Goeie middag almal! Ek is Freda Olivier, 'n 34 jarige mamma van 3 seuns en 'n vrou van 'n wonderlike man, waarsonder ek nie hierdie groot uitdaging sou kon aanpak nie. Ons woon in Newcastle waar ons as predikants paar vir die Here werk in die Evangelies Gereformeerde Kerk.
Die vlinders wat ek voel met elke begin van 'n nuwe semester is amper onder beheer. Ek voel dankbaar, dankbaar dat die eerste semester goed afgeloop het, dit gee my opnuut moed en geloof vir die onbekende wat wag.
Leereenheid 1 was baie insiggewend. Piaget se fases van ontwikkeling help my ook om die fases waarin elkeen van my seuntjies is, te geniet en waardeer. Ewan (20 maande) sit nou juis hier langs my en wil vir mamma help tik. Hy is nou in die sensoriese fase, alles gaan nogsteeds mond toe. Hy hou ons baie fyn dop en voel trots as hy iemand kan namaak. BW is nou 4 jaar oud en is in die pre-operasionele fase. Sy verbeelding is baie goed en hy vertel met oortuiging dat ons budjie gesê het hy wil eiertjies hê. Hy raak natuurlik baie emosioneel as dinge nie na sy sin loop nie, dit wys natuurlik die egosentriese deel van hierdie fase baie goed uit. Armand is nou 7 jaar oud, konkreet operasionele fase. Hy is al minder egosentries as sy boeties en is 'n oulike ouboet vir hulle, hy kyk uit vir sy boeties en gee baie om vir hulle. Hy dink al diep oor allerande dinge en soek verduidelikings vir amper alles, as jy hom nie 'n behoorlike antwoord gee nie, dan sal hy dit vir homself uitredeneer.
Na al die goeie inligting sover in LSKM, wil ek beslis my seuns aanmoedig om ten minste een musiek instrument te kan speel en hulle verder soveel moontlik blootstelling aan die musiek aktiwiteite gee.
Vygotsky se sone van proksimale ontwikkeling is tot groot voordeel van alle leerders, as ons as onderwysers hulle selfvertroue kan bou en hulle help om selfstandig te word in al die nuwe vaardighede wat ons vir hulle leer, sal ons bekwame leerders kweek. Ons moet ons leerders leer om te dink en in bekwaamheid te vorder, altyd seker maak dat hulle alles wel verstaan.
Musiek lyk vir my is 'n fantastiese hulpmiddel wat tot groot voordeel in die akademiese wêreld gebruik kan word, daarom moet ons as onderwysers goed daarmee bekend wees.
Op fisiese gebied kan ons die leerders met musiek aktiwiteite optimaal laat ontwikkel deur bv. dans en speel van instrumente
Kognitiewe ontwikkeling kan weer gestimuleer word, syfer en letter vaardighede asook visuele en ruimtelike intelligensie ontwikkel deur verskeie musiek aktiwiteite.
Sosiale ontwikkeling word ook gestimuleer as leerders saam deelneem aan musiek aktiwiteite.
Persoonlike ontwikkeling word ook bevorder in musikale opvoeding. Leerders se selfvertroue en kreatiwiteit neem ook toe wanneer hulle suksesvol deelneem aan musiek en aktiwiteite.
Emosionele ontwikkeling word ook bevorder deur die herkenning van verskillende gemoedstoestande wat deur musiek geillustreer kan word. Leerders leer dan so ook om hulle eie emosies te herken en uitting daaraan te gee.
Tot volgende keer!
Leereenheid 4.
Musiek kan op verskillende maniere geintegreer word deur die dag en saam met lesse. Tussen periodes vir oorskakeling, kan dit handig wees. Vir opruimtyd, sal dit ook dien as 'n oomblik van pret eerder as werk of moeite. So kan liedjies baie help in die onderrig van goeie maniere, badkamer roetine en higiëne ook. Daar is baie liedjies wat by temas kan aanpas in onderrigting. Dit kan help met vaslegging of herhaling ook. Ek is 'n dapper muis kan bv gebruik word saam met Lewensvaardigheid se les oor nagdiere. Daar kom verkeie nagdiere in die liedjie voor wat kan deel uitmaak van die onderrig proses.So kan dit in baie ander lesse se temas ook gedoen word.
Hier is drie voorbeelde van intergrasie tussen kuns, lewensvaardigheid en musiek vir gr. 2 leerders.
Seisoene en kreatiewe speletjies en vaardighede (speel van perkusiese instrumente/ liggaam perkusie - KABV Lewensvaardigheid grondslagfase, Kreatiewe kuns, kwartaal 2, Gr.2
Gesonde leefstyl en kreatiewe speletjies en vaardighede (KABV Lewensvaardigheid, grondslagfase, kreatiewe kuns, enige kwartaal.
Maniere van kommunikasie en interpretasie asook improvisie (KABV Lewensvaardigheid, grondslagfase, Kreatiewe Kuns, kwartaal 2 of 3, Gr.2
Leereenheid 3
Die sewe elemente van spel was vir my baie interresant. Ons onderwysers moet maar kreatief wees en ons sal lyk vir my, soms 'n haas uit 'n hoed moet haal.
Eerstens moet daar by die leerders samewerking wees, hulle gemoedstoestand moet positief en betrokke wees om aan die spel deel te neem.
Tweedens die verrassende element, kan dalk 'n uitdaging wees.
Derdens is daar die proses, houding en struktuur wat 'n rol speel.
Vierdens is spel vrywillig en verenigend en vorm deel van die sosialiserings proses.
Element nommer vyf is daar die estetiese oordeel wat deel uitmaak van die deelnemer.
Element nommer ses word die informele spasie geskep vir die sosio-historiese inhoud.
Laastens versterk spel die rolle van die samelewing.
Die holistiese ontwikkeling speel ook 'n baie belangrike rol. Die leerder leer nie net om te kyk nie, maar om raak te sien, nie net om te hoor nie, maar om te luister, nie net om te dink nie, maar om ook te reageer.
Om spel in die leer en onderrig proses op soveel vlakke as moontlik te betrek, hou baie voordeel in.
Dit bevorder sosiale interaksie, reëls, fasiliteer kreatiwiteit en bevorder ook die leerder se verbeeldingswêreld. Dit het terapeutiese waarde, emosionele uitlating. Die leerders se praktiese musikale talente ontwikkel. Sensoriese persepsie ontwikkel ook. Baie dimensies word hier ingesluit, verskillende vakgebiede word daardeur bevorder.
Daar is soveel aktiwiteite wat in grondslagfase gebruik kan word.
Leerders kan rympies en liedjies sing. Leerders kan luister na musiek en daarop reageer. Beweging en musiek kan nie van mekaar geskei word nie. Die speel van instrumente. Skeppende faktore kan instrumente, dans of drama insluit. Komminukasie, lees, skrif en spel kan toegepas word, leerders luister eers na musiek, komminukeer en maak dan notas en beantwoord vrae daaroor.
Dis Sondag 4 Oktober, my skoonma verjaar vandag. Hierdie sal seker een van die hartverskeurende verjaarsdae ooit wees. Sy het haar seun van 40 Donderdag begrawe. Ons beplan ons lewe so ver vooruit, maar niemand is eers van more gewaarborg nie. Ek en my man self is naby aan 40. Koester jou geliefdes, leef elke dag of dit jou laaste is.
Hierdie semester is nogal bedrywig, gister middag sit ek nog en werk aan my engelse taak, ek het vir 'n oomblik opgestaan en kleinboet het toe besluit hy gaan vir mamma help. 250 slides later toe ek weer in die studeerkamer kom. Hy was natuurlik baie trots toe ek op hom afkom. Die klein dingetjies wat die lewe interresant hou. Ek is so agter met die werk na die week se hartseer. Ek sal eers moet opvang wat in LSKM aangaan voor ek my mening kan lig.
Tot volgende keer. Sterkte vir julle almal.
Goeienaand!
Na leereenheid 2 kom ek agter musiek is baie dieper en het baie meer besonderhede as wat ons besef. Musiek instrumente, oneindig. Ons dink gewoonlik aan kitaar en klavier, terwyl daar soveel meer is. Ek het beslis ook nie geweet daar is vyf verskillende elemente in musiek nie. Wat ook weer vir my uitgestaan het, is dat musiek so verrykend in die leerproses van leerders is. Dit behoort nie 'n opsie te wees vir 'n kind om 'n musiek instrument te speel nie, as ons hulle genoeg blootstelling daaraan gee, sal hulle dit definitief dit graag wil doen. Die 11 verskillende aktiwiteite vir grondslagfase is vir my opwindend, ek het van die liedjies met aktiwiteite gestoor, sodat ek dit saam met my kinders kan doen. Mamma se proefkonyne
Die bydra wat musiek onderrig tot leerders se holistiese ontwikkeling het, inspireer my om defintief tyd te maak vir hierdie aktiwiteite, daarin skiet ek vêr tekort. Ek sal my sokkies moet optrek as ouer en my kinders meer blootstelling aan die ♪wêreld van musiek te gee.
Tot volgende keer! Hoop julle geniet die musiek onderrig so baie soos ek.