F STYGER

Default profile image
N/A STYGER

#2.4

23 Oct 2021, 17:14 Publicly Viewable

Wat beteken die term, endotelium-afhanklike vasodilatasie vir jou? Verduidelik. 

Dit is vasodilatasie wat slegs kan geskied in die teenwoordigheid van endoteliums. Endotelium selle stel oplosbare endotelium-afgeleide onstspanninsg faktor (EDRF) vry. EDRF veroorsaak vasodilatasie EN stikstofmonoksied is die hoofkomponent van EDRF.

As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken konstitueel en geïnduseerde ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan? 

• Wanneer iNOS aan inflammatoriese mediators blootgestel word, word hulle deur transkripsie indusering uitgedruk en is nie kalsium afhanklik nie. Hulle is dus geïnduseerde ensieme.

eNOS en nNOS is word aanhoudelik geproduseer, maak nie saak van die hoveelheid selle wat benodig word nie en hulle word dus as konstitusioneel beskryf. NO is egter hier kalsium afahanklik.

Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patalogie van spetiese skok bydra.

 Endotoksiene in die bakteriële selwand saam met TNF-alfa induseer iNOS-sintese in makrofage, T-selle, hepatosiete, neutrofiele, gladdespierselle, fibroblaste en endoteelselle. Hierdie beteken basies dat iNOS wysverpreid is regoor die liggaam en hierdie kan veroorsaak dat septiese skok vergerger word. 

Watter outakoïed se meganisme van werking berus op effekte op guanielsiklase-cGMP stelsel?

•NO.

NO kan vir die sel toksies wees. Watter manier het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk? 

• Daar is glutatione teenwoordig. Hierdie glutatione is beskermend teenoor weefselskade wat deur piroksinitriet veroorsaak word. Peroksinitriet inhibeer proteïen funksie wat dan gedurende inflammasie weefselskade veroorsaak.

Noem 'n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê. 

NO aktiveer COX-2 (COX-2 word gevind in inflammatoriese selle). Indien COX-2 geaktiveer word sal dit prostaglandien-sintese stimuleer. Beide prostaglandiene en NO het 'n vasodilatoriese effek. Hierdie sal dus grootliks bydra tot vaskulre deurlaatbaarheid en dus perivaskulêre edeem. Oormatige NO produksie kan iNOS induseer wat dan gevolglik weefselbeskadiging tot effek sal hê. 

In watter neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?

 Parkinson's se siekte.

• Beroertes.

• Amitropiese Laterale Sklerose.

 

 

#2.2

23 Oct 2021, 16:36 Publicly Viewable

In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog? Wat is die implikasie daarvan? 

Hipertensie.

Wanneer daar 'n verhoogde hoeveelheid angiotensinogeen teenwoordig is, is daar meer beskikbaar om deur Renien na angiotensien I toe om te skakel. Angiotensien omskakelingsensieme (ACE) skakel hierdie angiotensien I om na angiotensien II. Hierdie aksie sal gevolglik lei tot die aktivering van AT1 reseptore. AT1 (angiotensien II tipe 1 reseptor) veroorsaak vasokonstriksie, wat gevolglik 'n verhoging in perifere weerstand en bloeddruk lewer, 'n verhoogde afskeiding in aldosteroon, wat gevolglik tot verhoogde Na+ en H2O herabsorpsie lei. Gevolglik sal kardiale hipertrofie en hermodullering plaasvind wat uitendelik dan die hipertensie wat alreeds teenwoordig is vererger. 

Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

• Geneesmiddels wat die angiotensien omskakelingsensieme inhibeer, inhibeer ook die metabolisme van bradikinien. Hierdie veroorsaak verhoogde vlakke van bradikinien. Dus sal daar brongokonstriksie plaasvind deur Bradikinien 2 reseptore (hierdie is 'n hoes refleks) wat dan 'n droë hoes veroorsaak. Geneesmiddels wat slegs angiotensienreseptore rem, sal NIE bradikinien se metabolisme inhibeer nie, en dus sal daar nie 'n droë hoes geïnduseer word nie (hierdie newe-effek sal nie voorkom nie). 

Op watter wyse het AOE-remmers 'n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

• Eerstens, blok Angiotensien omskakelinsgensiem inhibeerders die omskekeling van angiotensien I na Angiotensien II toe. Die Angiotensien II tipe 1 reseptore is geblok en dit veroorsaak vasodilatasie en gevolglik verlaagde perifere weerstand en verlaagde bloeddruk. Hierdie aksie veroorsaak ook 'n verlaagde sekresie van Aldosteroon wat 'n verlaging in water en sout herabsorpsie veroorsaak (dus word meer uitgeskei) en gevolglik verlaag kardiale uitset en die bloeddruk verlaag ook.

Tweedens inhibeer Angiotensien omskakelingsensiem inhibeerders ook bradikinien metabolisme. Dit veroorsaak dat bradikinien konsentrasies verhoog en gevolglik sal dit tot 'n verhoogde sintese van prostaglandiene lei (PGE2 en PGI2) en hierdie aksie veroorsaak vasodilatasie wat perifere weerstand en bloeddruk verlaag. 

Op watter tipe angiotensienreseptore werk lorsartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore? 

• Angiotensien II tipe 1 reseptore. 

• Hulle het egter GEEN effek op angiotensien II tipe 2 reseptrore nie. 

Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arteries en vene? Speel ander outakoïede 'n rol in hierdie werking? Verduidelik. 

 Kiniene veroorsaak arteriële vasodilatasie EN Veneuse vasokonstriksie. 

• Ja, ander outakoïede speel 'n rol. Die vasodilaterende effek op die arteries is a.g.v. die direkte inhibering van die kiniene op die srteriële gladdespier, OF dit kan die effek wees van ander outakoïede soos die vrystelling van NO of vasodilatoriese prostaglandiene, naamlik PGE2 en PGI2 (wat albei vasodilatasie stimuleer). Die vasokonstriktoriese effek op die vene is a.g.v. die direkte stimulering van kiniene op die veneuse gladdespier OF dit kan die effek wees van die vrystelling van venokonstriktoriese prostaglandiene, naamlik PGF2alfa.

Watter reseptore is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene? 

• Bradikinien 2 Reseptore. 

Op watter wyse is Natriurese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking? 

• Natriuretiese peptiede veroorsaak vasodilatasie wat gevolglik die perifere weerstand en bloeddruk sal verlaag. Hierdie effekte is voordelig tydens die behandeling van hipertensie. Natriuretiese peptiede verhoog glomerulêre filtrasie en dus sal hulle ook natrium eksresie verhoog. Daar is egter 'n verlaging in renien sekresie wat lei tot verlaagde angiotensien II en dus ook 'n verlaagde hoeveelheid aldosteroon. Minder water en natrium word geherabsorbeer en dit sal lei tot minder edeem wat kongestiewe hartversaking sal verlig of te wel effektief behandel. 

Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking? Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word? Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het. 

Neprilisien is verantwoordelik vir die metabolisme van Natriuretiese peptiede ANP en BNP. Hierdie twee se konsentrasies sal sodoende verlaag. Hulle vasodilatoriese effekte sal verminder en vasokonstriksie sal eerder geskied, glomerulêre filtrasie sowel as natrium en water eksresie verminder EN daar is ook 'n verhoogde renien sekresie wat gevolglik meer angiotensien II beskikbaar maak en dus word meer aldosteroon gesekreteer en daar is 'n verhoging in natrium en water herabsorbsie. Hierdie effekte sal hartversaking vererger en NIE behandel nie. Dit is dus nodig om neprilisien te inhibeer sodat daar meer Natriuretiese peptiede ANP en BNP is. Hoër konsentrasies van hierdie twee stowwe sal effektief hartversaking verlig of te wel behandel. 

Gee voorbeelde van edotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore. 

Vasodilatore: PGI2 en NO. Sowel as Bosentan, Macisentan, ambrisrntan en Sitaxentan. 

Vasokonstriktore: ET1, ET2, ET3, ETA en ETB. 

 

 

 

#2.1

23 Oct 2021, 15:15 Publicly Viewable

Patalogie van 'n migraine: 

 'n Migraine behels die verpreiding van die trigeminale senuwees na die intrakraniale arteries. Die trigeminale senuwees stel 'n neurotransmitter peptied dan vry, naamlik die "Calcitonin gene-related peptide" (CGRP). CGRP veroorsaak vasodilatasie asook ekstravasasie van plasma en plasma proteïene in die perivaskulêre spasie - m.a.w. perivaskulêre edeem. Hierdie perivaskulêre edeem veroorsaak dan meganiese strekking (rekking) en gevolglik word die pyn senu-eindes in die dura geaktiveer. 

Huidige Behandeling: 

• Triptans (naamlik sumatriptan, almotriptan, zolmitriptan ens.) word amper ekslusief gebruik in die behandeling van migraines. Hierdie geneesmiddels is gedeeltelike agoniste by die seretonien 5-HT1B/1D reseptors. Hierdie geneesmiddels inhibeer die vrystelling van CGRP en dan ook sodoende die perivaskulêre edeem in die intrakraniale sirkulasie. Hulle het OOK vasokonstriktoriese werking, wat die vasodilatasie en die rekking van die pyn senu-eindes (wat pyn veroorsaak) voorkom.

• Ergot alkaloïede kan ook gebruik word, bv. ergotamien en ergonovine. Hierdie geneesmiddels het gemengde gedeeltelike agonistiese effekte by die seretonien 5-HT2 reseptor EN die alfa-adrenoseptors. Hierdie middels veroorsaak gladdespier kontraksies, maar dit blokkeer die alfa-agonis vasokonstriksie. Hierdie werking sal die vasodilatasie van die migraine assok die pyn wat met die vasodilatasie gepaard gaan inhibeer.