Content begins here

Overview

Help Opens in a new window

IMPORTANT

Please note that if you have registered for ALDA111, you have registered for the AFRIKAANS Academic Literacy module.

If you would like to take the ENGLISH Academic Literacy module, please make use of the Add/Drops page to remove ALDA111 and add ALDE111 BEFORE completing the TALL or TAG test (TALL for English, TAG for Afrikaans). 

Welkom by ALDA 111

Onthou, klasbywoning is verpligtend

Ons het ons bes probeer om die lesse en asseserings op so 'n manier te struktureer dat dit gebruikersvriendelik is en die studente sal akkommodeer. Dit is egter belangrik om te onthou dat die meerderheid van die verantwoordelikheid by jou, die student, lê. Hoewel die dosent hier is om jou te ondersteun, bly dit jou verantwoodelikheid om seker te maak jy hou by die skedule en dien opdragte betyds in. Maak seker dat jy al die inligting behoorlik deurlees, aangesien dit jou sal help om jou tyd te beplan en te verstaan wat van jou verwag word.

Assessering vir hierdie module 

Vir elke week van die semester sal jy die geleentheid kry om medaljes te verower deur assesserings te voltooi. Vir die meeste weke sal jy 'n groen, blou en goue medalje kan losslaan. Elke groen medalje sal 'n kort assessering wees wat jou toegang sal gee tot die res van die inhoud vir die week en ook tot die daaropvolgende blou en goue medaljes. Die groen medalje moet as jou klasvoorbereiding beskou word. Indien jy nie die groen medalje voltooi nie sal jy nie toegang tot terugvoer vir daardie assessering of die blou en goue medaljes kry nie. Alle medaljes dra by tot jou finale module punt (met verskeie gewigte). Hoe meer medaljes jy verower, hoe meer punte sal jy akkumuleer.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:
Jy MOET deur die weeklikse lesse op eFundi werk en jou verpligte weeklikse klasse bywoon. Video's en ander hulpbronne wat noodsaaklik is vir die voltooiing van jou assesserings is slegs beskikbaar as jy deur die week se les op eFundi gewerk het. Wenke en voorbereiding vir jou assesserings sal slegs tydens klastyd beskikbaar wees!