MONIQUE JONKER

Default profile image
----------

Blog#2.3

14 Oct 2021, 21:09 Publicly Viewable
  • Hoekom dink jy is aspirien gekontraïndikeer in mense met allergiese asma?

Aspirien: blok onomkeerbaar cox1 & cox2. Cox1: - altyd teenwoording in die liggaam, - funsioneer as gastries-sitobeskermend - "house-keeping" ensiem. Cox2: - algemeen in die nier en vaskulêre weefsel, - word vrygestel deur inflammatoriese stimulus.

Omdat cox 1 en 2 vasodilatasie veroorsaak, en die effek geblok (omgekeer) word, sal dit gevolglik vasokonstruksie veroorsaak en sal gekontraindikeerd wees by mense met allergiese asma.

 

  • Aragidoonsuur is die belankrikste voorloper van die eikosanoïede, maar hoe, en deur watter stimuli, word hierdie vetsuur uit die selmembraan losgemaak?

PUFA (soos arachidoniese suur, EPA en DHA), eens losgemaak van membraanfosfolipiede, word enzymaties verander deur siklooxygenases, lipoksie- genases en lede van die sitochroom P450 familie.

  • Watter ander nie-eikosanoïedproduk van selmembraanhidrolise, afgesien van prostanoïede en leukotriene, is in asma betrokke?

Kortikosteriodied soos hidrokortisoon

  • Hoekom sal jy sê het ‘n COX II-remmer, en nie ‘n COX I-remmer nie, ‘n selektiewe werking in inflammatoriese reaksies?

Want cox2 is algemeen in die nier en vaskulêre weefsel, dit word vrygestel deur inflammatoriese stimulus. COX-2 is die "unducible" isovorm, vinnig uitgedruk in verskeie sel tipes in reaksie op groei faktore, sitokiene, en pro-inflammatoriese molekules.

  • Gee ‘n voorbeeld van die volgende:
    • ‘n middel wat elk van die volgende ensieme inhibeer: fosfolipase - kortikosterioiede soos hidrokortisoon, Asiklooksigenase - nie-selektiewe anti-imflammatoriese middels soos Aspirien, lipoksigenase - Zileuton.
    • ‘n middel wat óf antagonisties óf agonisties teenoor prostaglandien en leukotrienreseptore optree: PGE2 - Dinoprostoon agonisties, Leukotrien B4 antagonis: Etalocib

 

  • Aspirien inhibeer plaatjiekleefbaarheid omdat dit tromboksaansintese, en nie prostasikliensintese nie, inhibeer.  Hoe gebeur dit?

Aspirien: blok onomkeerbaar cox1 & cox2. Cox 1 en 2 is verantwoordelik vir die sintesevan prostasiklien (Inhibeer plaatjiekleefbaarheid, prostaglandien, en tromboksaan (plaatjie aggregator).

Omdat Aspirien tomboksaan se effekte blok, of antagoneer word, veroorsaak dit die inhibisie van plaatjiekleefbaarheid.

  • Hoe is alprostadil voordelig in die behandeling van kongenitale hartdefekte?

Werk op die PGE1 reseptore in. Dit veroorsaak gladdespier ontspanning d.w.s vasodilatasie. Alprostadil word dus gegee in Patent ductus arteriosus patiente as infusie om die hartklep oop te hou vir chirurgie

  • Hoe is misoprostil van waarde in die behandeling en voorkoming van gastriese ulkusse?

Bind aan PGE 1- reseptore. Hulle is verantwoordelik vir die beskerming van die gastriese mukosa in die maag, gladdespierontspanning, en ereksie by mans.

  • Prostaglandiene is moontlik van waarde in asma.  Watter van PGE2- of PGF2"-analoë sal in so 'n geval werk?

PGE 2 - Trenoprostinil

  • Op watter wyse is latanoprost van waarde by die behandeling van gloukoom?

Bind aan PGF 2 reseptore. Dit vehoog waterige uitvloei van die oog, en verminder intra-okkulere druk.