“Alkohol, wat doen dit regtig aan my liggaam?”.
15min toespraak aan hoërskool leerlinge.
Fokus veral op die effekte, “aangenaam”
Die aangename effekte van alkohol is die euforie ervaar na inname sowel as die gevoel van welsyn asook persepsie van werklikheid wat verander. Die effekte wat verkry word kan ontlok word deur verskeie ander maniere, maar hoofstroom meganisme is die inname van alkohol vir soortgelyke effekte.
sowel as “onaangenaam”,
Die onaangename effekte is die duiseligheid, wanbalans en naarheid wat daarmee gepaard gaan. Sommige ander effekte hang van die individu se liggaam af, soos elke persoon se unieke vingerafdruk wat die effek op gemoed ontlok – sommige mense raak aggressief, depressief, liefdevol, grapperig of een of ander dominante emosionele fase waarin die persoon verkeer. Daar is ook algemene roekelose gedrag en inperking van vaardighede en vermoëns, wat lei tot sekondêre probleme bv. Beserings wat onaangenaam kan wees.
hoeveel glasies is veilig?
Daar is nie werklik ʼn veilige hoeveelheid glasies nie omrede mens se toleransievlakke onder mekaar verskil. Sommige mense begin al effekte ervaar na 1 drankie waar ander na baie meer drankies effekte ervaar.
Hoe weet ek wanneer ek besig is om ʼn probleem te ontwikkel?
Die vinnigste manier om dit te bepaal is die vlak van verslawing of smag/ craving na psigologiese effekte wat dit lewer. Want jy as persoon weet wat dit vir jou doen, so wil ek dit weer hê of nie?
Verslawing is ʼn hoë vorm van motivering om iets te doen ongeag die konsekwensies. Kompulsief – om dit te wil hê sonder om noodwendig daarvan te hou.
Om jouself af te vra, voel ek soms so: kompulsief, verslaaf of smag daarna, is die maklikste om te bepaal of mens vatbaar is vir alkoholisme of verslawing.
Wat kan ek dan doen?
Besef dat aanhoudende blootstelling breinveranderinge en aanpassings gaan induseer en dat die rede hoekom dit gebruik word moet ondersoek word. Sodra dit vasgestel is, kan bepaal word watter aksie geneem moet word om daardie selfde aksie te lewer, hetsy dit teen lae dosisse of teen hoe geneem word.
As dit is om beter te voel, word alkohol gebruik om ʼn gebrek in mens se lewe te vul.
As dit is agv pure groepsdruk is daar sosiale of emosionele vaardighede kort bv. Selfwaarde.