AMY VAN BILJON

Default profile image
----------

Blog#3.2

28 Nov 2021, 22:58 Publicly Viewable

• Gee jou eie definisie van COLS.

Behels obstruksie in die lugweë weens ń sekere toestand of siekte. Dit sluit in chroniese brongitis, brongiale en emfiseem.

• Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

Chroniese brongitis is ń langtermyn gevolg van irritante van die lugweë bv. Sigaretrook, stof en irriterende gasse. Simptome sluit in baie mukus afskeiding, min mukosilêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies en veranderinge in wande. Weens taai slym ontwikkel hoes.
Emfiseem is skade aan die wande wat dan ń onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli het. Gasuitruiling word ook belemmer deur vermindering van kappilêre bloedvatvoorsiening.

• Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Anticholinergiese middels, B2-simpatomimetika, teoxantiene, kortikosteroïede en antibiotika.

• Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitis as by die behandeling van brongiale asma?

Tiotropium het ń langewerkende gebruik in KOLS en het ń invloed op die vagussenuwee. Die vagus senuwee veroorsaak ń baie aktiewe parasimpatiese senuweestelsel. Ipratropium is ń parasimpatolitiese middel en sal goed werk vir brongitis.

• In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Kontraksie van die diafragma verbeter ventilasie met asemhaling, verminder hipoksie en dispnee in KOLS pasiënte.

• Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

KOLS veroorsaak hipoksie en die suurstofterapie help met die behandeling van die hipoksie.