H STRYDOM

Default profile image
----------

Leereenheid 2

1 Sep 2021, 18:34 Publicly Viewable

As 'n grondslagfase-onderwyser sou ek beslis kontemporêre kommersiële musiek kies omdat dit alle soorte musiek insluit, van pop tot film of kommersiële musiek. Ek het dit gekies omdat dit iets is waarvan alle leerders bewus is en vertroud is met byvoorbeeld iets wat hulle dalk uit 'n fliek of kommersieel geleer het, en ons weet almal dat vandag se leerders goed vertroud is met alles. 

Die gebruik van kontemporêre kommersiële musiek is ook iets waarmee al die studente gemaklik sal wees, want daar is 'n wye verskeidenheid musiek om van te kies, en studente geniet dit om na musiek te luister waarmee hulle vertroud is.

Die inhoud en voorbeelde in Studie eenheid 2 is na my mening inklusief. Studie eenheid 2 gedek alles wat ons nodig het om te weet oor musiek, sowel as die verskillende elemente wat dit opmaak. Dit het ' n magdom nuttige inligting bevat waarvan ek voorheen nie bewus was nie. Van verskillende soorte musiek tot kulture en tale het die voorbeelde en inhoud almal en alles ingesluit sodat niemand uitgelaat gevoel het nie.

Persoonlik glo ek nie dat enige veranderinge aan Studie eenheid 2 nodig is nie, want alles is duidelik uitgelê en geleer. Een punt wat ek graag wil maak, is dat daar meer voorbeelde vir die ander grade in die grondslagfase moet wees, aangesien daar meestal net voorbeelde vir Graad 1's is, en sommige meer tale kan op hierdie manier geïnterpreteer word. Algehele, Ek het gedink dit was 'n uitstekende studie eenheid met goed georganiseerde materiaal.

Leereenheid 1

22 Aug 2021, 12:28 Publicly Viewable

Deel 1 :

Op die oomblik voel ek nie enigsins iets , as dit ooit sin maak nie . As gevolg van Covid 19 , het dit baie hartseer gesaai in my lewe die afgelope tyd . Net wanneer jy dink jy gaan ok wees , slaan die realiteit jou en dat jy nie genoeg die mense wardeer het om jou nie , en dan word hulle van jou af weg geneem . Maar dat net geloof mens deur die hartseer kan deur trek.

Wat my aangemoedig het om aan te leer oor die moduele is om dit op my beste te kan doen en om te kan aanbeweeg en om te bou op my toekoms , elke boksie wat ek kan af tik , is 'n stappie nader aan my droom werk as onderwyseres .

Deel 2 :

Die 3 jaar wat ek tans werk met leerders en om die onderwyserese waar te neem van hoe om met die leerders te werk en om lesse aan te bied , het ek nie veel daarvan gedink die rede hoekom die onderwyserese dit op 'n sekere manier doen nie . En nou dat ek die eerste leer eenheid deur gewerk het , het dit my meer insig gegee vir al die maniere hoe dinge gedoen word in 'n klas kamer en wat se teoriee hulle toepas op die leerders om hul voor te kan berei ir die wereld buite die skool.

 

Leereenheid 1

22 Aug 2021, 12:15 Publicly Viewable

Ek het geleer dat by Piaget se teorie baie gebruik word in die klasseby die Graad R'e wat ek by uit help . Ek het geleer dat leerders op hulself ook staat maak om nuwe dinge te leer van wat alles in die wereld aan gaan , en hoe meer hulle self probeer uitvind van wat in die wereld gaan hoe meer weet hulle hoe en wat om te maak wanneer daar 'n senario opduik en hoe om dit op te los.

Ek het geleer by Piaget se teorie dat leerders prente koppel aan 'n sekere woord of voorwerpe koppel aan 'n sekere woord wat vir hulle geleer is .

Ek het dit ook raak gesien by die skool dat Vygotsy's teorie ook baie sienbaar is by die leerders . Alles van die mens wees wat die leerders is , is dat wat hulle is , is die produk van hul omstandighede. En een van die dinge wat my vir my redelik uit gestaan het wat 'n uitwerking op die leerders se ontwikkeling het is dat die invloed van COVID-19 hul vreeslik beinvloed het . As gevolg van die inperking , kon die leerders nie skool toe kom om te kon leer en fisies ontwikkel nie. 

Ek voel dus heel gemaklik met die vak LSKM 221 , Wnat by die skool by wie ek werk , inkorporeer die onderwysers ook gereeld instrumente met hul lesse wat ek ook waarneem . Ek voel ook dus baie opgewonde om instrumenste en musiek by te sit inmy oefen lesse met die leerders , want die leerdes voel baie meer dan dat hulle deel kan wees van die les en dat dit hul aandag trek en dat skool baie lekkerder vir hulle is.

Wat ek dus sal kies vir wat se manier van leer om vir die leerders aan te leer is om die tegniek te gebruik om musiek in die leer in te korpereer . Leerders leer makliker as daar musiek is , en dit is ook my eie bevinding wat ek agter gekom het in die klas . Wanneer daar musiek by gesit word wanneer daar 'n les aan gebied word , stel die leerders dadelik belang in wat die jufrrou alles vir hul wil leer . Daarvoor wil die leerders ook deelneem aan die les , as gevolg van dit , vind daar ontwikkeling plaas met die intektuele , fisiese , emosioneel  en sosiale , ontwikkeling by die leerder.

 

Refleksie :

Die rol van musiek in die grondslag fase speel 'n baie groot rol in die leerders se ontwikkeling . Leerders leer makliker wanneer daar wysies vir hul geleer word en hulle pas dit dan toe in die werklike lewe. Leerders leer ook makliker wanneer daar fisiese leer werk aan geleer moet word , maar om dit dus vir die leerders makliker te maak , kan mens dus dit in 'n liedjie as voorbeeld vir hulle aan te leer , en wanneer dit kom om die informasie wat hulle geleer het , uit te voer , dat hulle dit dus makliker kan onthou as gevolg van die liedjie . 

Voorstel

22 Aug 2021, 11:39 Publicly Viewable

My naam is Hannemie Strydom

Ek is 21 jaar oud. Ek het direk na skool in 2019 begin werk as 'n Graad R assistent by Laerskool Hartenbos . En het dus eers vir 'n jaar in 2019 net eers gewerk by die skool en daarna besluit om in 2020 te begin studeer. Ek het ook tans 'n stokperdjie wat verander het in 'n besigheid . Die besigheid se naam is Hanna creations waar ek begin skets het en daarna gedink het om my sketse op hemde , broeke en op maskers te laat print. Ek hou ook daarvan om te gaan oefen .

Ek bly ook al amper vir 9 jaar in Hartenbos en bly nog tans by my ouers . Ek het ook 'n broer wat nou ook tans in Matriek is . Die rede hoekom ek onderwys gekies het is omdat ek altyd 'n passie vir klein kindertjies gehad het . En dat dit baie opwindend is om met die kindertjies te werk . Die geval is dus nie net dat jy dinge van die lewe vir hulle aan leer nie maar dat jy ook elke dag iets an hulle af leer.