Wat beteken die term, endotelium-afhanklike vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
Dit is vasodilatasie wat slegs kan geskied in die teenwoordigheid van endoteliums. Endotelium selle stel oplosbare endotelium-afgeleide onstspanninsg faktor (EDRF) vry. EDRF veroorsaak vasodilatasie EN stikstofmonoksied is die hoofkomponent van EDRF.
As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken konstitueel en geïnduseerde ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
• Wanneer iNOS aan inflammatoriese mediators blootgestel word, word hulle deur transkripsie indusering uitgedruk en is nie kalsium afhanklik nie. Hulle is dus geïnduseerde ensieme.
eNOS en nNOS is word aanhoudelik geproduseer, maak nie saak van die hoveelheid selle wat benodig word nie en hulle word dus as konstitusioneel beskryf. NO is egter hier kalsium afahanklik.
Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patalogie van spetiese skok bydra.
• Endotoksiene in die bakteriële selwand saam met TNF-alfa induseer iNOS-sintese in makrofage, T-selle, hepatosiete, neutrofiele, gladdespierselle, fibroblaste en endoteelselle. Hierdie beteken basies dat iNOS wysverpreid is regoor die liggaam en hierdie kan veroorsaak dat septiese skok vergerger word.
Watter outakoïed se meganisme van werking berus op effekte op guanielsiklase-cGMP stelsel?
•NO.
NO kan vir die sel toksies wees. Watter manier het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
• Daar is glutatione teenwoordig. Hierdie glutatione is beskermend teenoor weefselskade wat deur piroksinitriet veroorsaak word. Peroksinitriet inhibeer proteïen funksie wat dan gedurende inflammasie weefselskade veroorsaak.
Noem 'n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
NO aktiveer COX-2 (COX-2 word gevind in inflammatoriese selle). Indien COX-2 geaktiveer word sal dit prostaglandien-sintese stimuleer. Beide prostaglandiene en NO het 'n vasodilatoriese effek. Hierdie sal dus grootliks bydra tot vaskulre deurlaatbaarheid en dus perivaskulêre edeem. Oormatige NO produksie kan iNOS induseer wat dan gevolglik weefselbeskadiging tot effek sal hê.
In watter neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
• Parkinson's se siekte.
• Beroertes.
• Amitropiese Laterale Sklerose.