Blog2: Sedatief-Hipnotika geneesmiddels
Wat beteken anterograde amnesia en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Anterograde amnesia is wanneer ‘n pasiënt nie die vermoë het om gedurende die geneesmiddel werkings tydperk gebeure te onthou nie, voorbeelde van geneesmiddels wat hierdie anterograde amnesia kan veroorsaak is bensodiasepiene soos; midazolam, diazepam en ook lorazepam. die onvermoë om gebeure te onthou gedurende die geneesmiddel se werkingsduur..
Noem die effekte van die sedatief-hinotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt:
Toleransie kan binne 1 – 2 weke van hipnotika se gebruik voorkom.
Belang van die pasiënt:
Hipnotika medisynes kan pasiënte wie aan insomnia lei, help om beter en langer te slaap, dit kan ook persone minder angstig laat voel, hulle moegheid elimineer en oor die gevoel van irritasie afskud.
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?
Midazolam, Diazepam en Lorazepam is die aanvullende terapeutiese middels wat via IV vir anestesie toegedien word, die effek hiervan is dus anterograde amnesia, dus sal die pasiënt aan die slaap wees en kan ‘n pasiënt nie onthou wat tydens die operasie gebeur het nie.
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
Hoë dosisse barbiturate en sommige bensodiasepiene soos diazepam en lorazepam kan vir status epilepticus epilepsie gebruik word, daar is ook ‘n paar ander geneesmiddels namens ( Fenobarbitoon, Klonasepam en Klobasam ) wat antikonvulsiewe effekte het.
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die BD’e?
Die middels rem die polisinaptiese reflex reaksie en veroorsaak verslapping/spierverslappende effekte in die spiere.
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
Die senuwee stelsel word in beide die respiratoriese- en in die kardiovaskulêre stelsels onderdruk (sedatief-hipnotiese middels is oor die algemeen SSS onderdrukkend – reeds teenwoordige pulmonêre- of kardiovaskulêre toestande kan vererger word deur sedatief-hipnotika geneesmiddels.