Patologie van migraine
Die patologie en die oorsaak van migraine is nog nie heeltemal vasgestel nie. Migraine is die senuweeverspreiding na die intrakraniale arteries (Katzung, 2018:289). Die peptied- neurotransmitters word deur die senuwees vrygestel, veral kragtige vasodilatore soos CGRP. Dit is die oorsaak van die pyn wat gepaart gaan met migrains (Katzung, 2018:289).
Behandeling van migraine
Serotonin 1D/1B speel n rol in die behandeling van migraine (Katzung, 2018:285). Middels soos NSAID, Beta adrenoreseptore, SSRI, kalsium kanaals blokkers ergot alkaloide ens word gebruik vir die behandeling van migraine (Katzung, 2018:290).
Hoe middels werk
Middels soos triptans, antidepressante en ergotalkaloiede aktiveer die 5-HT1D/1B-reseptore wat op die presinaptiese senuwee eindpunte voorkom en sodoende word die vasodilatoriese peptiede vrystelling geinhibeer (Katzung, 2018:290). Dit help dan om die pyn wat met migraine gepaart gaan te verminder.
Die 5-HT agoniste het vasokontriksie effekte wat die vasodilatasie en pyn wat met migraine gepaart gaan verminder (Katzung, 2018:290).
Katzung, B.G. 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. New York, NY: McGraw-Hill Education.