Hello aan my mede bloggers. Hoop dit gaan nog goed met almal en dat almal nog gesond is.
Die week is maar weereens nes die res werk, werk, werk en dan nog werk. Ek kry net eenvoudig nie tyd om alles vooruit te doen nie. Dit weer vrek warm ook nog, so ons kan maar se die winter is darm nou heel om.
Lesplanne. Maar wat is n lesplan nou eintelik. Ek moet se ons doen lesplanne al van die begin van my universiteits jare af so dit nie heeltemal iets nuuts nie, alhoewel die leereenheid steeds baie interessant was en ek weer steeds nuwe dinge kon raaklees oor die lesplan vir die grondslagfase leerders. Ons as onderwyser moet altyd onthou vir wie die les is, watter fase en dan ook hoe ons die les die beste les van hulle lewe kan maak.
Om die lesplan uittewerk moet jy baie kreatief wees. Jy moet presies weet wat jy uit die les wil bereik en hoe jy dit gaan regkry. Jy moet elke keer dink dat die die les is wat die kinders sal moet kan onthou. Sodra die les baie interessant is en aandag trek gaan hulle otomaties begin meer aandag gee en oplet na die les. Vir die grondslagfase leerders is dit belangrik om die aktiwiteite lekker ook te maak dat die leerders self betrokke ook is. Speletjies is een manier wat ons as onderwyser kan gebruik om die leerder se aandag te trek en om hulle deel van die les te maak. Die kuns en musiek kan ook gebruik word in die les veral omdat dit jonger kinders is sal hulle mal wees oor die tipe aktiwiteite wat nie net voorgelees word nie maar wat fisies hulle benodig om deel te wees. As ek nou in n klas moet instap sal ek virseker n lesplan opstel wat iets van alles bevat vanaf musiek tot kuns en alles anders wat lekker is. SOLANK DIE KINDERS IETS LEER VOEL EK DIS BELANGRIK OM ALLES VIR HULLE SO LEKKER AS MOONTELIK TE MAAK.
Wat n week !
Hey almal. Die week voel maar nes die vorigepaar weke. Sodra ek dink oky, ek het alles onder beheer dan kom die volgende hooi op my vurk. Dis darm nou vrydag so ons kan darm nou weer bietjie afskaal vir die naweek omdat alles darm sover op datum is.
Soos ek hier sit en deur leereenheid vier gaan, sit en dink ek aan hoe baie inligting aan ons verskaf word in elke leereenheid. Dis so maklik opgesom al klaar so dit maak dit rerig maklik EN lekker om deur die werk te gaan. Die "Arts Integration" het baie voordele vir leerders. Ek sien baie voorbeelde oor hoe om musiek in n lekker manier aan te bied wat dit meer as net musiek maak.
Om gebruik te maak van die musiek aktiwiteite help pns sommer ook leerders aanleer van konsentrasie en en hoe om soms te fokus op meer as slegs een ding. Die leerders beoefen ook hulle dissipline weereens omdat die aktiwiteite streng kan wees en hulle nie altyd net met musiek kan lag en wil speel nie maar leer ook.
Om jou dag by die skool te begin met n bybel liedjie of self net n lekker ontspannings/strek liedjie kan baie goeie voordele inhou vir leerders. Mens hoef nie eers net musiek in te sluit nie maar ander maniere wat ook daarop toon soos ; 2 klappe beteken hulle moet sit of 3 klappe beteken almal moet saam antwoord of lees. Daar kan selfs rustige musiek gespeel word as daar n toets geskryf word of n inkleur prent is of wat ookal die geval mag wees .
Die impak wat musiek op die leerders kan toon in ongelooflik!
Hey Almal !
Hoop almal is nog gesond, so nou en dan vergeet ek dat daar so iets soos Corona is waarmee ons nou "deal". Die week voel weer asof ons oorlaai is met die werk. Darm is die LSKM elke week lekker werk wat mens se aandag trek.
Ek hou van die idee dat die musiek en sy aktiwiteite nie altyd n groot spasie benodig om uitgebeeld te word nie. Die "speel" wat ons saam die musiek doen is ook baie goed vir die leerders se opvoeding en die is ook deels n manier van komminukeer.
Die maniere waarop ons die speel aktiwiteite in ons klaskamer vir die grondslagfase kan aanbiede sluit n groot verskeidenheid maniere in. Ons kan dinge doen soos : dans terwyl daar musiek gespeel word, en mens het nie noodwendig n groot spasie nodig om te dans nie. Ons kan ook klap en verskilllende sing speltjies gebruik, dit help ook die leerders onstap en sodra dar pryse by kom byvoorbeeld groepie van die week wat teen die muur kom, sal meer kinders gemotiveerd wees om deel te neem. Daar is verder klomp verskeie aktiwiteite waarvan ons lees soos sing, en ritme speletjies wat ook baie oulik kan wees.
Die hele idee van musiek aanbied maak my kinderlik opgwonde om net klaar te studeer en dan fisies by n skool te gaan werk en dit te kan aanbied.
Hello almal vir die tweede keer.
Ek het n rowwe week agter die rug en net om hom mooi af te skop sit en tik ek my hele blog vroeer, en toe ek "Publish entry" druk gooi efundi n bug report uit en WAM BAM, weg is my hele blog.
Ek hou van die manier wat ons letterlik elke keer iets nuuts byleer by LSKM, en waar daar nie dieselfde goed herhaal word nie. Soos wat ek elke keer deur die werk gaan sien ek net al hoe ek as onderwyser dit eendag gaan aanleer vir die leerders.
Omdat ons nie weet waarheen die leerders se toekomstigte paaitjies gaan nie is dit belangrik vir ons as onderwysers om musiek op n daaglikse basis met ons leerders te behandel. Ek hou van die tipes instrumente wat aan ons bekend gemaak is vir grondslagfase leerders om te speel. Hulle gee ook aan ons tips om met die instrumente te werk wat baie oulik is.
Ek sien uit na alles wat ek volgende week gaan leer/lees .
Part 1 :
Hello almal ! Jis, die week voel asof dit net nie klaar kom nie. Ek is heel gestres oor alles wat nou aangaan. Intussen moet ek nog werk ook om huur te betaal en en en. Dis n blou week never maind n blou maandag. Ons gaan darm more vir die dag net bietjie weg so ek kan nie wag om net bietjie te ontpan al is dit net vir n dag.
Part 2 :
Dis vir my baie uniek dat n mens klomp verskillende benaderings tot musiekopvoeding kry wat n mens kan gebruik om dan n lied byvoorbeeld aan te leer. Dit maak sin om heel eerste die woorde en ritme onder beheer te kry. Sodra die leerders eers die ritme van n liedjie kan klap sal hulle baie vinnig op spoor kom.
Part 3 :
Ek hou van Emilia se tipe leer waar dit meer leerder gesntreerd is. Dis goed dat die leerder self die musiek vind as ek dit so kan stel. Elke leermetode het well sy eie goeie resultate en daarom is enige een eintelik n goeie keuse.
Hello Almal.
PART 1 :
Die week was omtrent besig gewees. My Maya ( Hondjie ) het babas gekry die 1ste Aug so hulle is nou amper 6 weekies oud en hou my omtrent uit die slaap uit. Ek is bietjie baie moeg, maar ek gaan darm aan. Ek het nou lekker al die videos gekyk bietjie en deur die leereenheid twee se werk gegaan so ek voel redelik goed oor wat aangaan.
Part 2 :
Nadat ek nou deur die werkies gegaan het kan ek agterkom dat daar redelik baie musiekelemente betrokke is in musiek wat aandui as die boustene van musiek. Wat dit nogals lekker maak om hulle te onthou is dat almal met n "t" begin. Die videos wat opgesit is maak dit ook meer interestant so ek kan dit dan ook makliker onthou.
Ek is so bietjie terug geruk aarde toe, toe ek besef dat dit dan nie net eintelik is vir gee n instrument vir n leerder en gaan aan nie. Jy het baie ander klein elemente wat jy eers met hulle moet bespreek en verduidelk.
Part 3 :
Ek dink dit is goed om vir leerders die basiese kennis van musiek elemente te leer. Dit kan hulle help om op soveel ander vlakke te ontwikkel, en mens weet nooit wie kan eendag ons volgende bekende musiek instrument kunstenaar word nie,
Iets wat nogals vir my uitegstaan het , ek weet nie is dit oor hoe dit gesê is of wat nie, maar dis die sin wat verduidelik wat "Beats" is. Hulle sê vir ons dis die hartklop van musiek. Mens let nie altyd daarop nie, maar kom jy by n kuier aan en dan us daar bietjie musiek. Voor jy jou kan kry stamp jy lekker jou voet saam op die "beat" of tik jou vingers die teen die glas. Dit is iets wat net mens se liggaam oorvat.
Ek kan nie wag om eendag die klein kinders te leer dans vir n musiek konsert of iets nie, om net te kan sien hoe die "beat" hulle elkeen gaan oorvat.
Hello almal.
My week is sover baie rof, dit voel net eenvoudig of ek nie my voete kan vind nie. Ek kyk na kinders bedags omdat ons nou nie terug kan gaan kampus toe nie. My ouers is lekker kaap toe om bietjie na my ouma hulle te gaan. Ek voel net bietjie gedaan.
Ek het leereenheid 1 deur gegaan. Ek het so klein bietjie geskrik toe ek sien hoe groot impak musiek in leerders se ontwikkelingsfase kan speel. Die verskillende maniere waarop elke ouderdom groep beinvloed kan word deur klomp verskillende faktore is rerig amazing.
Ek het raak gelees dat musiek die fisiese, kognitiewe, sosiale, persoonlike en emosionele fase van leerders kan help ontwikkel. Verskillende ouderdomgroepe reageer op verskillende maniere onder dieselfde konsepte byvoorbeeld, ñ leerder se beweginsvermoë kan ontwikkel en groei deur motoriese koordinasies. Dis net amazing hoe alles in plek val en saam werk by die opvoeding van die leerders deur musiek.
Na afloop van die leereenheid en die punte wat ek raak gelees het sal ek sê dat dit well belangrik is dat musiek in leerders se weeklikse roetines ingesluit word. Dit leer werklik leerders op n groot verskeidenheid vlakke ontwikkel.
MEER OOR MY :
Ek is Marliaan Liebenberg. Ek bly al my hele lewe lank in Kathu wat ñ klein myn dorpie in die Noord-Kaap is.
My besluit om onderwys te swat eendag is al jare terug gemaak toe ek hier en daar na kinders gekyk het vir vakansies, of om ouers net uit te help naweke. Ek het well eers op grondslagfase besluit nadat ek met verskeie ouderdomme kinders gewerk het. My hart het virseker ñ groot spasie vir die klein kindertjies. In my vrye tyd neem ek graag fotos. Meeste van my besluite in die lewe draai om my kind ( Maya ) my worshondjie. Indien Maya nie kan gaan nie kan ek ook nie gaan nie. Op laerskool het ek klavier klasse gehad en toe ek hoor ons gaan so bietjie te doen kry met musiek die semester het dit virseker ñ paar ou herhinneringe terug gebring. Ek is opgewone om te leer hoe musiek die klein kinders beinvloed, en ek kan nie wag om meer te leer nie. .