Dit is wanneer endoteelselle vasodilatore regaeer deur die vrystelling van endoteel-afgeleide ontspannings faktor naamlik EDRF (veroorsaak ontspanning van vaskulêre spiere). Waar NO die belangrikste bio-aktiewe komponent van EDRF is.
iNOS: wanneer dit aan inflammatoriese mediators blootgestel word ondergaan dit transkripsie-induksie (induseerbaar), dit word dus nie deur kalsium gereguleer nie. eNOS en nNOS word voortdurend geproduseer, ongeag die die hoveelheid selle wat benodig word (konstitueel). NO sintese is afhanklik van kalsiumregulering.
Sepsis se etiologie is naamlik infeksies, dit lei tot ʼn inflammatoriese reaksie. Bakterieë bevat sekere sitokiene en endotoksiene, dit gee aanleiding tot die vorming van iNOS in T-selle, hepatosiete asook makrofage. NO wat vorm gee dan uiteindelik aanleiding tot septiese skok wat dood kan veroorsaak.
Stikstofoksied (NO)
Glutatione is teenwoordig, dit het naamlik beskermende meganismes teenoor weefselskade wat deur Piroksinitriet veroorsaak word tydens inflammasie.
Die sintese van inflammatoriese prostaglandiene word deur NO gestimuleer wat der die COX-2 weg geaktiveer word. ʼn Oormaat van NO kan ook weefselbeskadiging tot gevolg hê. Perivaskulêre edeem kan ontstaan omdat beide prostaglandiene en NO vasodilatoriese eienskappe besit, dit lei tot vaskulêre deurlaatbaarheid en uiteindelik Perivaskulêre edeem.