JOHAN JOOSTE

Default profile image
----------

Blog #14

11 Jun 2021, 11:29 Publicly Viewable

Watter verskillende groepe hallusinogene middels is bekend?

PCP – fensiklidien

LSD – Lisergiensuurdïetielamied 5-HT2a agonis

Meskalien – Kaktus 5-HT2a agonis

Shrooms – psilosibien 5-HT2a agonis

Skopolamien

Noem ʼn paar tipiese effekte van die hallusinogene middels en beskryf die kliniese beeld van ʼn pasiënt wat dit ingeneem het?

Dit is nie verslawend  of afhanklikheidsvormend nie, geen euforiese effekte of gevoel van welsyn nie.  Dit verander algemeen persepsie van werklikheid en algemeen psigose tot gevolg het.  Die persoon het belemmerde oordeelsvermoë soos om ʼn leeu kaalhande aan te vat of voor ʼn kar inloop – roekelose fatale gedrag.

Oordosis is onwillekeurige ritmiese beweging van die oogspiere, moontlik hipertensie en moontlike fatale konvulsies. Persepsiesteuringe veral visueel – trip kan die persoon ook ervaar, of mind revealing effects.

Hoe word ʼn oordosis met LSD hanteer?

Heel eerste moet mediese nood gekontak word en die persoon geïsoleer word. BD’s kan gegee word asook antipsigotiese middel om die proses  van bykom vir die pasiënt en almal om die pasiënt te vergemaklik.

Hoe word ʼn oordosis anticholinergiese middels hanteer?

Met fisostigmien. Dit is die enigste ach. Esterase inhibeerder wat direkte SSS effekte antagoniseer. Die lugweg moet dopgehou word en ondersteunende sorg gebied word.