Leereenheid 11 (Sê moet Blog #13 noem – is al Blog #14)
Berei ‘n kort “lesing” voor, van nie langer as 5 minute (200 woorde) nie, waarin jy vir ‘n kliënt moet verduidelik wat pyn is, wat dit kan veroorsaak, hoekom verskillende mense pyn verskillend ervaar en wat algemeen belangrike beginsels van pynhantering en verwysing behels. Die bogenoemde twee videos sal ook van hulp wees.
PYN
Pyn is ‘n onaangename sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade, wat uniek is vir elke persoon. Jy ervaar fisiese onplesierigheid wat met slegte emosies gepaard gaan.
Pyn word veroorsaak as die nociseptore gestimuleer word of ‘n neurotransmitter vrygestel word in reaksie op ‘n besering. Die impulse word met die stygende algetiese spinotalamiese baan (rugmurg) vervoer na die thalamus en korteks in die brein waar dit geintrepeteer word as die gevoel wat ons ken as “pyn”. Opoiedpeptiede word vrygestel en dit aktiveer dan die dalende analgetiese baan. Die vrystelling van serotonien, noradrenalien en enkefaliene (neurotransmitters) op spinale vlak het pynstillende effekte tot gevolg.
Pyn is ‘n subjektiewe ervaring en mense ervaar pyn verskillend op grond van hulle vorige ervarings met pyn en hulle pyndrempel. Pyn moet geintrepeteer word as wat die pasiënt sê dit is, ongeag die stimuli. DIt word beste gemeet deur die pasiënt te vra om dit op 'n skaal van 1-10 te beskryf.
Pyn moet altyd met die “swakste” middel met laagste moontlike dosis eerste behandel word. Kroniese gebruik van opoiede of sommige ander voorskrif pynmedikasie by nie-terminale siektes kan verslawend wees.
Blog #13: Leereenheid 9.5
Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:
Li – ioon: Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, laasgenoemde deur verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie.
klein terapeutiese indeks (0.5 - 1.5 mM; >2 mM = toksies)
Kliniese belang: As gemoedstabiliseerder by behandeling van Bipolêre versteuring
Enkelmiddel: by Bipolêre versteuring.
Gekombineer met anti-psigotiese middels by skisofrenie
Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE I’s & fluoksetien - ↑ Li+ vlakke, toksisiteit
Teensuur middels (bv. Na-bikarbonaat), teofillien, kaffeïen ↑ renale uitskeiding van Li+ (verlaag effektiwiteit)
Neurotoksies kombinasie met karbamasepien (sekere APM’s), Ca2+ blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoïen
Tradisionele APM’s vererger EPS in kombinasie met Li+
Tremore, sedasie, ataksie, afasie
Spierswakheid, moegheid
Polidipsie, poliurie, nokturie
Nefrogene diabetes insipidus (Li+ meng in met nier se vermoë om uriene te konsentreer)
Tiroïedvergroting
Leukositoses (↑WBS)
Edeem
Massatoename
Aknee, alopesie
Seksuele disfunksie
Litium word geassosieer met verhoogde insidensie van aangebore kardiovaskulere abnormaliteite, dus moet die risiko-voordeel verhouding oorweeg word wanneer ‘n swanger vrou reeds gestabiliseer is op Litiumbehandeling. Litium word uitgeskei in borsmelk, daarom word borsvoeding nie aanbeveel nie.
Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Camcolit is ‘n Litiumkarbonaat met ‘n beheerde vrystelling. Me Polar se plasmavlakke is binne die terapeutiese grense van 0.5 - 1.5 mM. Indocid is ‘n NSAIM. Die tipe middels verhoog Litiumvlakke en kan aanleiding gee tot toksisiteit. Ek sal aanbeveel dat me. Polar eerder ‘n ander medikasie wat nie ‘n NSAIM is vir haar spierbesering gebruik. Die “vreeslik gewig optel” is een van die algemene newe-effekte van Litium gebruik. Waterpille (diuretika) verhoog ook die Litiumvlakke en kan ook aanleiding gee tot toksisiteit. Dus moet die pasiënt die gebruik van die waterpille staak. Omdat sy ook al die ander newe-effekte van Litium ervaar nl. Sedasie (sukkel om haar oë in klas oop te hou), bly dors en voortdurende beweging en naar gevoel, sale k voorstel dat sy eerder ‘n ander gemoedstabiliseerder begin gebruik. Bv. Karbamasepien aangesien Valproaat ook massatoename veroorsaak en dit die pasiënt dryf om ander medikasie wat nie vir haar voorgeskryf is nie te begin neem.
BLOG #12: Leereenheid 10
KLASSIFIKASIE |
MIDDELS |
Trisikliese anti-depressante |
Tersiêre amiene: Amitriptillien Imipramien Trimipramien Chloorimipramien Dotiepien Butriptilien Sekondere amiene: Nortriptilien Desimipramien Lofepramien |
MOA Inhibeerders |
Tranielsipromien en Moklobemied |
SNRI’s |
Venlafaksien, Duloxetine |
5-HT R- moduleerders |
Trasodoon, Vortioksetien |
Tetrasikliese en unisikliese middels |
Tetrasiklies: Mianserien, Mitrasepien, Amoksapien en Maprotilien Unisiklies: Buspiroon |
Sirkadiese ritme reguleerders |
Agomelatien |
SSRI’s |
Fluoksetien, Paroksetien, Fluvoksamien, Sertralien, Sitalopram, Esitalopram |
Selektiewe NA heropname remmers (NARI) |
Reboksetien |
Nie-spesifieke verhoging van noradrenalien- en serotonienkonsentrasies.
14-21 dae of meer, moontlik toegeskryf aan twee weke wat dit neem om neurotrofiese factor te sintetiseer.
Effektiwiteit is dieselfde. Dit hang af van pasiënt se individuele respons op die middels.
SSRI newe-effekte: Beter newe-effek profiele
TAD newe-effekte:
Blok inhibitoriese 2 reseptore, bevorder beide NA (outoreseptore) en 5-HT vrystelling (heteroreseptore).
Blokkeer beide 5-HT en NA heropname, meer potent vir 5-HT as vir NA. Lae affinitiet vir H1, M en 1 reseptore. Ook ‘n swak dopamien heropname inhibeerder.
MT1 en MT2 agonis en 5-HT2c antagonis.
5-HT2c-antagonisme: disinhibisie van DA en NA vrystelling in frontale korteks.
Blog #11: Leereenheid 9.2
Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
1. Alifatiese syketting: chloorpromasien (Largactil â)
2. Piperidien syketting: perisiasien (Neulactil â)
3. Piperasien syketting: flufenasien (Modecate â), perfenasien, trifluoperasien, prochloorperasien.
· Lae potensie, min Ekstrapiramidale versteurings ( Lae potensie – Bind nie so sterk aan D2 R nie, vereis hoë dosisse)
· Erge sedasie en gewigstoename – H1 blokkade
· Sterk anticholinerge effekte – Muskariene R ( NE: Droe mond, urienretensie, konstipasie, visie versteurings en hallusinasies )
· Sterk a-litiese effekte (posturale hipotensie) · Kardiotoksies – muskariene R in die hart.
2. Piperasienderivate:
· hoë potensie, meer EPS,
· swakker anticholinergiese newe effekte
· swakker a-lities effekte,
· minder sedasie,
· minder kardiovaskulêre (KVS) newe effekte
Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?
Blok mesolimbiese D2 reseptore
Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?
Blok 5-HT2A-reseptore meer as D2 reseptore
Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?
Lae potensie vir Dopamien-2-reseptore
Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?
Risperidoon en paliperidoon. Het ‘n hoë affiniteit vir D2-reseptor. Dit antagoneer D2 wat lei tot ‘n afname in Dopamienfunksie wat ekstrapiramidale effekte veroorsaak.
A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?
a-litiese effekte (blokkade van Alfa 1-reseptor) bv. posturale hipotensie as newe-effek.
Blog #9: Leereenheid 6.3: Kliniese gebruik van LA
Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:
EFFEKTE VAN LA OP ANDER WEEFSEL:
HART: Klas 1 anti-aritmiese middels (Lidokaien is klas 1 middel wat Natrium kanale blokkeer in die hart met die doel om die Aksie Potensiaal te verkort en die refraktere periode te verleng.)
SKELETSPIERE: Swak blokkerende effek - Geen kliniese toepassing
Kokaine: ↑ gemoedstoestand, beinvloed sentrale katesjolamien-gemedieerde neurotransmissie (inhibeer NA heropname).
Tipe procedure wat gedoen gaan word (kliniese gebruik) en die werkingsduur van middel wat benodig word.
CO2 tree op as buffer. Dit potensieer die effek van LA. Daar is ‘n direkte onderdrukkende effek van CO2 op die akson. Dit konsentreer die LA dan op die senuwee “trunk.” Dit sal aanvangswerking versnel.
Kokaïen, Oksibuprokaїen, Lidokaïen en Bensokaïen.
#BLOG 10: Leereenheid 8.2
Antwoord die volgende vir jou blog-opsomming:
Dopamienagoniste en Anti-cholinergiese middels.
MAO-B remmers; Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.
Safinamied: Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien
Istradefillien: Adenosien A2A antagonis – Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus word D2-reseptorfunksie verbeter.
Ergotderivate: Broomkriptien
Nie-ergotderivate: Pramipexole en Ropinirole
AGONISTE:
Dopamien 2 Reseptor: Broomkriptien, Ropinipole
Dopamien 3 Reseptor: Pramipexole
Pramipexole: Neurobeskermend – agv sy vermoe om op die uitkyk te wees vir waterstof peroksied en verhoog neurotropiese aktwiteit in mesencephalic dopaminergiese sel culture.
Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.
COMT metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD) Verhoogde plasmavlakke van 3OMD swak terapeutiese respons met l-dopa (3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse)
COMT-remmer verleng dus werkingsduur van L-dopa te danke aan ‘n afname aan sy perifere metabolisme en verbeter so L-dopa se biobeskikbaarheid.
Istradefillien: Adenosien A2A antagonis
– Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus bevorder die antagonis D2-reseptor se funksie
Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien
Dit verlaag ook glutamaat vrystelling.
Blog #8
Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui. Die tabel is belangrik as jy by die keuse van middels kom.
INTRAVENEUSE MIDDELS:
Middel |
KVS |
SSS |
Respirasie |
Nier |
Lewer |
Uterus |
Uitsonderings |
Halotaan |
Bradikardi (Outonoom) ↓ Bloeddruk Sensitiseer miokardium vir aritmogene effekte van Katesjolamiene |
Vinnige gladde induksie (Stadium 2 afwesig), ↑ serebrale bloedvloei ↑ intrakraniale druk. |
NIE speeksel- brongiale sekresies / hoes nie |
|
Kan hepatotoksies |
↓ spierkontraksie |
Muskuloskeletaal: Skeletspierverslappende effekte, Stadium III, ↑ werking nie[1]depolariserende (Atracurium, Tubocurarine), ↓ werking depolariserende (Succinylcholine), |
Enfluraan |
Nie sensit van miokardium, minder ↓ as halotaan
|
Vinnige, gladde induksie Soms konvulsies |
Meer ↓ as halotaan |
|
|
|
|
Isofluraan |
Minder ↓ as halotaan + enfluraan, Nie sensitisasie van miokardium |
Vinniger induksie en herstel ( agv bloed-gas verdelings koeffisient) as halotaan |
Potente onderdrukkende effek. Versterk agv potente skeletspierverslapper effek |
|
|
|
Potente skeletspierverslappende effek |
Desfluraan |
Minder onderdrukking as halotaan + enfluraan |
Nog vinniger induksie + herstel as isofluraan ↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk |
Skerp reuk, irriterend in lugweë, as induksiemiddel → hoes, asemnood en laringospasma |
|
|
|
|
Sevofluraan |
|
|
Effekte soortgelyk aan desfluraan, minder irriterend vir lugweë |
|
|
|
Potensieer effekte van nie-depolariserende skeletspierverslappers net soos die ander gehalogeneerde eters. |
N2O |
GEEN |
Swak anesteties, potente analgetikum, amnesia. |
Suiwer N2O → Meng in met bloed-gas verdeling - Hipoksie, meng dus altyd net O2 of lug. Herstelfase: N2O vinnige diffusie uit bloed na alveoli, ↓ O2 druk, → hipoksie |
|
|
|
Geen skeletspierverslapping |
Belangrikste toksiese effekte van inhalasiemiddels:
Halotaan: Hepatotoksies (raar en onvoorspelbaar)
Enfluraan: Konvulsies
Isofluraan: Potente respiratoriese onderdrukking
Desfluraan: irreterend in lugweë -> laringospasma
Sevofluraan: Chemies onstabiel -> Vermy persone met lewerprobleme
N2O: Suiwer N2O = hipoksie (meng met O2)
Blog #7
Middels wat die Pil se metabolisme beinvloed:
Meng nie in met pil se metabolisme nie:
Neonate: stadiger metabolisme
Babas en kinders: vinniger metabolisme as volwassenes
Bejaardes: Laer dosisse omdat hulle lewer en nier funksie gewoonlik ondderuk is.
Valproaat en Lamotrogien saam gebruik
Swangerskap
Neonate
Wanneer episodes voorkom
Bejaardes
As dosisverandering gemaak is
BLOG #6: Chroniese effekte van alkahol
Met chroniese gebruik van alkahol word MEOS aktiwiteit verhoog en is so gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie. Daar vind Sentrale senuweestelsel aanpassings plaas. Die metaboliese tempo van alkahol word verhoog deur die opregulering van reseptore wat veroorsaak dat alkahol vinniger gemetaboliseer word en meer alkahol ingeneem moet word om die gewenste uitwerking te kry.
Daar is progressiewe afname in lewerfunksie. Hepatitis en sirrose kom voor. Daar is ‘n afname in glukoneogenese wat hipoglukemie en vetakkumulasie en nutriëntgebreke veroorsaak. Daar is verhoogde aktiwiteit in lewermikrosomale ensieme.
Wernicke-Korsakoff sindroom ontstaan a.g.v. perifere neuropatie in die sentrale senuweestselsel a.g.v. die kroniese gebruik van alkahol. Simptome van die siekte is ataksie, verwarring en paralise van gesigspiere. Dit word behandel met parentale tiamien.
Fetale alkaholsindroom kom voor as ‘n moeder alkahol misbruik tydens haar swangerskap veral tydens haar eerste trimester. Die alkahol wat die ma inneem kruis die plasenta en bereik konsentrasies in die fetus wat ooreenstem met marental tyd. Die baba word dan gebore met verstandelike vertragings, groeigebrekke, mikrokefalie en karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigarea.
Akute alkahol gebruik veroorsaak net die afname in metabolisme van middels wat geneem word tydens die akute alkahol gebruik. Bv. Fenotiasiene wat gebruik word in die behandeling van psigose word nie op die normale wyse gemetaboliseer vir die tydperk wat die alkahol in die liggaam bly nie.
Met chroniese alkahol gebruik verhoog metaboliese transformasie van ander geneesmiddels.
Alkahol saam met ander sentraal senuweestelsel onderdrukkers bv. Bensodiapiene.
Alkahol saam met vasodilatore om hoë bloeddruk te behandel.
Saam hipoglisemiese middel omdat dit glukoneogenese veroorsaak.
Paracetamol
BLOG #5: Farmakokinetika van alkahol
Etanol is onderhewe aan zero-orde kinetika. Dit beteken dat ‘n konstante hoeveelheid alkahol in ‘n sekere tyd gemetaboliseer word ongeag van die hoeveelheid etanol wat ingeneem word en die bloedplasma konsentrasievlakke. Dus as daar te veel etanol ingeneem word, word die reseptore uitgeput en die etanol sal nie gemetaboliseer kan word nie en “ophoop” in die liggaam. Die “ophoping” van etanol kan lewensbedreigende gevolge inhou.
Eerste weë is die Alkaholdehidrogenase ensiemsisteem wat die primêre weg is. Etanol word deur alkahol dehydrogenase omgeskakel na asetaldehied m.b.v. die ko-ensiem NAD+. Die sisteem kan versadig raak (het zero-orde kinetika) a.g.v. beperkte hoeveelheid NAD+ wat beskikbaar is.
Die Mikrosomale etanol oksideringsisteem (MEOS) tree in by bloed alkahol vlakke >100mg/L. Die sisteem maak gebruik van die ko-faktor NADPH om etanol m.b.v. gemengde funksie oksidase om te skakel na asetaldehied.
Die geneesmiddels inhibeer die aldehied dehidrogenase ensiem en veroorsaak die opeenhoping van asetaldehied wat simptome soos naarheid en braking en hoofpyn.