LE 2.6 – AKTIWITEIT
Vir die ehandeling van matige tot erge pyn wanneer anti-inflammatoriese effek nie nodig is nie
Dit blokkeer COX 1 en COX 2 slegs in die perifeer en is nie inflammatories soos aspirien nie
Dit blok ook COX-3 in SSS en is antipireties
Aspirien is ‘n onomkeerbare, NIE-selektiewe blokker van siklo-oksigenase (COX) en blok dus COX 1 en COX 2. Dit verlaag sodoende prostaglandien-(PG), tromboksaan- (TXA) en prostasiklien (PGI) produksie. Aspirien blokkeer dus prostaglandiene wat verantwoordelik is vir homeostase/ housekeeping (COX 1) en ook inflammatoriese prostaglandiene (COX2)
Dis geskik vir pasiënte waar NSAIM’s teenaangedui is – asma, peptiese ulkus, hemofilie
Dit het ‘n antipiretiese effek
Dit is die voorkeurmiddel in kinders vir die behandeling van matige pyn en koors
Tekens en simptome:
Binne 0.5 tot 24h na oordosis kan die pasient asimptomaties wees of kan simptome van moegheid, abdominale pyn, naarheid en braking, anoreksia
In die volgende 1-2 dae begin hepatotoksisiteit intree. Hepatiese nekrose vind plaas
Regter subkostale pyn, teer lewer, Geelsug
Behandeling:
N-asetielsisteïen binne 8-12 uur IV toegedien
Orale behandeling sluit asetielsisteïen of karbosisteïen
Binne 1 uur na vergiftiging: Induseer braking, doen maagspoeling, gee geaktiveerde koolstof as IV behandeling gebruik word