Akute pyn: 325mg – 1000mg 4 maal per dag. Nie meer as 4 g in 24 uur (akute lewerversaking, veluitslae = Stevens-Johnson). Oordosering veroorsaak fatale hepatotoksiteit. Toksiese dosisse= 10-15g/ 20-30 tablette. Parasetamolvergiftiging kom voor wanneer die lewer ensieme wat konjugasie van parasetamol kataliseer verstadig en toksisiese NAPQI vorm. NAPQI word gedeaktiveer deur glutatioon maar sodra glutatioon vlakke uitgeput is veroorsaak NAPQI nekrose in die lewer en nierbuise. Tekens en simptome kan eers binne 1-2 dae waargeneem word simptome soos Naarheid en braking, abdominale pyn, verlaagde eetlus, moeg en kragteloos. Renale inkorting en hepatoksisiteit asook regter subkostale pyn, teer lewer, geelsug, lewerselnekrose en die dood. Behandeling van akute parasetamol toksisiteit is onmiddellike aanvulling van –SH-groepe om glutatioon in lewer aan te vul en lewerselnekrose te verhoed. N-asetielsisteïen (Parvolex®) binne 8-12 uur IV toegedien. Aanvangsdosis: 150mg/kg in 200ml 5% glukose oor 15 minute, daarna 50 mg/kg in 500 ml 5% glukose oor 4 ure en daarna 100 mg/kg in 1 000 ml 5% glukose oor 16 ure. Orale behadeling: Asetielsisteïen bv Solmucol en ACC wat slymproduksie verminder 140mg/kg kan toegedien word. Karbosisteïen bv Mucosirop en Flemex 150mg/kg. Binne 1 uur na vergiftiging:Induseer braking, doen maagspoeling, gee geaktiveerde koolstof as IV behandeling gebruik word. Behandeling slegs effektief binne 10 ure van vergiftiging