Blog #13: Leereenheid 9.5
Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:
Li – ioon: Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, laasgenoemde deur verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie.
klein terapeutiese indeks (0.5 - 1.5 mM; >2 mM = toksies)
Kliniese belang: As gemoedstabiliseerder by behandeling van Bipolêre versteuring
Enkelmiddel: by Bipolêre versteuring.
Gekombineer met anti-psigotiese middels by skisofrenie
Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE I’s & fluoksetien - ↑ Li+ vlakke, toksisiteit
Teensuur middels (bv. Na-bikarbonaat), teofillien, kaffeïen ↑ renale uitskeiding van Li+ (verlaag effektiwiteit)
Neurotoksies kombinasie met karbamasepien (sekere APM’s), Ca2+ blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoïen
Tradisionele APM’s vererger EPS in kombinasie met Li+
Tremore, sedasie, ataksie, afasie
Spierswakheid, moegheid
Polidipsie, poliurie, nokturie
Nefrogene diabetes insipidus (Li+ meng in met nier se vermoë om uriene te konsentreer)
Tiroïedvergroting
Leukositoses (↑WBS)
Edeem
Massatoename
Aknee, alopesie
Seksuele disfunksie
Litium word geassosieer met verhoogde insidensie van aangebore kardiovaskulere abnormaliteite, dus moet die risiko-voordeel verhouding oorweeg word wanneer ‘n swanger vrou reeds gestabiliseer is op Litiumbehandeling. Litium word uitgeskei in borsmelk, daarom word borsvoeding nie aanbeveel nie.
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Camcolit is ‘n Litiumkarbonaat met ‘n beheerde vrystelling. Me Polar se plasmavlakke is binne die terapeutiese grense van 0.5 - 1.5 mM. Indocid is ‘n NSAIM. Die tipe middels verhoog Litiumvlakke en kan aanleiding gee tot toksisiteit. Ek sal aanbeveel dat me. Polar eerder ‘n ander medikasie wat nie ‘n NSAIM is vir haar spierbesering gebruik. Die “vreeslik gewig optel” is een van die algemene newe-effekte van Litium gebruik. Waterpille (diuretika) verhoog ook die Litiumvlakke en kan ook aanleiding gee tot toksisiteit. Dus moet die pasiënt die gebruik van die waterpille staak. Omdat sy ook al die ander newe-effekte van Litium ervaar nl. Sedasie (sukkel om haar oë in klas oop te hou), bly dors en voortdurende beweging en naar gevoel, sale k voorstel dat sy eerder ‘n ander gemoedstabiliseerder begin gebruik. Bv. Karbamasepien aangesien Valproaat ook massatoename veroorsaak en dit die pasiënt dryf om ander medikasie wat nie vir haar voorgeskryf is nie te begin neem.