MALIZA SMIT

Default profile image
MALIZA SMIT

20 Oktober - Finale inskrywing

20 Oct 2020, 09:56 Publicly Viewable

Wat ek die mees waardevolste gevind het in hierdie module, was beslis die verskillende maniere wat daar is oor hoe mens musiek en kuns by alle vakke kan integrieer. Die opdragte veral die een oor musiek aktiwiteite het my nogal `n knaag gegee, ek het dit nogal moeilik gevind. En om eerlik te wees het ons punte dit bewys.

Daar is nie werklik iets wat ek as nie waardevol beskou het in hierdie module nie, aangesien mens dit wat ons geleer het altyd sal kan gebruik en iets daarmee sal kan doen. Ek persoonlik voel my siening oor hoe kinders deur musiek kan leer het verander, aangesien daar soveel maniere en verskeie opinies is oor hoe musiek leerders kan beinvloed.

Ek sou wel beter wou verstaan en geweet het hoe die merk sisteem werk, aangesien baie van ons ontevrede is en nie verstaan hoe die merk gewerk het by ons musiek aktiwiteit nie.

12 Oktober - Leereenheid 5

12 Oct 2020, 17:53 Publicly Viewable

Vir my is die belangrikste wanneer dit kom by beplanning van lesse in die grondslagfase is dat die leerders moet kan speel. Leer deur speel is vir my belangrik. In LSKM het ek geleer dat musiek en kuns geinkorporeer moet word by ander lesse, bv. om musiek te speel wanneer die leerders van boeke wissel. Wees kreatief deur speletjies of enige iets anders, solank dit interessant is vir die leerders.

Ek voel dat kuns en musiek in die grondslagfase belangrik is aangesien dit leerders leer om hulself te wees en dit gee hulle ook maniere om hulself uit te beeld op `n manier wat goed is vir hulself en ander. Om kuns en musiek by ander lesse te inkorporeer kan die lesse vir leerders lekkerder en meer opwindend maak. Om verskillende lesse bymekaar te inkorpereer is ook herhaling wat dit vir die leerders makliker maak om die werk te onthou, aangesien herhaling maklik is vir leer. Deur na elke les `n liedjie te hê wat oorgaan na die volgende les help dit die leerders ook om te weet in watter boek, ens. hul volgende gaan werk.

Ja, my persepsie en siening het verander. Ek voel nou dat ek beter verstaan oor hoe belangrik musiek en kuns is en ook hoe belangrik die integrasie daarvan is vir die grondslagfase leerder is. Deur dit sal ek meer my lesse met mekaar inkorporeer en ook meer musiek in die klas speel en dit ook meer in my lesse inwerk.

5 Oktober - Leereenheid 4

5 Oct 2020, 21:17 Publicly Viewable

Ek as toekomstige onderwyser voel dat musiek en kuns belangrik is, dis `n plek waar die leerder hulself kan wees en hulself kan uitbeeld. Ek was verlief op kuns en musiek op skool, omdat ek net myself kon wees en myself in alle aktiwiteite kon uitbeeld. Om kuns en musiek by die daaglikse lewe en vakke van die grondslagfase leerder te inkorporeer is belangrik, nie net vir hul ontwikkeling nie, maar vir hulle om net hulself te kan wees en te doen wat hulle graag wil. Deur kuns en musiek by hul alledaagse werk te inkorporeer gee dit die leerders die kans om kreatief te kan wees met die onderwerp waarmee hulle besig is. Deur kuns asook musiek te inkorporeer by die ander vakke kan help met leerders se konsentrasie asook emosionele kant. Dit kan leerders leer hoe om met hul emosies te werk en hoe om dit uit te beeld.

Ek sal liedjies speel of vir die leerders liedjies leer wat ons sal sing sodra daar van een vak na `n ander vak oor geskuif word. Ek sal ook liedjies wat verband hou met sekere goed, soos `n liedjie oor pouse wanneer dit pouse is speel of dat die leerders hom sing of selfs met hande was. Om die klas se aandag te kry is dit oulik om hande te klp, vingers te snap of voete te stamp en soos jy hulle aandag kry doen hulle dit saam tot jy almal se aandag het en dit rustig is. Wanneer die leerders `n werkie doen kan mens ook rustige musiek in die agtergrond speel wat hul met konsentrasie kan help en hulle kan rustig hou. Selfs wanneer die leerders onrustig raak en hulle kans kry om te strek kan daar rustig musiek gespeel word.

Deur na leereenheid 4 se inligting te verwys en gebruik sal ek beslis musiek en kuns by al my lesse probeer inkorporeer.

30 September - leereenheid 3

30 Sep 2020, 10:11 Publicly Viewable

Leereenheid 3 lê na aan my hart, omdat ek voel grondslagfase leerders moet eerder speel as net stil sit, hulle leer in elke geval makliker wanneer hulle speel. Nie net geniet hulle dit nie, maar is dit ook goed vir hulle ontwikkeling.

Speel in die grondslagfase is belangrik vir emosionele sowel as vir hulle intellektuele. Speel kan op soveel verskillende maniere gebruik word vir leer, sowel as net ontwikkelig dat dit nooit vervelig of net dieselfde sal wees nie. Deur speel maak leerders maats en leer ook so sekere vaardighede by hulle aan. Speel kan woordeskat laat uitbrei, kinders leer hoe om hulle emosies te hanteer en selfs aan hul fisieke behoeftes voorsien, wat hulle beter sal laat slaap. Speel en sy elemente het soveel voordele wat dit vir `n grondslagfase kind inhou, elke element het `n ander voordeel en sommige elemente kan selfs gemeng word in sommige speletjies wat dit net nog meer opwindend sal maak.

Wanneer leerders tussen onderwerpe of altans vakke wissel kan daar `n liedjie wees wat hulle sing, op die manier weet hulle dat hulle nou iets anders gaan doen. Met matspel kan daar musiek wees wat speel en die leerders wat voel hulle wil dans kan dan, daar kan self `n storie op gevoer word as klas saam. Die leerders kan selfs in groepe `n storie en liedjie opmaak en aan die klas voordra. Onverwagte liedjies kan gespeel word waar leerders dan hul eie bewegings kan doen en kreatief kan wees.

24 September - Leereenheid 2 deel 3

24 Sep 2020, 12:41 Publicly Viewable

Ek voel die basiese musiek agtergrond wat ons leer sal ons help deur lekker en interessante aktiwiteite vir die leerders uit te werk. Dit sal ook help dat hulle dan op ander plekke groei en ontwikkel. Om dinge prakties aan te leer is gewoonlik makliker vir `n leerder, dit vereenvoudig die leerproses vir hulle, aangesien hulle leer, terwyl hulle dit wat hulle leer kan toepas. By `n grondslagfase leerder sal die meerderheid eerder die aktiwiteit onthou wat hulle gedoen het om iets aan te leer as wat hulle al die teorie daaragter onthou.

Die leerbenaderings wat vir my interessant, maar ek hou die meeste van Orff se benadering, aangesien ek voel kinders moet leer terwyl hulle speel, in die grondslagfase is leer vir enige kind belangrik en dus geniet hulle dit daarby. So om vir hulle iets aan te leer deur te sing, dans is speel is beter en lekkerder as om vir hulle te sê sit en luister. Ek persoonlik sal verkies om allaes vir die leerders aan te leer sover moontlik deur van speel en musiek gebruik te maak.

Deur aan liggaams perkussie aktiwiteite en ook beweging deel te neem, gee die leerders geleentheid om agter te kom wat hul liggaam instaat is om te doen en dit gee hulle ook geleentheid om deel te neem saam met hulle maats, dit help ook met verdere ontwikkeling. Deur elke dag saam met die grondslagfase leerder asook vir hulle te sing is belangrik aangesien dit hul toonhoogte laat ontwikkel teen graad 2. Ek persoonlik voel dat leerders hul eie instrumente  moet maak, maar het wel agter gekom dat die leerders dromme, skudders en ook van die driehoek hou in die grondslagfase. Wat hierdie instrumente interessant maak is dat die leerders dit eenvoudig by die skool of huis kan maak. Die dromme kan gemaak word deur ń koffieblik te gebruik en die skudders deur bottels met klippies of sand in.

 

18 September, leereenheid 2, deel 2

18 Sep 2020, 13:57 Publicly Viewable

Ek persoonlik voel die week was rustiger, die werk was normaal maar daar was minder opdragte om in te gee. Ek voel positief oor my studies op die oomblik en hoop dit bly so. Ek was siek die week wat my leer vir my moeiliker gemaak het, aangesien die medisyne maak dat ek wil slaap.

Ek het nie geweet dat daar verskillende benaderings tot musiek is nie, so dit was vir my iets nuuts en interessant. In my persoonlike opinie hou ek van die Reggio Emilia benadering aangesien ek saam stem met die feit dat leerders by alles betrek moet word wat leer aanbetref. Ek hou van die Montessori manier van leer so om leerders aan regte lewens situasies bekend te stel is in my belangstelling.

Ek het verskeie maniere geleer oor hoe om musiek vir die leerders aan te leer en dit vir hulle lekker en interessat te kan maak. Ek het van die videos gehou en ook van die verskillende voorbeelde wat daar vir ons in die Reader geplaas is. Op die manier het ek `n verskeidenheid idees wat ek van gebruik kan maak in my eie klaskamer eendag.

10 September-Leereenheid 2, deel 1

10 Sep 2020, 15:27 Publicly Viewable

Die week vir my persoonlik was rof, daar is soveel sperdatums wat nader kruip dat ek soms bietjie oorweldig voel en net wil gaan wegkruip. Ek het musiek nogal geniet, dit was rustiger en die feit dat ek belangstelling daarin het, het dit net nog lekkerder gemaak.

Ek het nuwe instrumente geleer, deur die videos te kyk asook na van die prentjies wat vir ons geplaas word in die Reader. Ek kan nie `n gunsteling musiek element kies nie, ek sal met almal wil gaan rondspeel en meer ontdek.

Die eerste deel van leereenheid 2 handel oor die musiek elemente, ek persoonlik het dit nogal interessant gevind. Ek het van laerskool af die musiek deel van Kuns en Kultuur geniet, die leer lees van die basiese note ens.

Die basiese kennis oor die musiek elemente sal help om dit vir leerders lekkerder te kan maak, om met `n liedjie te kan rondspeel en te kyk of hulle agter kan kom wat anders aan die liedjie is as wat hulle hom die eerste keer gehoor het. Ek as onderwyser kan dit ook aan hulle op `n interessante wyse leer, solank as wat ek die nodige basiese kennis het om dit aan hulle te kan oordra. Deur hierdie elemente in gedagte te hou sal ek dit lekker kan maak vir die leerders om musiek te leer.

Deur van verskillende liedjies gebruik te maak kan verskillende konsepte aan die leerders geleer word, elke liedjie is nie dieselfde nie en het iets wat spesiaal is aan hom. Verskeie liedjies kan gekies word om dan spesifieke konsepte te verduidelik en uit te beeld waar moontlik, dit kan die oorsaak wees om leerders se liefde vir musiek te ontwikkel wat sal aak, dat hulle dalk eendag musiek wil studeer of net musiek neem as `n ekstra vak.

31 Augustus-Angename kennis en week 1

31 Aug 2020, 17:39 Publicly Viewable

My naam is Maliza Smit, ek kom oorspronklik van Secunda in Mpumalanga af. Ek het van kleintyd af `n liefde vir klein kinders en het altyd geweet `n juffrou wil ek beslis wees en hier is ek vandag, `n tweede jaar. Ek het `n passie vir kinders,kuns en lees, ek pas in my vrye tyd kinders op en help hulle met huiswerk. Ek voel nog onseker oor die module maar net die feit dat die dosent haarself voor gestel het op eFundi het my effense rustigheid gegee. Ek weet nie regtig wat ek van hierdie module verwag nie maar die liefde vir kinders en musiek kan net ongelooflik wees.

Die eerste week was rustig, almal het maar eers die tyd gebruik om hul voete te vind met die aanlyn semester. Ek voel opgewonde oor die semester, bietjie gestres met die hoeveelheid werk, maar aanhouers wen. 

Ek het nooit gedink dat musiek so `n rol in `n grondslagfase kind se lewe kan speel of dat `n kind selfs te jonk kan wees om aan musiek voor gestel te word nie. Ek het die verskillende aspekte wat bydrae tot `n kind geniet en dan om te sien hoe musiek daar kan inpas.

Eenheid 1 se werk het my as `n toekomstige onderwyser aangemoedig om musiek in my lesse en klas in te werk. Kinders deur musiek te leer,soos nodig.