Die Patalogie van Migraines:
Migraines kom voor a.g.v die vrystelling van peptied neurotransmitters (GCRP) wat verhoogde intrakraniale vasodilatasie en edeem veroorsaak. Die edeem veroorsaak meganiesse drukking deur die strekkking van due senu-eindpunte op die brein, en daardeur dus die pyn gee. Gepaard met die migraine kom simptome soos naarheid, braaking, sensitiwiteit vir lig, klank en visuele versteurings voor.
Die behandeling van Migraines:
Triptans: Dit is die 1ste Linie van behandeling. Sumatriptan is die prototipe maar middels soos Naratriptan en Rizotriptan kan ook gebruik word. Hierdie middels val onder die Serotonien (5-HT1D) agoniste en stimuleer dìè reseptore, wat vasodilatasie in die interkraniale spasie voorkom.
Ergotamiene: ergotamiene kan gebruik word vir akute migraine aanvalle tesame met kafeÏen en die antihistamien middel siklisien (Migril). Ergotamiene werk in op die serotonien stelsel en stimuleer die 5-HT1D en α-adrenergiese reseptore om: vasokonstruksie te veroorsaak en die pyn op die senu-eindpunte te verlig. Alhoewel die middel effektief is, is daar baie newe effekte en kontraindikasies wat gepaard gaan met die middel. Triptans sal eerder bo die gebruik van ergotamiene verkies word
H1-antagonis: middels soos flunarisien kan gebruik word deurdat dit die H1-reseptore blokkeer en 'n invloed het op die inflamasie effek. Dit word gebruik as 'n profilakse tot migraines
Ander: daar kan ander middels gebruik word om die simptome te verlig van migrains soos anti-inflamatoriese analgetikums vir die pyn, en anti-emetikums vir naarheid, ens. Hierdie middels het geen invloed op die migraine self nie, maar verlig die ongemak van die gepaarde simptome.