Kroniese obstruktiewe lugwegsiektes, (KOLS) is siektes wat die lugweg blokkeer en so asemhalings probleme veroorsaak. KOLS word gekaraktiriseer deur die teenwoordigheid van brongiale asma, kroniese brongitis en emfiseem.
Kroniese brongitis
Presiese etiologie is onduidelik, maar dit word geassosieer met landurige blootstelling aan irritante soos sigaretrook, stof en irriterende gasse.
Tekens en simptome is oortollige slym, verminderde mukosale opruiming, gereelde bakteriese respiratoriese infeksies en strukturele veranderinge in die brongialewand. Pasiënte met kroniese brongitis kan ook 'n kroniese hoes ontwikkel in reaksie op taai slym. Ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel speel 'n belangrike rol omdat die vagale refleks 'n algemene gevolg is van die stimulasie van lugwegstimulerende reseptore.
Emfiseem
Onomkeerbare dilatasie van brongiole en alveoli van die lugweg as gevolg van strukturele skade aan die wande. Lug word vasgevang in die respiratoriese ruimte wat moeilik is om uit te asem, dit lei tot swak ventilasie in die longe. Soms word die toevoer van kappilêre bloedvate verminder wat ook gaswisseling verswak.
Soos by kroniese brongitis kan rook ook 'n oorsaak wees van emfiseem, veral in swaar rokers en geneties sensitiewe mense (bv. mense met alfa-1 antitripsien tekort).
Rookgewoonte: staking noodsaaklik
Bakteriële infeksie: immunisering teen influenza en breë spektrum AB met infeksie bv. tetrasiklien
Sekrete: verdun mukus - rehidrering en stoom
Hipoksie: suurstof inhalasie
Lugvloei obstruksie: brongodilatore
Swak longkapasiteit: gereelde ligte tot matige oefening
Ipratropium word gebruik om simptome soos hyging, kort van asem, hoes en bors-benoudheid te voorkom by mense met KOLS, bv. kroniese brongitis. Dit is meer effektief in langduringe gebruik as in kortermyn gebruik soos in asma aanvalle.
Teofillien verbeter kontraksie funksie van die diafragma en verhoog dus die ventilatoriese kapasiteit van die longe.
Suurstofterapie word gebruik by hipoksie. Hipoksie is 'n tekort aan die hoeveelheid suurstof wat die weefsel bereik. Suurstofterapie verhoog dus die hoeveelheid suurstof wat jou longe bereik en in die bloed opgeneem word. Wanneer KOLS sleg is en bloedsuurstof vlakke laag is help die terapie om beter asem te haal.
Gee 'n kort en kritiese verduideliking van die rasionaal om fluvoksamien ('n selektiewe serotonienheropname remmer SSRI) te gebruik in die behandeling van Covid pasiente.
Fluvoksamien is 'n sterk bindmiddel vir die serotonien transporter wat lei tot sy anti-depressante werking. Fluvoksamien is die SSRI met die sterkste affiniteit vir die sigma-1-reseptor wat 'n paar van sy anti-depressante werking gee, maar die reseptor het ander effekte ook. 'n Artikel van Science Translational Medicine (https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/30728287/) wat in 2019 gepubliseer is dui daarop dat die reseptor moontlik 'n rol kan speel by die vrystelling van sitokiene. Die meganisme van sitokien vrystelling is die rede hoekom Covid-19 pasiënt in die hospitaal beland.
https://www.medscape.com/viewarticle/958266
Verskeie vasodilatore, soos Asetielcholien, verhoog die intrasellulêre kalsium vlakke wat die sintese van NO tot gevolg het.
Konstitueel - die spesifieke ensiem word konstant vervaardig ongeag of die benodigde stowwe teenwoordig is of nie.
Geïnduseerd - die spesifieke ensiem word eers waargeneem nadat 'n sekere stof (induseerder) bygevoeg word.
Sepsis is 'n sistemiese inflammatoriese reaksie wat veroorsaak word deur infeksie. Endotoksien komponente van die bakterie wand veroorsaak die sintese van iNOS in makrofage, T-selle, ens. In so geval wat NO wydverspreid gesintitiseer word lei dit tot oordrewe hipotensie, skok en in sommige gevalle die dood.
NO
NOS ensiem inhibeerders word vrygestel deur die liggaam wat kompeterend op die bindings plek van arginien bind, as gevolg hiervan kan arginien nie omgeskakel word NO nie.
Die liggaam se reaksie op infeksie/besering behels die werwing van leukosiete en die vrystelling van inflammatoriese bemiddelaars. Dit veroorsaak 'n waarneembare verhoging in die iNOS-vlakke en aktiwitiet van leukosiete.
Voordeel: NO en peroksinitriet wat gevorm word is belangrike 'microbicide'.
Nadeel: Oormatige NO produksie van weefselbesering vererger.
Alzheimer's en Parkinsons.