Blog #3.5
Sistiese fibrose is ‘n genetiese defek waar orgaansekresies drasties verminder (Dnase I verminder) In die lugwee veroorsaak dit ernstige probleme, aangesien mukosale sekresies baie dik raak en dit die ideale omgewing vir bakteriële infeksies skep. Die aanhoudende infeksies veroorsaak onophoudelike chemotakse van neutrofiele wat dan DNS in die mukus deponeer wat dit nog taaier maak.
Dornase-alfa hidroliseer ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mukus en veroorsaak dus drastiese afname in die taaiheid van die mukus. Die voeibaarheid daarvan verhoog.
Die oppervlakaktiewe stof wat die respiratoriese eenheid van die lugweë bedek word eers in die laaste weke van swangerskap gevorm. As babas te vroeg gebore word, is hierdie oppervlakaktiewe stof nog nie ten volle ontwikkel nie en gaswisseling word bemoeilik/longe val plat.
Kortisoon stimuleer endogene surfaktant produksie.’n Korttermyn kursus kan toegedien word. Indien daar ‘n dreigende miskraam heers, kan betametasoon IM net voor kraam aan die moeder toegedien word end it sal endogene surfaktantproduksie binne 24h induseer.
Eksogene surfaktante: hierdie middels word met behulp van 'n kateter tot in die longe profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom, aan die neonaat toegedien om longsurfaktant aan te vul.
Suurstofterapie sorg vir voldoende oksigenering om hipoksie te verhoed, respirasie te verbeter en alveoli oop te hou.
Oormatige suurstof kan paradoksale hipoksie, verminderde gaswisseling en in uiterste gevalle die dood, veroorsaak. By neonate kan dit retinale skade en blindheid veroorsaak.
Neonatale apnee is wanneer die asemhalingsentrum in die medulla nog nie ten volle ontwikkel is nie en nog nie so sensitief is vir die stimulasie van koolsuurgas nie. Premature babas kan in hierdie geval nie voortdurend reg asem haal nie.
Metielxantiene nl, kaffeïne en teofillien stimuleer die sentrale senuweestelsel om dan die probleem op te los. Dit word IV toegedien en terapie word so gou as moontlik gestaak.