J VENTER

Default profile image
----------

Blog#3.2

28 Nov 2021, 15:30 Publicly Viewable

Leergedeelte 3.2

  1. KOLS is verskillende grade en kombinasies van brongiale asma, chroniese brongitis en emfiseem. Dit het die volgende simprome ook: veroorsaak beperkte lugvloei, verlaagde lewenskwaliteit, angs, hipoksie, verlaagde gaswisseling en ook kan lei tot die dood.

  1. Chroniese brongitis is ‘n non-spesifieke obstruktiewe lugwegsiekte wat gepaard gaan met ‘n verhoging in mukusvrystelling, n verlaging in mikoselluere opruiming, gereelde bakteriese infeksies en ook strukturele verandering van die brongiale wande, wat veroorsaak dat die terapie nie soo ‘n effektiewe uitkomste het soos by asma nie. Dit veroorsaak ook ‘n chroniese droe hoes agv die taai mukus.  Die eotiologie van chroniese brongitis is onduidelik, maar dit kan wees agv ‘n langtermyn blootstelling aan iritante soos rook, chemiese stowwe.

Emfiseem word veroorsaak deur rook en chemiese irritante. Emfiseem veroorsaak onomkeerbare verwyding van die alveoli en die brongioli as gevolg van strukturele skade. Dit veroorsaak dat die lug in die longe vasgevang word en moeilik is om uit te asem. Dit veroorsaak ook ‘n verlaging van die kappilere bloedvate, wat beteken dat die gaswisseling ook belemmer word.

  1. Rookgewoonte: persone wat rook, moet rook staak.

Longkapasitiet: om dit te verbeter moet ligte tot matige oefening gedoen word.

Obstruktiwiteit: Brongodilators soos by behandeling van asma (B2 agoniste)

Hipoksie: toediening van suurstof.

Sekrete: stoominhalasie, rehidrasie en ook mukolitika

Bakteriele infeksies: Deur immunisering teen Influenza en ook deur bree spectrum antibiotikas soos tetrasiklien, eretromisien ampisilien trimoksasool amoksilisien.

Daar is ook 5 stapgewyse behandelings van KOLS:

  1. Anti-cholinerge middels is eerste linie, soos Ipratropium en tiotropium wat geinhaleer moet word. Glukopironiumbromined is ook ‘n M3 antagonis.
  2. Byvoeging van ‘n B2 agonis en/of stadig vrystellende teofillien- teofillien sal die diafragma spier versterk en ook ventilasie verbeter.
  3. Kortikosteroide kan soms bygevoeg word.
  4. Suurstof terapie kan bygevoeg word
  5. Akute siekte- hospitalisasie, antibiotika en soms oorweeg sjirurgie.

 

  1.  Ipratropium is ‘n anti-cholinergiese middel. Anti-cholinergiese middels is kompeterende antagoniste op M3 reseptore en dus kan hul slegs brongokonstruksie wat deur muskariene gemedieer word teenwerk. Jou vagusrefleks by chroniese brongitis is tipies ‘n reaksie agv iritante wat dan ‘n ooraktiewe parasimpatiese senuweestelsel gee, dus sal dit muskariene gemedieerde vasokonstruksie veroorsaak en kan jou muskariene antagonis, ipratropium dit goed teenwerk.

By brongiale asma sal B2 agoniste beter werk omdat hulle funksionele antagoniste is wat direk op reseptore inwerk.

  1. Dit versterk die diafragma en verbeter ventilasie en verminder dispnee en hipoksie in KOLS pasiente.

  1. 18-24 uur suurstof terapie verlaag die morbiditeit en mortaliteit drasties in persone met KOLS.