Wat is parasetamol se werkingsmeganisme? Hoe verskil dit van die van aspirien?
Parasetamol is `n swak inhibeerder van COX 1 & 2 en dit is `n analgeties en anti-pireties. Parasetamol het geen invloed op plaatjieaggregasie nie. Parasetamol het ook geen anti-imflammatoriese effekte nie, hier is waar dit met Aspirien verskil omdat Aspirien het anti-inflammatoriese effekte.
Noem die indikasies vir parasetamol. In watter omstandighede is dit 'n voorkeurmiddel by die behandeling van matige pyn en koors?
Indikasies vir parasetamol is onder andere nl.: Peptiese ulkusse, asma, hemofilie, antipireties. Parasetamol word hoofsaaklik gebruik vir die verligting van ligte tot matige wat van `n somatiese oorsrong is. Parasetamol is ook die middel van keuse by kinders.
Noem newe-effekte wat met parasetamolgebruik kan voorkom. Konsentreer slegs op algemene newe-effekte en nie akute parasetamoloordosering nie.
Algeneme newe-effekte is veluitslag en urtikaria onder andere. By alkoholiste kan lewertoksies ontstaan.
Weens die geredelike beskikbaarheid van parasetamol en die algemene persepsie wat by die publiek bestaan dat parasetamol 'n baie veilige middel is, kom parasetamolvergiftiging (per ongeluk/intensioneel) redelik algemeen voor. Stel 'n verslag saam waarin jy akute parasetamoltoksisiteit bespreek met die klem op die dosis, tekens en simptome en behandeling. In jou handboek, sowel as in die SAMF is daar waardevolle inligting wat jy kan gebruik.
Dosis
Tekens en Simptome
Binne 1-2 dae:
Na 1 – 2 dae:
Behandeling
Om glutatioon in lewer aan te vul en lewerselnekrose te voorkom is die onmiddelike aanvulling van -SH-groepe belangrik.
Parvolex (N-asetielsisteien) moet binne `n tydperk van 8-12 uur intraveneus toegedien word.
Die aanvansdosis is 150 mg/kg in 200 ml 5% glukose oor 15 minute, daarna 50 mg/kg in 500 ml 5% glukose oor 4 ure en dan 100 mg/kg in 1000 ml 5% glukose oor 16 ure.
Orale behandeling bevat 2 tipes middels: Asetielsisteïen (Solmucol®, ACC®), 140mg/kg of Karbosisteïen (Mucosirop®, Flemex®) 150mg/kg.
Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.
Endotelium-afhanklike is vasodilatore wat verantwoordeik is vir die verhoging van intrasellulêre kalsium vlakke. Die reaksie van endothelium selle op vasorelasant is die vrystelling van oplosbare EDRF.
As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?
Konstitueel ensieme word konstant/ heeltyd gesintetiseer en het `n baie groot implikasies.
Geïduseerde ensieme is teenwoordig nadat daar `n substans bygevoeg is, die implikasie is kleiner as die van konstitueel.
Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.
Guanilaat siklase word geaktiveer deur NO wat lei tot cGMP vlakke wat verhoog word en sodoende lei na VSM ontspanning. Wanneer NO vlakke oormatig hoog is kan dit lei to die volgende: waarneming van hipotensie waargeneem, die verergering van septiese skok.
Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?
NO
NO kan vir die sel toksies wees. Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?
Om die nadelige effek terug te werk met die behulp van peroksinitriet wat veroorsaak dat intrasellulêre gluthion beskerm word teen weefselskade. Peroksiniteit belemmer proteïenfunksie en veroorsaak weefselskade gedurende inflammasie.
Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.
Voordele: voorkoming van verkoue, behandeling van sistiese fibrose, behandeling van hoogtevrees, genesing van voetsere by diabetes
Nadele: hoes, kort van asem , moegheid, keel en bors wat brand, naarheid
In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?
Parkinson’s, Alzheimer’s, ALS, beroerte.
In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog? Wat is die implikasies hiervan?
Verhoogde angiotensinogeenvlakke veroorsaak vasokonstriksie. `n Siektetoestand wat gepaard gaan saam die verhoogde vlakke is hipertensie. Angiotensinogeen kan verhoog/vermeerder word deur kortikosteroiede, tiroied hormone, estrogeen en angiotensien II.
Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?
Middels wat angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem werk direk op RAAS-inhibeerders. Die AOE stelsel werk indirek op reseptore en daarom kan dit ander substanse affekteer nl: bradikinien en substans P. Die kan dan lei tot ernstige newe-effekte.
Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?
AOE-remmers is verantwoordelik vir die inhibering en omskakeling van ANG I na ANG II. Daarom kan dit verhoed word dat bloeddruk verhoog word. Dit speel `n rol by Bradikinin wat `n vasodilator is en kan daarom ook gebruik word om bloeddruk te verlaag.
Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels? Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?
Lorsartan en soortgelyke middels werk op AT1 reseptore, en `n effek op AT2 reseptore.
Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene? Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking? Verduidelik.
Die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë is dilatasie maar die vene ondergaan kontraksie. Outakoïede wat `n rol hier speel is Prostaglandiene, wat vrygestel word en veneuse kontraksie tot gevolg het.
Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?
B1 en B2 reseptore. (B = Bradikinien)
Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?
In die behandeling van hipertensie is peptiede effektief omrede dit vasodilatasie veroorsaak. Met die behandeling van kongestiewe hartversaking verbeter peptiede kardiale funksie.
Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.
Neprilisien is 'n ensiem wat verantwoordelik is vir natriuretiese peptiede afbreek. `n Middel kombinasie wat gebrui sal word is: Sacubitril wat 'n neprilisien inhibeerder saam met Valsartan gebruik sal word vir die behandeling van hartversaking.
Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore
Vasodilatore: Stikstofoksied, Prostasiklien
Vasokonstriktore: Tromboksaan A2, Prostaglandien H2, Endotelien 1
`n Migraine kom voor as `n kopseer wat ook gepaard kan gaan met simptome soos naarheid, braking sowel as moontlike spraakprobleme. Die neurologiese siekte kan `n paar uur duur, maar kan ook moontlik vir `n paar dae aanhou. Die pyn wat veroorsaak word is die resultaat van dilatasie van die bloedvate in die brein.
Die behandelng vir migraine sluit in: 5-HT1D/B agoniste, SSRI`s, ß-blokkers, Kalsium kanaalblokkers, ergotalkaloïede, anti-inflammatoriese pynstillers en trisikliese antidepressante.
Serotonien middels vir die behandeling van migraine is onder ander die volgende: Sumatriptaan, Naratriptaan. Die middels is 5-HT1D/B agoniste wat die interkraniale vasokonstiksie verhoog om die vasodilatasie te teen werk.
Ergo-alkaloiede middels vir die behandeling van migraine is die volgende: Ergotamien en Ergovine. Albei van die middels is migraine profilakse. Ergotamien is gedeeltelik agonis by 5-HT1 en α-reseptore, die veroorsaak gladdespier kontraksies en op so manier werk migraine teen. Die meganisme van werking van Ergovine is dieselfde as Ergotamien.