Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
Endothelium-afhanklike vasodilatore is verantwoordelik vir die verhoging van intrasellulêre kalsiumvlakke in die endoteel. Endoteelselle stel oplosbare EDRF vry wanneer hulle op vasorelaksante reageer. EDRF werk op vaskulêre spiere om ontspanning te veroorsaak en gee 'n vaso-verslappende effek. ʼn Toename in intrasellulêre kalsiumvlakke in endoteelselle gee ook aanleiding tot NO sintese en NO versprei dan na die vaskulêre gladdespier wat vasodilatasie tot gevolg het.
As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
Konstituele ensieme word konstant en aanhoudend gesintetiseer, maak nie saak wat die fisiologiese aanvraag is nie. Die patalogiese en fisiologiese implikasies is groter as die van geïnduseerde ensieme, omdat hulle konstant teenwoordig is.
Geinduseerde ensieme se sintese word deur geneesmiddels of sekere sunstrate geïnduseer. Hulle is slegs teenwoordig wanneer dit benodig word. Implikasies is kleiner, omdat hul slegs ‘n patologiese en fisiologiese effek as hulle teenwoordig en in werking is.
Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.
Septiese skok is 'n sistemiese inflammatoriese reaksie wat deur infeksie veroorsaak word. Dus word dit deur patogene veroorsaak (komponente wat in bakterieë voorkom). Dit veroorsaak die vorming van iNos in makrofage wat daartoe lei dat NO vrygestel word vir sy anti-mikrobiese effekte. Hierdie oormatige NO vrystelling kan veroorsaak dat endoteel-gladdespiere verslap wat kan lei tot erge hipotensie wat dan septiese skok effekte kan vererger en kan ook lei tot dood.
Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
NO
NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
Intrasellulêre glutatione is beskermend teenoor weefselskade wat deur piroksinitriet veroorsaak word. Peroksinitriet inhibeer proteïen funksie wat dan gedurende inflammasie weefselskade veroorsaak.
Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
Voordele:
NO kan die deurlaatbaarheid van die sel verhoog deurdat dit vasodilatasie medieer.
Dit toegang kan gee tot makrofae wat infeksies kan verhoed, die kompliment en imuunstelsel aktiveer en teenliggaampie produksie stimuleer.
Nadele:
NO aktiveer COX-2 en veroorsaak die sintese van inflammatoriese prostaglandiene. Prostaglandiene het vasodilatoriese effekte en kan saam met NO vaskulêre deurlaatbaarheid verhoog en lei tot perivaskulêre edeem. Oormatige NO kan weefselbesering veroorsaak.
Die vasodilatasie kan pyn en ongemak veroorsaak.
In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
Parkinsonisme, Alzheimer’s, beroerte.