• Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.
Sistiese fibrose is ń genetiese effek wat sekresies van organe verminder. Dornase-alfa hidroliseer DNA van die neutrofiele in mukus, met die oog om vloeibaarheid van die mukus te verbeter.
• Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.
Wanneer die oppervlakvloeistof van die longe wat gaswisseling laat plaasvind eers laat in die swangerskap ontwikkel. Die behandeling behels suurstofterapie, positiewe druk deur ń ventilator en eksogene surfaktante. Surfaktante verlaag spanning met die oppervlak en voorkom dat die alveoli platval.
• Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom? Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?
Suurstof verseker oksigenering. Suurstoftoksisiteit kan lei tot retinale skade of selfs blindheid.
• Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los. Watter metielxantiene word gebruik?
Wanneer die asemhalingsentrum van die medulla nog nie ontwikkel is nie. Die xantiene stimuleer die sentraal senuweestelsel. Kaffeïen en Teofillien word gebruik.