LARA NAUDÉ

Default profile image
----------

Lara Naudé (31648959)

5 Jun 2021, 21:41 Publicly Viewable

​​​​​​​Blog #14

  • Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?

NMDA-antagoniste (fensiklidien) PCP, angledust.

LSD

Meskalien (kaktus plante)

Psilosibien ( aktief van shrooms) 

skopolamien en ander anti-cholinergiese middels. 

 

  • Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?

Psigoses is baie algemeen. die mense kry 'n belemmerde oordeelsvermoë dat hulle voel of dink dat hulle 'n kar net so kan oplig of 'n leeu met die kaal hand kan hanteer. So hulle het 'n roekelose gedrag wat dan kan lei tot die dood indien daar iets ekstreem aangevang is. Daar ontstaan soms 'n psigodiliese gedrag, "mind revealing" effekte. 

somatiese effekte: naarheid, swakheid, parestesieë en gedilateerde pipulle. pary mense begin te sweet en te bewe.  Baie mense eraar angstigheid en paranoia. konvulsies en spierspasmas kan voorkom. mood swings, flashbacks en harmful ideas of suicide. 

  • Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?

Die oordosis van LSD is toegeskryf aan die term "bad trip" dit is emosionele, fisies en omgewings verwante simptome. Die eerste en beste ding wat mens vir sulke mense kan doen is om hulle te kalmeer. verwyder hulle van die omgewing wat hulle moontlik iets fataal kan doen. bensodiasepiene kan toegedien word indien die pasient opgeneem is in die hospitaal om die pasient te kalmeer. antipsigotiese middels kan toegedien word wat die pasient kan help of van die "trip" af te kom. Dit behandel  die psigoses wat moontlik kon voorkom. Daarna word dit simptomaties behandel. 

  • Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?

Dit oordosis veroorsaak dat die cholinergiese neurotransmitters te veel geinhibeer word by die muskariniese reseptore. 

psigostigmien salisilaat word toegedien. 

enkeldosis geaktiveerde charcoal kan toegedien word. dit is die eerste linie behandeling as die pasient in die hopitaal arriveer.