BLOG #3.4
Rinitis:
Daar kan onderskei word tussen allergiese rhinitis, a.g.v ‘n allergeenblootstelling, slymerige rhinitis wat gewoonlik saam met Sinusitis gepaard gaan, nie-allergiese rhinitis wat ‘n fisiologiese respons is op bv koue, hitte of rook.
Rinoree:
A.g.v allergie, verkoue, koue lug, chemise of gm skade of fisiese skade.
Die dekongestante kan verdeel word in Direkwerkende middels en middels met ‘n gemengde werking. Die direkwerkende middels stimuleer die a1-adrenoreseptore in die nasale bloedvate om vasokonstriksie te veroorsaak. Die middels met ‘n gemengde werking is non-selektiewe adrenergiese agoniste (alfa en beta reseptor agoniste) met addisionele indirekte werkend. Dit kan topikaal aangewend word vir direkte werking, maar middels met ‘n gemengde werking kan ook oral toegedien word, wat lei tot laer konsentrasies in die biofase; dus gee dit dan ‘n indirekte werking.
Volgens die werkingsduur kan die dekongestante verder verdeel word :
Dit staan ook bekend as Privinisme en is ‘n toestand wat ontwikkel na die chroniese gebruik van dekongestante met wat lei tot permanente inflammasie en swelling van die neusslymvliese a.g.v die langdurige vasokonstriksie en gebrek aan bloedvoorsiening. Dit lei ook tot die afregulering van van a-adrenoreseptore op die nasale bloedvate wat dit onresponsief lat vir die alfa-agoniste.
Behandeling: staking van die gebruik van dekongestante. Tydelike topikale kortikosteroied-neussproei kan gebruik word in hierdie tyd.
Die eerste generasie anti-histamiene is multipotente kompeterende antagoniste en het anti-muskariniese effekte ook. Hierdie effekte verminder sekresies van die boonste en onderste lugwee en word dus in die behandeling van rinoree gebruik
Die tweede generasie anti-histamiene blokkeer nie muskariniese reseptore nie, en word dus slegs by allergiese rhinitis gebruik. Dit het ‘n voordeel aangesien dit nie oor die bloed/brein-skans kan diffundeer nie, dusk an dit nie sedasie of probleme met konsentrasie veroorsaak nie. Dit is bruikbaar by lang- of korttermynbehandeling van allergiese rinitis
Kortikosteroied-neussproeie: By die behandeling van allergiese of inflammatoriese rinitis, neuspoliepe en rhinitis medicamentosa. Word alleen toegedien of in kombinasie met ‘n decongestant
Anti-allergiese middels: Natriumchromoglikaat word by die profilakse van allergiese rinitis gebruik. Dit word as ‘n neussproei toegedien
Mesna: mesna word gebruik wanneer die nasale sekresies baie taai is en maak dit dus meer vloeibaar. Dit word topikaal as ‘n neussproei gegee
Normale soutoplossing(salien): Dit bevogtig die droë, geïnflammeerde neusslymvliese soos tydens verkoue, droë weer, allergieë, neusbloeding, oorgebruik van dekongestante en ander irritasies. Dit word as ‘n neusdruppel gegee.