AMY VAN BILJON

Default profile image
----------

Blog #2.1

18 Sep 2021, 19:00 Publicly Viewable

Patologie:

Migraine vereis verspreiding na kraniaal arteries vind vanaf die 5de kraniaal senuwee plaas. Peptied neuro-oordagstowwe word vrygestel deur die 5de kraniaal senuwees Veral die indrukwekkende vasodilator, kalsitonien geen verwante peptied. Dus vind vasodilatasie plaas.
In mense en diere is gevind dat die opstoot van plasma en plasma proteïne in die perivaskulêre spasie ook algemeen voorkom. Die pyn van migraine kom van die meganiese rek/strek van die perivaskulêre edeem.

Behandeling:


Ergot derivate is potente vasokonstriktore. Dit kan in die begin stadium van ń migraine toegedien word. Hierdie werking is langdurend en daarom is dit noodsaaklik om te hou by die daaglikse of weeklikse dosis. Indien nie daarby gehou word nie, kan ongewensde effekte verwag word.

In meeste pasiënte word Sumatriptan gebruik as behandeling van erge akute migraines. In sommige gevalle help Aspirien en Ibuprofeen om pyn te beheer. Triptane is selektiewe agoniste (slegs gedeeltelik) vir die reseptore Serotonien 1B en Serotonien 1D. Die Triptane serotonien 1 agoniste word as meer effektiewe behandeling beskou teenoor ouer middels. Hierdie middels se effekte mag insluit dat kalsitonien geen verwante peptiede se vrystelling verlaag word en ook perivaskulêre edeem in die serebrale sirkulasie.