JULIE DE KLERK

Default profile image
----------

Blog#11

11 May 2021, 23:33 Publicly Viewable

Blog #11

    • Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?

Alifatiese en piperdienverbindings: Lae potensie,min EPS (ekstra-piramidale effekte). Mense ervaar erge sedasie, gewigtoename en sterk anti-cholienergiese effekte. Ervaar ook strek alfa-litiese effekte en die middel is ook kardiotoksies.

Piperasienderivate: Hoë potensie. Meer EPS. Swakker anti-cholinergiese effekte en alfa-litiese effekte, die middels is minder sederend en het minder kardiovaskulêre newe-effekte.

    • Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Dit blok die mesolimbiese Dopamien 2 reseptore.

    • Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Atipiese middels bind meer aan die Serotonien 2A reseptore as aan die Dopamien 2 reseptore. Die middels is multipotente antagoniste (ook inverse agoniste). Bind aan die 5-HT-2 reseptore.

Tipiese middels is multipotent kompeterende antagoniste. Blok DA2 eerder as 5-HT-2.

    • Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

Die dopamien-2 reseptore.

    • Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte?  Wat is die rede?

Die Fenotiasiene, Piperasienderivate, om rede hul hoë potensie wat meer EPS tot gevolg het.

    • A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Muskariniese reseptore.

Blog #10

23 Apr 2021, 12:18 Publicly Viewable

Blog #10

  • Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

Dopaminergiese middels (Verhoog dopamine aktiwiteit) en anti-cholinergiese middels (Verlaag asetielcholien aktiwiteite)

  • Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?

Amantadien is ‘n anti-virale middel met breë meganisme van werking. DIt verhoog die dopamine sintese en vrystelling en blokkeer die heropname van dopamine.

  • Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

          MOA-B inhibeerder. Inhibeer MOA-B ensieme met die gevolg dat dopamine          metabolisme onderdruk word en dopamine vlakke in SSS verhoog en herstel word.

  • Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Ergot derivaat: Broomkriptien

Nie-ergot derivaat: Pramipeksool, Ropinirool

  • Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

Broomkriptien: Dopamien-2 reseptore

Pramipeksool: Dopamien-3 reseptore

Ropinirool: Dopamien-2 reseptore

  • Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

Die selektiewe MAO-B inhibeerders, Rasagelien en Selegillien. Dit beteken dat die siekte se progressive kan verlaag en vertraag word.

  • Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Dit onderdruk dopamien metabolisme en die vlakke van fopamien verhoog in die SSS.

  • Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD). Verhoogde plasmavlakke van 3OMD swak terapeutiese respons met l-dopa (3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse). COMT-remmer verleng werkingsduur van l-dopa, verlaag perifere metabolisme, verbeterde biobeskikbaarheid

  • Hoe werk Istradefilien?

Dit is ‘n Adenosien a2 antagonis. DIt is ‘n addisionele middel met l-dopa/karbidopa by pasiënte wat af-episodes ervaar.

  • Bespreek die werkingsmeganisme van safinamide

Dit het tweeledige werkings meganisme. Die verhoog die dopamien funksie en verlaag glutamaat vrystelling. Dit verhoog die dopamien aktiwiteit deur die inhibering van dopamien heropname.

Blog #9

23 Apr 2021, 11:34 Publicly Viewable

Blog #9

  1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?
    1. Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Klein gemiëlineerde vesels is makliker geblok as grote ongemiëlineerde vesels.

    1. Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Geaktiveerde pynvesels vuur vinniger, pynsensasie selektief geblok deur locale anestetika.

  1. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

Dit veroorsaak locale neurotoksisiteite, histologiese skade en permanente funksie verlies.

  1. Waarop berus die keuse van ‘n LA?

Die tydsduur wat nodig is vir die prosedure wat moet plaasvind.

Tipe procedure en die tipe weefsel wat geaffekteer moet word.

  1. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Dit tree op as ‘n buffer en sal die locale anestetika se effekte potesieër.

  1. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

Besokaïen, Kokaïen en Oksibuprokaïen.

Blog #8

23 Apr 2021, 11:10 Publicly Viewable

Blog #8

Middels:

EFFEKTE VAN DIE MIDDELs:

Halotaan

(Eerste van reeks = STANDAARD)

SSS :              

Vinnige gladde induksie, Stadium 2 = afwesig, serebrale bloedvloei + verhoogde intrakraniale druk

Outonoom :

Bradikardie

KVS:              

Bloeddruk verlaag, Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van KA`e

Respiratoriese stelsel :Nie speeksel-brongiale sekresies of hoes nie.

Muskuloskeletaal: “MUSCLE TWITCHING”

Skeletspierverslappende effekte

Stadium III

Verhoog  werking van nie-depolariserende effekte

Verminder werking van depolariserende effekte (M.a.w. middle soos suksinielcholien)

Post-operatiewe bewerasie → hipoksie

Uterus:                      

Verlaagde spierkontraksie wat eksterne draaiing van baba veroorsaak.

Lewer :            Hepatotoksies, word deur die lewer gemetaboliseer.

Enfluraan

SSS :   Vinnige, gladde induksie
(Konvulsies soms gepresenteer omdat die middel die drempelwaarde vir konvulsies verhoog. DUS NIE IN EPILEPSIE LEIERS)

KVS : Nie sensitisering van miokardium,
 minder bloeddruk verlaging as halotaan .

Respiratories: Meer verlaging as halotaan.

Isofluraan

SSS: Vinniger  induksie + herstel as halotaan

KVS : Minder bloeddruk verlaging as halotaan + enfluraan
Nie sensitisasie van miokardium

Respiratories :Potente onderdrukkende effek.- Versterk agv  potente skeletspierverslappende effek.

 

Sevofluraan

Effekte soortgelyk aan desfluraan, minder irriterend vir lugweë Potensieer effekte van nie-depolariserende skeletspierverslappers net soos die ander gehalogeneerde eters

Ondergaan metabolisme + chemies onstabiel.

N2O (Anorganiese gas, laggas)

SSS :   Swak anesteties, potente analgetikum, amnesia.

KVS :   Geen effek

Resp : Suiwer N2O→ hipoksie (Suurstoftekort), meng dus altyd net suurstof of lug. Herstelfase: N2O vinnige diffusie uit bloed na alveoli, Verlaagde suurstofdruk veroorsaak hipoksie.

Geen skeletspierverslapping         

  1. Halotaan veroorsaak Bradikarie, Hepatoksisiteit en Hipoksie.

Desfluraan veroorsaak respiratoriese irritasie.

Enfluraan veroorsaak konvulsies.

N2O veroorsaak hipoksie.

Desfluraan veroorsaak laringospasma.

Blog #7

23 Mar 2021, 10:39 Publicly Viewable

Blog #7

  • Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan? Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

Fenobarbitoon, Karbamasepien, Fenotoien, Topiramaat men in met die pil se metabolisme. Die middels verminder die kontrasepsie se effektiwiteit.

Middels wat nie in meng nie is Valproaat, Lamotrigine, Gabapentin en Leviterasetam.

  • Hoe word die kinetika van hierdie middels deur ouderdom beïnvloed (vanaf neonate tot by bejaardes)?

Neonate het stadige metabolisme. Babas en kinders het vinniger metabolismes as volwassenes. Bejaardes het verhoogte insidesie vir SSS toksisiteit. So bejaardes sal laer dosisse ontvang.

  • In watter gevalle is plasmabloedvlakmonitering aangedui?

In die gebruik van antikonvulsante in vroue.

Blog #6

23 Mar 2021, 10:38 Publicly Viewable

Blog #6

  • Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

As jou metabolsme verhoog as jy alkohol in neem verhoog di took die kanse van toleransie.

  • Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Die funksionering van die lewer verlaag. Hepatitis en sirrose is ook ‘n nagevolg. Verlaging van glukoneogenese is ook ‘n nagevolg.

  • Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

Dit is ‘n sindroom wat plaasvind as gevolg van ‘n tekort aan vitamiene B1 en thiamine. Dit word behandel deur vitamiene B1 inspuitings, of oraal. “n gebalaseerde diet is ook effektief en behandeling van alkoholisme sal dan WKS ook behandel.

  • Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

Fetale alkoholsindroom is ‘n sindroom wat gevind word as die ma alkohol misbruik het gedurende haar swangerskap (eerste trimester). Daar kan dan verstandelike vertraging n groeiegebreke ens. gesien word in die kinders.

  • Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Chroniese gebruikv an alkohol verhoog ander geneesmiddels se metaboliese transformasie. Akute gebruik van alkohol verlaag ander middels se metabolisme.

  • Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 

Parasetamol, Alprazolam, Diazepam, Oxazepam.

Julie de Klerk Blog #5

11 Mar 2021, 11:40 Publicly Viewable

Blog #5

  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam? Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol absorber en versprei vining in die liggaam. In persone wat vastend is word die piek bereik binne 30 min. Die volume van distrubusie is gelyk aan die totale liggaam se water, so met ander word 0,5 tot 0,7 L/kg. Alkohol word 90% in die lewer gemetaboliseer en die res word in longe en uriene. Volwassenes metaboliseer 7 tot 10 g per uur. Ditis van kliniese belang want dit bepaal die toksisiteit en die persoon se afhanklikheid (verslawing) aan alkohol.

  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Daar is 2 ensiem sisteme wat plaasvind tydens metabolisme van etanol. Die eerste een is 1. Alkoholdehidrogenase. Die metabolisme vind hier plaas in lae enmatige hoeveelhede en gebeur primêrin die lewer. Die tempo van afbraak is 7 tot 10 g per uur end it maak nie saak hoevell alkohol ongeneem nie, die tempo bly konstant.

Die tweede sisteem is 2. MEOS (Mikrosomale Etanol Oksidasie). Hier metaboliseer groter konstrasies. Die etanol oksideer en die produk wat vorm is Asetaldehied. As alkohol chronies gebruik word verhoog die MEOS aktiwiteit maar ka geinhibeer word. Die aktiwiteit is ook verantwoordelik vir toleransie.

  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en Hipoglisemiese geneesmiddels.

Die geneesmiddels inhibeer aldehied dehidrogenase en sodoende word die asetaldehied meer en hoop op en dit kan nie gemetaboliseer word nie. Die opeenhoping van asetaldehied het naarheid, hoofpyn, blosing, hartkloppings en duiseligheid tot gevolg.

Julie de Klerk Blog #4

6 Mar 2021, 16:55 Publicly Viewable

Blog #4

Daar is velerlei plantaardige en/of natuurlike preparate wat op die apteek/winkelrakke staan waarvoor aansprake gemaak word dat dit anksiolitiese en/of sedatief-hipnotiese effekte het. Voorbeelde van die middels is:

  • Chamomile
  • Lavender
  • Antihistamiene vir allergieë, het dikwels sedatiewe effek.
  • Saffron
  • SSRI’s

Julie de Klerk Blog #3

6 Mar 2021, 16:37 Publicly Viewable

Blog #3

  • Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Lipofiliteit beïnvloed die absorpsie en verspreiding en die tempo van absorpsie word daar deur bepaal. Die bogenoemde is belangrik want dit bepaal watter middel gebruik gaan word, ‘n kort- of langwerkende middel.

Hoe meer lipofiel ‘n middel is, hoe vinniger gaan dit deur die sentrale senuwees stelsel versprei en geabsorber word. ‘n Minder lipofiel middel gaan stadiger versprei en geabsorbeer word.

  • Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Herdistrubusie van ‘n geneesmiddel is wanneer die geneesmiddel versprei word na die brein ens. en dan direk na ander weefsels versprei in die liggaam.

Dit is van belang want dit verseker dat die middel se duur van werking verleng word.

  • Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

Stap 1 – Dealkilering - Aktiewe metaboliete word gevorm

Stap 2 – Oksidasie – Sitochroom P450 laat lewer oksideer en aktiewe metaboliete word gevorm.

Stap 3 – Konjugasie - (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukronsuur wat onaktiewe metaboliet vorm en dan as uriene uitgeskei kan word.

  • Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel? Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied, Ketasolam.

Aktiewe metaboliete verseker verlengde werkingsduur.

  • Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie? Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, Lorazepam, Termasepam, Lormetazepam.

Dit sal die perfekte middel wees om vir pasiënte te gee wat lae P450 aktiwiteit het. Dus tree dit op as keusemiddels wat moet gebruik word in die toestande.

  • Wat is ensieminduksie? Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor? Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

Ensieminduksie is wanneer ‘n middel die produksie van sekere ensieme verhoog en sodoende die tempo van metabolisme verhoog.

Middels wat voorbeelde is, is Barbiturate soos Fenobarbital.

Die kliniese belang van hierdie middels is dat die tempo van metabolisme verhoog word en sodoende verleng die werkingsduur van die middel.

Julie de Klerk Blog #2

3 Mar 2021, 15:56 Publicly Viewable

Blog #2

  • Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?

Dit is geheuverlies. Dit is om nie die vermoë te hê om gebeure ens. te kan onthou na die middle geneem is nie so met ander woorde in die geneesmiddel se werkingsduur.

BV. Triazolam en temazepam. Maar meer triazolam

  • Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
  • Verminder tyd om aan die slap te raak.
  • Verhoog duur van fase 2 NREM.
  • Klein vermindering effek op REM slaap.
  • Hoe dosisse verminder REM slaap.
  • Verminder duur van fase4 NREM.

Die middels onderdruk die REM fase en ‘n gebrek aan daardie fase kan lei tot angstigheid,geïrriteerd en dit kan ook depressie veroorsaak as pasiënt nie dit herstel of staak nie.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik.  Kan jy verduidelik hoekom?

Doasepam, Midazolam, Lorazepam. Hoë disisse gebruik saam met narkose. Hulle word gebruik as gevolg van hul lang leeftye. Effek duur lamger en hou aan tot na narkose. Anterograde amnesia word veroorsaak en word gebruik vir SSS onderdrukkers.

  • Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?

Hoë dosisse barbiturate en sommige bensodiasepiene soos Klonasepam, Klobasam, Nitrasepam.

  • Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?

Die bensodiasepiene geneesmiddel inhibeer die polisinaptiese reflekse..Bv Diasepam

  • Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.

Die medulla oblongata beheer die stelsels en as dit te veel onderdruk word kan dit verkeerde effek hê. As dit te veel onderdruk word kan dit depressive en kan ook dood veroorsaak.