalopram

Butriptilien

Sekondere Amiene

Nortriptillien

Desimipramien

Amoksapien

Maprotilien

Lofepramien

  • Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?

Meeste van die middels  verhoog noradrenalien en serotonien konsentrasies by sentrale sinapse deur Heropname remming, Afbraakremming en blockade van presinaptiese a2 outoreseptore

  • Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn?  Wat is die rede hiervoor?

14-21 dae. Die rede vir die stadige aanvang van werking is weens die veelvuldige multipotente werking op baie monoaminergiese reseptore agv nie-spesifieke verhoging in serotonien of noradrenalien

  • Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:

Effektiwiteit- TAD benodig titrasie tot minimum effektiewe dosis terwyl SSRI onmiddelik met die volle dosis kan begin.Dus word effekte vinniger waargeneem en kan daar gese word dat SSRI’s in sommige opsigte meer effektief wees.

Newe-effekte- SSRI’s is minder kardiotoksies as TAD, SSRI’s het ‘n beter newe effek profiel as TAD. TAD newe effekte sluit in sedasie, simpatomimetiese newe effekte, Anticholinergiese newe effekte, ortostatiese hipotensie, disritmiee, psigoses, presipiteer manie, konvulsies, massatoename en seksuele steurnisse waar SSRI’s se newe effekte insluit:Insomnia, EPS, gewigsverlies, die middels is nie sederend nie, gewigsverlies, erge akute angs ens.

Veiligheid- SSRI’s is veiliger om te gebruik as TAD.

  • Hoe werk mirtasepien?

Mirtasepien is ‘n NaSSA- noradrenalien en spesifieke serotonien anti-depressant wat a2 blokkeer en sodoende beide NA outoreseptor en 5-HT(heteroreseptor) vrystelling bevorder.Blokkade van 5-HT2A en 5-HT3 sowel as H1, a1 en indirekte stimulasie van 5-HT1A vind plaas.

  • Hoe werk venlafaksien?

Venlafaksien blokkeer beide 5-HT en NA heropname en is meer potent vir 5-HT as vir NA.

  • Hoe werk agomelatien?

Agomelatien herstel die liggaam se bioritmes.Primere agonis op melatonien 1+2 reseptore en ‘n antagonis op 5-HT2C reseptore. Hierdie reseptore is sinergisties.