AMY VAN BILJON

Default profile image
----------

Blog#3.4

28 Nov 2021, 23:03 Publicly Viewable

• Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?

Rinitis en rinoree word veroorsaak deur allergieë, verkoue, chemiese- of geneesmiddelskade, koue lug of fisiese skade.

• Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word?  Noem voorbeelde by elke groep.

Alpha-agoniste: beta-fenieletielamienderivate wat direkwerkend is bv. Fenielefrien.
Beta-fenielefrienamienderivate wat gemengde werking het bv. Efedrien, Fenielpropanolamien, Propielheksidrien, Pseudoefedrien.
Imidasolienderivate wat gemengde werking het bv. Nafasolien, Tetrahidrosolien, Oksimetasolien en Silometasolien.

• Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur?  Hoe word hulle tipies toegedien?

Fenielefrien, Efedrien, Propielheksidrien, Nafasolien en Tetrahidrosolien is kortwerkend.
Silometasolien is intermediêrwerkend.
Oksimetasolien is langwerkend. Topikale doseervorme en inhalasie word algemeen gebruik.

• Wat is rhinitis medicamentosa?  Hoe word dit behandel?

Word ook privinisme genoem. ń Toestand wat ontstaan na chroniese behandeling met dekongestante. Skade word gerig aan die neusslymvliese met permanente inflammasie en swelling. Daar is ook afregulering van die alpha-adrenergiese reseptore op die bloedvate, sodat dit onresponsief raak teenoor die alpha-agoniste.

• Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkings­meganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word?  Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene?  Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?

Eerste generasie blokkeer muskariene reseptore. Dit verminder sekresies van hoër en laer lugwee.
Tweede generasie blokkeer nie muskariene reseptore nie, is bruikbaar by lang- en korttermynbehandeling van allergiese rinitis. Slymindikking meer by eerste generasie.
Histamien speel nie ń rol by verkouerinitis nie, maar wel Bradikinien.

• Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?

Kortikosteroïede word gebruik in allergiese rinitis en kan topikaal of sistemies toegedien word. Anti-allergiese middels is baie effektief in profilaktiese behandeling van allergiese rinitis en word as neussproei toegedien. Mesna is sinvol in die gebruik teen taai nasale mukus en word as neussproei toegedien. Soutoplossing is baie veilig en effektief en word as neussproei toegedien in verkoue, droë weer, allergieë, neusbloeding, oorgebruik van dekongestante en ander irritasies.