Blog #5
Etanol absorber en versprei vining in die liggaam. In persone wat vastend is word die piek bereik binne 30 min. Die volume van distrubusie is gelyk aan die totale liggaam se water, so met ander word 0,5 tot 0,7 L/kg. Alkohol word 90% in die lewer gemetaboliseer en die res word in longe en uriene. Volwassenes metaboliseer 7 tot 10 g per uur. Ditis van kliniese belang want dit bepaal die toksisiteit en die persoon se afhanklikheid (verslawing) aan alkohol.
Daar is 2 ensiem sisteme wat plaasvind tydens metabolisme van etanol. Die eerste een is 1. Alkoholdehidrogenase. Die metabolisme vind hier plaas in lae enmatige hoeveelhede en gebeur primêrin die lewer. Die tempo van afbraak is 7 tot 10 g per uur end it maak nie saak hoevell alkohol ongeneem nie, die tempo bly konstant.
Die tweede sisteem is 2. MEOS (Mikrosomale Etanol Oksidasie). Hier metaboliseer groter konstrasies. Die etanol oksideer en die produk wat vorm is Asetaldehied. As alkohol chronies gebruik word verhoog die MEOS aktiwiteit maar ka geinhibeer word. Die aktiwiteit is ook verantwoordelik vir toleransie.
Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en Hipoglisemiese geneesmiddels.
Die geneesmiddels inhibeer aldehied dehidrogenase en sodoende word die asetaldehied meer en hoop op en dit kan nie gemetaboliseer word nie. Die opeenhoping van asetaldehied het naarheid, hoofpyn, blosing, hartkloppings en duiseligheid tot gevolg.