M DE VILLIERS

Default profile image
----------

Blog #3.2

11 Nov 2021, 17:42 Publicly Viewable
  • Gee jou eie definisie van COLS.

'n Kroniese obstruktiewe lugwegsiekte: 'n siekte wat lank aanhou (chronies) wat te doen het met 'n obstruksie in die lugweg wat asemhaling moeilik maak. Gewoonlik 'n kombinasie van brongiale asma, chroniese brongitis en emfiseem.

  • Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

CHRONIESE BRONGITIS

Etiologie: Onseker; word wel geassosieer met langtermyn blootstelling aan irritante soos bv sigarette, stof en sekere gasse.

Patofisiologie: Nonspesifieke obstruktiewe lugwegsiekte

EMFISEEM

Etiologie: Ontwikkel agv rook en irritante

Patofisiologie: Onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli agv strukturele skade.

  • Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Staking van rookgewoontes; immunisering teen influenza, brongodilatore vir lugwegobstruksie, sekrete - stoom verdun mukus, suurstof-inhalasie, gereelde matige oefening om longkapasiteit te verbeter.

  • Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Ipratropium is 'n M3 antagonis in die lugweg. Dit werk die effekte van Ach tee dus veroorsaak dit brongodilataie en verlaagde mukusproduksie. Ipratropium is kortwerkend, saldus help by akute asma, maar nie lank by KOLS nie.

  • In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Dit versterk die kontraksie van die diafragma skeletspiere - so verbeter dit die ventilasie respons, en verminder hipoksie en dispnee in KOLS pasiente.

  • Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

Dit help by hipoksie. Sommige kere wanneer die siekte al redelik ernstig is, is mense op 18-24h 'n dag se suurstof-terapie. Ander mense het dit slegs tydens oefening en slaap nodig.