Blog #3.5
Sistiese fibrose is ‘n genetiese defek waar orgaansekresies drasties verminder (Dnase I verminder) In die lugwee veroorsaak dit ernstige probleme, aangesien mukosale sekresies baie dik raak en dit die ideale omgewing vir bakteriële infeksies skep. Die aanhoudende infeksies veroorsaak onophoudelike chemotakse van neutrofiele wat dan DNS in die mukus deponeer wat dit nog taaier maak.
Dornase-alfa hidroliseer ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mukus en veroorsaak dus drastiese afname in die taaiheid van die mukus. Die voeibaarheid daarvan verhoog.
Die oppervlakaktiewe stof wat die respiratoriese eenheid van die lugweë bedek word eers in die laaste weke van swangerskap gevorm. As babas te vroeg gebore word, is hierdie oppervlakaktiewe stof nog nie ten volle ontwikkel nie en gaswisseling word bemoeilik/longe val plat.
Kortisoon stimuleer endogene surfaktant produksie.’n Korttermyn kursus kan toegedien word. Indien daar ‘n dreigende miskraam heers, kan betametasoon IM net voor kraam aan die moeder toegedien word end it sal endogene surfaktantproduksie binne 24h induseer.
Eksogene surfaktante: hierdie middels word met behulp van 'n kateter tot in die longe profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom, aan die neonaat toegedien om longsurfaktant aan te vul.
Suurstofterapie sorg vir voldoende oksigenering om hipoksie te verhoed, respirasie te verbeter en alveoli oop te hou.
Oormatige suurstof kan paradoksale hipoksie, verminderde gaswisseling en in uiterste gevalle die dood, veroorsaak. By neonate kan dit retinale skade en blindheid veroorsaak.
Neonatale apnee is wanneer die asemhalingsentrum in die medulla nog nie ten volle ontwikkel is nie en nog nie so sensitief is vir die stimulasie van koolsuurgas nie. Premature babas kan in hierdie geval nie voortdurend reg asem haal nie.
Metielxantiene nl, kaffeïne en teofillien stimuleer die sentrale senuweestelsel om dan die probleem op te los. Dit word IV toegedien en terapie word so gou as moontlik gestaak.
BLOG #3.4
Rinitis:
Daar kan onderskei word tussen allergiese rhinitis, a.g.v ‘n allergeenblootstelling, slymerige rhinitis wat gewoonlik saam met Sinusitis gepaard gaan, nie-allergiese rhinitis wat ‘n fisiologiese respons is op bv koue, hitte of rook.
Rinoree:
A.g.v allergie, verkoue, koue lug, chemise of gm skade of fisiese skade.
Die dekongestante kan verdeel word in Direkwerkende middels en middels met ‘n gemengde werking. Die direkwerkende middels stimuleer die a1-adrenoreseptore in die nasale bloedvate om vasokonstriksie te veroorsaak. Die middels met ‘n gemengde werking is non-selektiewe adrenergiese agoniste (alfa en beta reseptor agoniste) met addisionele indirekte werkend. Dit kan topikaal aangewend word vir direkte werking, maar middels met ‘n gemengde werking kan ook oral toegedien word, wat lei tot laer konsentrasies in die biofase; dus gee dit dan ‘n indirekte werking.
Volgens die werkingsduur kan die dekongestante verder verdeel word :
Dit staan ook bekend as Privinisme en is ‘n toestand wat ontwikkel na die chroniese gebruik van dekongestante met wat lei tot permanente inflammasie en swelling van die neusslymvliese a.g.v die langdurige vasokonstriksie en gebrek aan bloedvoorsiening. Dit lei ook tot die afregulering van van a-adrenoreseptore op die nasale bloedvate wat dit onresponsief lat vir die alfa-agoniste.
Behandeling: staking van die gebruik van dekongestante. Tydelike topikale kortikosteroied-neussproei kan gebruik word in hierdie tyd.
Die eerste generasie anti-histamiene is multipotente kompeterende antagoniste en het anti-muskariniese effekte ook. Hierdie effekte verminder sekresies van die boonste en onderste lugwee en word dus in die behandeling van rinoree gebruik
Die tweede generasie anti-histamiene blokkeer nie muskariniese reseptore nie, en word dus slegs by allergiese rhinitis gebruik. Dit het ‘n voordeel aangesien dit nie oor die bloed/brein-skans kan diffundeer nie, dusk an dit nie sedasie of probleme met konsentrasie veroorsaak nie. Dit is bruikbaar by lang- of korttermynbehandeling van allergiese rinitis
Kortikosteroied-neussproeie: By die behandeling van allergiese of inflammatoriese rinitis, neuspoliepe en rhinitis medicamentosa. Word alleen toegedien of in kombinasie met ‘n decongestant
Anti-allergiese middels: Natriumchromoglikaat word by die profilakse van allergiese rinitis gebruik. Dit word as ‘n neussproei toegedien
Mesna: mesna word gebruik wanneer die nasale sekresies baie taai is en maak dit dus meer vloeibaar. Dit word topikaal as ‘n neussproei gegee
Normale soutoplossing(salien): Dit bevogtig die droë, geïnflammeerde neusslymvliese soos tydens verkoue, droë weer, allergieë, neusbloeding, oorgebruik van dekongestante en ander irritasies. Dit word as ‘n neusdruppel gegee.
BLOG AKTIWITEIT #3.2
COLS is ‘n chroniese onstruktiewe lugwegsiekte wat gekenmerk word aan beperkte lugvloei deur die longe, moeilike asemhaling, hipoksie, hoes en slaapsteurnisse. Daar is tans 3 toestande wat met COLS gekoppel kan word, nl. Brongiale asma, Chroniese brongitis en Emfiseem.
Chroniese brongitis: Die etiologie is steeds onduidelik, maar dit bleik veroorsaak word agv langtermyn-blootstelling aan iritante soos sigaretrook, stof en irriterende gasse. Dit word gekenmerk aan hoes, oormatige mukussekresies, verlaagde mukosiliere opruiming, toename in die insidensie van bakteriële lugweginfeksies en strukturele veranderinge in die brongiale wand.Chroniese brongitis word geassossieer met ‘n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel, aangesien dit die vagusrefleks bemiddel wat tipes geïnduseer word na stumulasie van irritantreseptore in die lugweg.
Emfiseem: Dit is die onomkeerbare verreking van die brongioli en alveoli’s wat daartoe lei dat lug in die respiratoriese ruimtes van die longe vasgevang word, maar baie moeilik uitgeasem word. Daar is ook verminderde bloedvloei deur die kappilêre bloedvate wat gaswisseling nog verder bemoeilik. Dit word baie sterk geassosieer met siggaretrook van strawwe rokers en genetiese vatbare individue
‘n Stapsgewyse benadering vir die terapie word gebruik:
Ipratropium is ‘n anti-cholinergiese middel wat dus die parasimpatiese senuweestelsel effekte meewerk. Dit is ‘n M3-reseptor antagonis in die lugweë. Chroniese brongitis word geassosieer met ‘n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel, aangesien dit die vagusrefleks bemiddel wat tipes geïnduseer word na stumulasie van irritantreseptore in die lugweg. Ipratropium werk hierdie effek dus tee. Terwyl in brongiale asma inflammatoriese toestande sentraal staan, waarvoor Ipratropium oneffektief sal wees.
Teofillien veroorsaak verhoogde diafragma kontraktilliteit wat beteken dat dit ventilatoriese kapasiteit verbeter
In erge gevalle van COLS, is hipoksie ‘n ernstige probleem. 18-24 ure/dag suurstof-inhalasieterapie verbeter die morbiditeit en mortaliteit. In sommige gevalle benodig sommige pasiënte slegs suurstofterapie voor oefening of tydens slaap
LEERGEDEELTE 2.7b
Watter vaskulêre veranderinge kan voor en tydens migraine waargeneem word?
Behels trigeminale senuwee verspreiding na intrakraniale arteries, met vrystelling van kragtige vasodilatore (CGRP) wat vasodilatasie en edeem veroorsaak. Die strekking van die vate lei tot stimulering van die senuwee-eindpunte wat pyn tot gevolg het
Wat is die rol van serotonien in migrainehoofpyne?
Mense met migraine presipiteer met verlaagde serotonienvlakke. Serotonien is verantwoordelik vir vasokonstriksie. Serotonienreseptore is gevind in die trigeminale senuwees en kraniale arteries. Serotonienreseptor agoniste soos die Triptane is dus effektiewe middels vir die behandeling van migraine. Dit bring die vlakke van CGRP terug na normaal
Hoe word ergotamien tydens 'n migraine aanval gebruik?
Ergotamien is ‘n 5-HT1D gedeeltelike agonis. Dit veroorsaak direkte vasokonstriksie van die intrakraniale arteries. Ergotamien is slegs effektief wanneer dit met die eerste tekens van migraine gebruik word, dit sal ook nie as profilakse vir migraine dien nie. Dit is ook agonisties op Dopamien-, adrenergiese- en serotonienreseptore en presipiteer dus met baie newe effekte
Watter newe-effekte word met ergotamiengebruik ondervind? Watter kontraïndikasies bestaan daar vir ergotamiengebruik?
Naarheid en braking, diarree, hallusinasies en verwarring, gangrene, Tagikardie of bradikardie, angina pyn, terugslaghoofpyn met gereelde gebruik, retroperitoniale fibrose
KI: swangerskap en laktasie, ongekontroleerde hipertensie, Koronêre-, serebrale- en perifere vaskulêre siektes, Hepatiese en renale inkorting, as dit in kombinasie met triptane gebruik word kan dit hoofpyne presipiteer, ergotalkaloied sensitiwiteit, kinders
Watter ander middels kan by 'n akute migraineaanval gebruik word? Hoe werk al hierdie middels?
Dit aktiveer 5-HT1B reseptore en veroorsaak vasokonstriksie van kraniale arteries wat vasodilateer tydens akute migraine en dan verantwoordelik is vir die pyn
Aktiveer 5HT1D reseptore op presinaptiese trigeminale senuwee-eindes om neuro-aktiewe vasopeptied nl. CGRP vrystelling te inhibeer en blok die transmissie van pynimpulse na die brein
Hierdie middels Blokkeer CoX 1 en COX2 ensieme wat prostaglandien, prostasiklien en Tromboksaansintese inhibeer. Dit reduseer die intensiteit van pynstimuli geleiding na die brein
Noem die middels wat as migraine-profilakse gebruik kan word, asook hul spesifieke newe-effekte en voorsorgmaatreëls.
N/E: bradikardie, lomerigheid, depressie, SVK-steurnisse, seksuele disfunksie, nagmerries
Voorsorgmaatreels: Pasiente met Asma, hartversaking, swangerskap, depressie, tipe 1 diabetes moet nie Propanolol gebruik nie aangesien dit die toestande kan vererger.
N/E: Verhoogde aptyt, massatoename, moegheid, lomerigheid, SVK effekte
Moet nie die middels gebruik as swanger is, of lewersiekte het nie
Hou lewerfunksie dop aangesien dit CYP450 ensieme in die lewer inhibeer
N/E: Parestesieë, duiseligheid, moegheid, naarheid, anoreksie, lomerigheid, geheueprobleme
N/E: massatoename, lomerigheid, depressive
Dit vertoon ekstrapiramidale effekte en daarom kan dit nie in pasiente met Parkinsons gebruik word nie
N/E: konstipasie, droe mond, urienretensie, kopseer
Hierdie middels moet met slaaptyd geneem word aangesien dit sedasie veroorsaak.
5-HT2 antagonis, H1 en anticholinerge effekte
N/E: Sedasie, verhoogde aptyt en massatoename, Visiesteurnisse, urienretensie, droë mond
Selektiewe a2-agonis
Wees versigtig aangesien hoe dosisse anti-hipertensie, mag depressie en insomnia veroorsaak
Leergedeelte 2.7a
Dit inhibeer chemotakse en inhibeer die metabolisme van leukosiete wat beteken dat minder melksuur vrygestel word wat tot ‘n toename in Ph lei.
N/E: Nierskade, lewerskade, maagbloeding, maagpyn, naarheid, diarree, beenmurgonderdrukking, perifere neuritis, alopesie
Normale dosis: 0.5-1mg oraal
Tydens ‘n akute aanval : 0.5 – 1 mg dadelik, gevolg deur 0.5 mg elke 6 ure tot pynverligting of gastriese ongemak ontwikkel. Maks: 2.5 mg in eerste 24 uur
Nie meer as 6 mg oor 4 dae nie
Kursus mag nie binne 3 dae herhaal nie
Glukokorikoiede bv Prednisoon en Betametasoon
Hierdie middels verhoog uriensuuruitskeiding. Aangesien Probenesied ‘n swak suur is, kompeteer dit met uriensuur vir herabsorpsie in die proksimale tubili by die swak suur transportmeganisme. Dit kompeteer ook by lae dosisse met uriensuur vir die sekresie uit die tubuli en verhoog aanvanklik die uriensuur plasmakonsentrasie
Indikasies: Dit word langtermyn vir chroniese jig toegedien
Voorsorgmaatreels: Neem medikasie slegs soos die dokter dit voorgeskryf het en hou by die gegewe dosis. Neem die orale tablet met ‘n vol glas water om die risiko vir nierstene te verminde. Neem 8-10 vol glase water elke dag. Vermy oormaat alkohol
LE 2.6 – AKTIWITEIT
Vir die ehandeling van matige tot erge pyn wanneer anti-inflammatoriese effek nie nodig is nie
Dit blokkeer COX 1 en COX 2 slegs in die perifeer en is nie inflammatories soos aspirien nie
Dit blok ook COX-3 in SSS en is antipireties
Aspirien is ‘n onomkeerbare, NIE-selektiewe blokker van siklo-oksigenase (COX) en blok dus COX 1 en COX 2. Dit verlaag sodoende prostaglandien-(PG), tromboksaan- (TXA) en prostasiklien (PGI) produksie. Aspirien blokkeer dus prostaglandiene wat verantwoordelik is vir homeostase/ housekeeping (COX 1) en ook inflammatoriese prostaglandiene (COX2)
Dis geskik vir pasiënte waar NSAIM’s teenaangedui is – asma, peptiese ulkus, hemofilie
Dit het ‘n antipiretiese effek
Dit is die voorkeurmiddel in kinders vir die behandeling van matige pyn en koors
Tekens en simptome:
Binne 0.5 tot 24h na oordosis kan die pasient asimptomaties wees of kan simptome van moegheid, abdominale pyn, naarheid en braking, anoreksia
In die volgende 1-2 dae begin hepatotoksisiteit intree. Hepatiese nekrose vind plaas
Regter subkostale pyn, teer lewer, Geelsug
Behandeling:
N-asetielsisteïen binne 8-12 uur IV toegedien
Orale behandeling sluit asetielsisteïen of karbosisteïen
Binne 1 uur na vergiftiging: Induseer braking, doen maagspoeling, gee geaktiveerde koolstof as IV behandeling gebruik word
BLOG #2.5
Fluvoksamien tree op as ‘n agonis op die Sigma 1 reseptor in die immuunselle. Dit lei tot verminderde produksie van inflammatoriese sitokiene. Dit is belangrik aangesien die Covid virus verantwoordelik is vir die verhoging in produksie van sitokiene en dus lei tot inflammasie in veral die longe (Frontiers in pharmacology. Respiratory pharmacology) Fluvoksamien se effekte sluit in :
Al hierdie effekte het ‘n direkte anti-retrovirale effek
Blog #2.4
Dis ‘n sistemiese inflammatoriese respons veroorsaak deur infeksie. Endotoksiene vanaf die bakteriese selwand, tesame met TNf-a en ander sitokrene induseer die sintese van iNOS →↑ NO.
↑ NO (oormatige) lei tot hipotensie, skok, dood.
Voordelig |
Nadelig |
NO speel ‘n protective role in die liggaam via immuunsel funksie |
In akkute of chroniese inflamatoriese kondisies, kan oormatige NO produksie weefselskade VERERGER |
Dien as microbicide tydens infeksie / injury
|
↑ levels NO in:
|
Deur sy effekte op COX-2, stimuleer dit die sintese van inflammatoriese PG’e
|
Artritis (↑NO) |
Dra by tot erythema, vaskulêre deurlaatbaar-heid en edema tydens akkute inflammasie
|
|
Blog #2.3
Daar is ‘n toename in Leukotriene produksie. ‘n Afname in PGE 2 (anti-inflammatories) en ‘n ↑ LTs (sistiniel leukotriene) kan gesien word. ↑ Aktiwiteit van LTC sintasie ( ↑ in die rale limiting stap van die sisteniel leukotriene sinteses) wat die reaksie nog meer inflammatories maak.
COX-2 is die eintlike bron van PGI2.
PGI2 word steeds gevorm.
Aprostadil (‘n PGE, anoloog) word hiervoor gebruik.
Blog #2.2
AT 1 lei tot vasokonstriksie wanneer dit gestimuleer word.
Kienine veroorsaak VASOKONSTRUKSIE van vene agv direkte stimulasie van venieuse gladdespiere asook die vrystelling van vaskonstriktor PGF 2 a.
Dit verminder kongesiewe hartversaking deur ↓ in edeem deur die natriuretiese + diuretiese effek.