Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
Endotelium-afhanklike is vasodilatore wat verantwoordeik is vir die verhoging van intrasellulêre kalsium vlakke. Die reaksie van endothelium selle op vasorelasant is die vrystelling van oplosbare EDRF.
As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
Konstitueel ensieme word konstant/ heeltyd gesintetiseer en het `n baie groot implikasies.
Geïduseerde ensieme is teenwoordig nadat daar `n substans bygevoeg is, die implikasie is kleiner as die van konstitueel.
Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.
Guanilaat siklase word geaktiveer deur NO wat lei tot cGMP vlakke wat verhoog word en sodoende lei na VSM ontspanning. Wanneer NO vlakke oormatig hoog is kan dit lei to die volgende: waarneming van hipotensie waargeneem, die verergering van septiese skok.
Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
NO
NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
Om die nadelige effek terug te werk met die behulp van peroksinitriet wat veroorsaak dat intrasellulêre gluthion beskerm word teen weefselskade. Peroksiniteit belemmer proteïenfunksie en veroorsaak weefselskade gedurende inflammasie.
Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
Voordele: voorkoming van verkoue, behandeling van sistiese fibrose, behandeling van hoogtevrees, genesing van voetsere by diabetes
Nadele: hoes, kort van asem , moegheid, keel en bors wat brand, naarheid
In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
Parkinson’s, Alzheimer’s, ALS, beroerte.