BLOG AKTIWITEIT #3.2
COLS is ‘n chroniese onstruktiewe lugwegsiekte wat gekenmerk word aan beperkte lugvloei deur die longe, moeilike asemhaling, hipoksie, hoes en slaapsteurnisse. Daar is tans 3 toestande wat met COLS gekoppel kan word, nl. Brongiale asma, Chroniese brongitis en Emfiseem.
Chroniese brongitis: Die etiologie is steeds onduidelik, maar dit bleik veroorsaak word agv langtermyn-blootstelling aan iritante soos sigaretrook, stof en irriterende gasse. Dit word gekenmerk aan hoes, oormatige mukussekresies, verlaagde mukosiliere opruiming, toename in die insidensie van bakteriële lugweginfeksies en strukturele veranderinge in die brongiale wand.Chroniese brongitis word geassossieer met ‘n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel, aangesien dit die vagusrefleks bemiddel wat tipes geïnduseer word na stumulasie van irritantreseptore in die lugweg.
Emfiseem: Dit is die onomkeerbare verreking van die brongioli en alveoli’s wat daartoe lei dat lug in die respiratoriese ruimtes van die longe vasgevang word, maar baie moeilik uitgeasem word. Daar is ook verminderde bloedvloei deur die kappilêre bloedvate wat gaswisseling nog verder bemoeilik. Dit word baie sterk geassosieer met siggaretrook van strawwe rokers en genetiese vatbare individue
‘n Stapsgewyse benadering vir die terapie word gebruik:
Ipratropium is ‘n anti-cholinergiese middel wat dus die parasimpatiese senuweestelsel effekte meewerk. Dit is ‘n M3-reseptor antagonis in die lugweë. Chroniese brongitis word geassosieer met ‘n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel, aangesien dit die vagusrefleks bemiddel wat tipes geïnduseer word na stumulasie van irritantreseptore in die lugweg. Ipratropium werk hierdie effek dus tee. Terwyl in brongiale asma inflammatoriese toestande sentraal staan, waarvoor Ipratropium oneffektief sal wees.
Teofillien veroorsaak verhoogde diafragma kontraktilliteit wat beteken dat dit ventilatoriese kapasiteit verbeter
In erge gevalle van COLS, is hipoksie ‘n ernstige probleem. 18-24 ure/dag suurstof-inhalasieterapie verbeter die morbiditeit en mortaliteit. In sommige gevalle benodig sommige pasiënte slegs suurstofterapie voor oefening of tydens slaap