AMORÉ DU PREEZ

Default profile image
----------

L. du Preez (27143236)

28 May 2021, 08:47 Publicly Viewable

Blog#13 Le 11.1

Pyn is ‘n onaangename, subjektiewe sensoriese en emosionele ervaaring wat geassosieer word met werklike of potensiële weefselskade.

Pyn kan veroorsaak word deur: “Nociceptive”pyn wat agv weefselbeserings is bv Artristis of postoperatiewe pyn. Inflammatoriese pyn is ‘n abnormale ontstekking wat veroorsaak word deur ‘n onvanpaste reaksie deur die immuunstelsel bv “gout” of rumatoied artritis. Neuropatiese pyn word veroorsaak deur senuwee-irretasie bv neuropatie. Funksionele pyn is pyn sonder ‘n duidelike oorsprong, maar veroorsaak pyn bv prikkelbare dermsindroom of fibromialgie. (Sentiger, 2019)

Die rede waarom verskillende mense verskillend pyn ervaar is omdat elke persoon verskillend met pyn gekonfronteer word asook hang dit af van persoon tot persoon se toleransie teen pyn en hul pyndrempel.(Brancatisano, 2016). Pyn drempel beteken die vlak waarteen die persoon ‘n stimulus ervaar as pynlik en pyn toleransie is hoeveel pyn die persoon kan vat sonder om in mekaar te sak.

Die volgende beginsels is baie belangrik tydens die hantering van pyn: Matige pyn benodig geen voorskrif nie, maar meer erge pyn benodig wel ‘n voorskrif vir medikasie en ook vir verdowings middels. Daar is wel ook ander maniere om pyn te beheer nl: meditasie, ontspanning, joga en ook afleidings.

Verwysings: indien die bogenoemde behandelings opsies nie die pyn verlig nie, gaan dit nodig wees om die pasiënt te verwys na ‘n spesialis, sodat hy/sy na die brein impulse kan kyk en die pasiënt te behandel volgens daardie resultate.

Brancatisano, E., 2016. Why Do Some People Feel Pain Differently?, s.l.: Huffpost.

Sentiger, J. L., 2019. Name Your Pain: Exploring The Four Types Of Pain, s.l.: Virginia spine institute.