Hallo almal, hoop julle het een fantastiese semester gehad, maar hier is waar ons moet groet.
Hierdie module het my wildste verwagtinge oortref, ek kon nie glo ek het dit so baie geniet nie, ek is rerig waar nie n groot akademie mens nie, maar hierdie was nou lekker, dit het darm meer prakties gevoel, iets waarvan ek baie hou. Baie dankie aan die dosent, wat dit n onvergeetlike reis gemaak het. Ek is hartseer, maar kan nie wag om dit eendag te kan benut in my klas nie.
Daar was lekker uitdaging en lekker geleer, daar is goed wat my verbaas het , maar dit het my net meer geintriseerd, so met groot hartseer sluit ek af na een ongelooflike ervaring.
"
Hier is my refleksie op die week.
Hierdie module met musiek en kuns het my opniet na lesbeplanning en kreatiwiteit laat kyk. Kinder is mal daaroor om iets ander as hulle gewonde rotiene te doen, maar ons as onderwysers moet dit skep. Die belangrikse aspek van lesbeplanning in grondslagfase vir musiek en kuns sal ek se is nie te veel nie, dit moet nie n aanhoudende ding wees nie, dit moet 2/3 keer n week wees, en dit moet bietjie opbou dat kinders rerig uitsien na dit, so dit moet verseker n gat in jou lesplan vul.
My opinie rondom kuns en musiek in grondslagfase, ek voel nogals baie sterk oor dit seker omdat ek so n groot musiek liefheber is en omdat ek die kunste geniet, maar al die onderwysers is nie, so as dit op hulle afgedwing gaan word gaan dit ook nie lekker raak nie en gaan hulle dit met opset vermy. So as mens dit kan doen, probeer om een juffrou te nomineer wat dit vir die graad doen terwyl die ander juffouens dalk op iets anders fokus, iets waarvan hulle nou graag hou. So ja dit moet definitief deel wees van die week beplannig.
Ek was in die begin skepties oor die musiek en kuns in die grondslagfase en hoe mens dit gaan deel maak, maar ek moet se my persepsie het heeltemal verander en ek dink op n verskriklike goeie manier, ek ding dit is n fantasiese ding, maar daar is skole wat dit verby laat gaan, maar ek dink dit moet n vereiste wees, sodat kinders net meer in die kunste as n geheel bloot gestel kan word.
"Groot goed het altyd n klein begin gehad"
Goeie dag, hoop dit gaan goed.
Ek is so bly om te sien dat ons hierdie week meer oor lesbeplanning leer, want partykeer sukkel ek met dit, so dit is nou weer 'n sprong in die regte rigting. Ek sien op die vrae wat hulle vra wil hulle redelik ons eie opinie he en dit is vir my lekker, want jy wil tog he mense moet weet wat jy dink, hulle moet sien wat ek geleer het en hoe ek dit interpreteer.
Hoe se die my ouma altyd, goeie dinge kom ook tot op n einde, partykeer wil jy he sekere goed moet tot n einde kom, maar hierdie een is definitief nie.
"Goeie dinge is op ons almal se pad, hou net aan loop"
Hallo julle!!!
So kom die semster ook amper tot sy einde, ek kan dit rerig nie glo nie, dit voel alles het so vinnig gegaan en met hierdie Covid wat alles so deurmekaar was, voel dit mens het so deur alles gevlieg, by niks rerig stil gestaan en asem gehaal nie.
Dis vir my baie hartseer dat die module tot 'n einde kom, ek het dit vreeslik geniet.
"Hang jou drome in die wind, sodat hulle kan leer vlieg"
Ek gaan gou n bietjie reflekteer oor wat ek die week geleer het!!!
Eerstens het hulle my opinie gevra rondom die waarde van musiek en kuns as deel van onderrig strategie. Ek dink die integrasie is 'n goeie ding, want dit is 'n manier om leerders aan te moedig om te wys wat hulle deur art geleer het. Met kuns moet ons leerders betrek om te teken wat hulle geleer het nie wat hulle in die boek sê nie. Daar kan kinders in jou klas wees wat lief is vir die praktiese manier van leer en ons moet hulle in gedagte hou wanneer die skep van aktiwiteite. Ons kan sien deur die integrasie van kuns in die klaskamer die kinders is meer gemotiveerd om te werk en hou daarvan om te deel hulle werk met hul vriende. So ek stem dat dit van belang is om musiek en kuns deel van ons onderrig te maak.
Die volgende is goed wat jy kan doen deur die loop van die dag wat musiek insluit: Speel musiek met bewegings op daar is sulke oulike goed op youtube, speel liedjies wat hulle saam kan sing oor goed wat belangrik is om te weet soos Covid met was jou hande. Klap ritmes met die kinders, gee hulle n kans om self een te klap en hulle maats moet volg of speel speletjies soos Simon says. Dit is belangrik om n rustige atmosfeer te skep en dit kan jy ook doen deur musiek te speel terwyl hulle werk.
"wees 'n stem in die stilte"
Hallo....
Ek sien hierdie week leer ons lekker goed, ek kan nie wag om my volle aandag te gee en deur die werk te gaan nie. Ek sien ons leer meer oor die waarde van musiek en kuns in die klas.
Die week is al n bietjie beter, maar ek hoop sommer hy raak baie beter. Ek het weer volstoom kitaar begin speel en dit is so lekker, ek is gek oor musiek en hierdie module het my rerig om te weet hoe ek dit eendag in my klasse kan inwerk.
"Do something today that your future self will thank you for"
Welkom by week 4, hoop dit gaan nog goed met almal.
Hierdie weke hol weg met my, dit voel vir my ons is al amper by Kersfees, werk raak baie, maar ons moet nie kla nie ons moet deur druk en klaar maak.
Dinge gaan rof , maar ek hou my kop hoog. Ek sien uit vir die week en wat ek gaan leer.
"This is just a chapter not your whole story"
Dit is daai tyd van die week, om te reflekteer wat jy geleer het.
Die eerste is om te motiveer die belangrikheid om elemente van speel en musiek in leer aktiviteite toe te laat in grondslagfase. Ons kyk eerste na speel in klas, ek sal sê dis baie belangrik, want mens kyk na die volgende aspekte: leerders leer om te deel en saam te "werk" , leer dissipline, kinders raak kreatief, dit het n terapeutiese effek om sommige leerders, wat baie vir hulle ontwikkeling beteken en laastens help dit met probleem oplossing deur die kognitiewe ontwikkeling. Speel is ook n goeie manier om nuwe werk aan te leer, dit maak dat die onderwysers die kinder se aandag kan behou. So dit is belangrik om leerders kans te gee om te speel of jy al onderwyser moet self n geleentheid maak van dit deur die dag.
Dan as mens na musiek kyk kan mens eerste sê musiek is n kalmeer middel, as jy die geleentheid het om musiek in die klas te kan speel gebruik dit, as leerders aan die werk is of net omdat julle rustig wil raak en bietjie fokus. Leerders verbaas mens elke dag, daar is dalk n stil leerder in jou klas wat mal is oor musiek en jy weet dit nie, en vir daai kind beteken dit baie. Musiek kan ook gebruik word vir n luister oefening of om nuwe werk aan te leer, as jy bevooreg is gebruik "youtube" daar is oulik idees en dinge wat jy met kinders kan doen.
Die volgende is hoe om musiek deel te maak van klas in die grondslagfase,. Jy kan die volgende doen, hande klap op ritme na harde werk, leerders in groep deel om n dansie te vorm, "musical chairs" en laat die leerders sê waarvoor hulle lus is, hulle is kreatief en kan jou verbaas. Neem leiding en maak dit pret, iets wat hulle kan onthou.
"Tougher then the rest - Bruce Springsteen"
Ek is terug.. hoop dit gaan goed met almal.
Ek het vinnig deur gegaan en gekyk waaroor leereenheid 3 gaan ek dit lyk lekker interessant. Speel in verkillende maniere, wat die uitkomste van speel gaan wees en ek sien hulle gee baie lekker voorbeelde wat mens definitief kan gebruik in klas omgewing. Hierdie vak raak net lekkerder, omdat ek so lief is vir musiek, val dit so reg in my kraal.
Ons het dit, ons kan dit doen, ons gaan dit doen en ons is uniek geskape.
"Angels above me - Stick figure" (gaan luister dit, dit is awesome)
Hallo almal
Die weke vlieg so vinnig verby ek kan dit nie glo nie, dit voel vir my ek kom by niks uit nie en ek voel ek het niks energie nie, maar ons moet vas byt en deur druk, aan die einde gaan ons baie bly wees.
Hier gaan ons week 3.... Lekker week vir almal.
"Don't stop until you're proud"