Hello almal my naam is Inge Fourie.
Ek bly tans in Aliwal-Noord ń klein dorpie langs die oewer van die Oranje rivier.
Ek swot Grondslagfase onderwys omdat ek voel dit is werklik my passie en ek is baie lief vir klein woelwatertjies. Hulle vul werklik my lewe met vreugde.Ek studeer ook Grondslagfase omdat ek baie graag ń verskil wil maak nie net in kindertjies se lewens nie maar ook in ons land. My visie is om vandag te werk aan more se toekoms.
Ek glo dat in vandag se wereld is ons lewens baie meer kompleks en my passie is nie net om kinders se kennis te verskerp nie maar ook om te werk aan die waardes wat hul aan hulself heg. Deur die doel te bereik verseker ons ń blink toekoms.
Ek sien LSKM as ń waardevolle uitdaging en sien uit dit baas te raak.
My verwagtinge vir LSKM is om soveel as moontlik te leer en al die belangrikste punte eendag in die klaskamer in werking te stel.
Die ontwikkelings teorië was werklik vir my baie interessant. Vygotsky se Zone van Proksimale ontwikkeling het my net weer laat besef dat leerders ontwikkel deur met ander mense in kontak te wees en om sosiaal te leer en so hul menswees te ontwikkel.
Vygotsky glo dat leerders leer deurdat hulle tussen ander mense is en dat hulle saam hulle tyd moet spandeer om as mense te ontwikkel. Hy glo ook dat die onderwyser 'n fasiliteerder moet weesen so sal die leerders nuwe vlakke bereik deur die Zone van proksimale ontwikkeling (steierwerkmetode).
Die 5 aspekte van holistiese ontwikkeling:
1. Fisiese ontwikkeling.
2. Kognitiewe ontwikkeling.
3. Sosiale ontwikkeling.
4. Persoonlike ontwikkeling.
5. Emosionele ontwikkeling.
Erikson glo weer dat die leerders wat goed presteer vergoed moet word en dat die leerders wat sukkel hulp moet ontvang. Hy glo ook dit is belangrik vir onderwysers om verhoudings te bou met die leerders, maar die onderwyser moet ook die leerders aanmoedig om met mekaar verhoudings te bou. Onderwysers moet vir hulle leerders 'n veilige omgewing skep waar hulle werklik hulself kan geniet en net hulself kan wees.
Piaget glo weer dat voorkennis 'n baie groot rol speel in die ontwikkeling van 'n kind.Sy teorie lê ook klem daarop dat kinders leer deur die interaksies wat hulle met mense het en deur daardie interaksies so kennis te bou.
Kinders in die grondslagfase is volgens Piaget in 2 fases:
1. Pre-operasionele fase.
2. Konkreet operasionele fase.