H STRYDOM

Default profile image
----------

Leereenheid 1

22 Aug 2021, 12:15 Publicly Viewable

Ek het geleer dat by Piaget se teorie baie gebruik word in die klasseby die Graad R'e wat ek by uit help . Ek het geleer dat leerders op hulself ook staat maak om nuwe dinge te leer van wat alles in die wereld aan gaan , en hoe meer hulle self probeer uitvind van wat in die wereld gaan hoe meer weet hulle hoe en wat om te maak wanneer daar 'n senario opduik en hoe om dit op te los.

Ek het geleer by Piaget se teorie dat leerders prente koppel aan 'n sekere woord of voorwerpe koppel aan 'n sekere woord wat vir hulle geleer is .

Ek het dit ook raak gesien by die skool dat Vygotsy's teorie ook baie sienbaar is by die leerders . Alles van die mens wees wat die leerders is , is dat wat hulle is , is die produk van hul omstandighede. En een van die dinge wat my vir my redelik uit gestaan het wat 'n uitwerking op die leerders se ontwikkeling het is dat die invloed van COVID-19 hul vreeslik beinvloed het . As gevolg van die inperking , kon die leerders nie skool toe kom om te kon leer en fisies ontwikkel nie. 

Ek voel dus heel gemaklik met die vak LSKM 221 , Wnat by die skool by wie ek werk , inkorporeer die onderwysers ook gereeld instrumente met hul lesse wat ek ook waarneem . Ek voel ook dus baie opgewonde om instrumenste en musiek by te sit inmy oefen lesse met die leerders , want die leerdes voel baie meer dan dat hulle deel kan wees van die les en dat dit hul aandag trek en dat skool baie lekkerder vir hulle is.

Wat ek dus sal kies vir wat se manier van leer om vir die leerders aan te leer is om die tegniek te gebruik om musiek in die leer in te korpereer . Leerders leer makliker as daar musiek is , en dit is ook my eie bevinding wat ek agter gekom het in die klas . Wanneer daar musiek by gesit word wanneer daar 'n les aan gebied word , stel die leerders dadelik belang in wat die jufrrou alles vir hul wil leer . Daarvoor wil die leerders ook deelneem aan die les , as gevolg van dit , vind daar ontwikkeling plaas met die intektuele , fisiese , emosioneel  en sosiale , ontwikkeling by die leerder.

 

Refleksie :

Die rol van musiek in die grondslag fase speel 'n baie groot rol in die leerders se ontwikkeling . Leerders leer makliker wanneer daar wysies vir hul geleer word en hulle pas dit dan toe in die werklike lewe. Leerders leer ook makliker wanneer daar fisiese leer werk aan geleer moet word , maar om dit dus vir die leerders makliker te maak , kan mens dus dit in 'n liedjie as voorbeeld vir hulle aan te leer , en wanneer dit kom om die informasie wat hulle geleer het , uit te voer , dat hulle dit dus makliker kan onthou as gevolg van die liedjie .