I FOURIE

Default profile image
----------

Hello almal my naam is Inge Fourie. 

Ek bly tans in Aliwal-Noord ń klein dorpie langs die oewer van die Oranje rivier.

Ek swot Grondslagfase onderwys omdat ek voel dit is werklik my passie en ek is baie lief vir klein woelwatertjies. Hulle vul werklik my lewe met vreugde.Ek studeer ook Grondslagfase omdat ek baie graag ń verskil wil maak nie net in kindertjies se lewens nie maar ook in ons land. My visie is om vandag te werk aan more se toekoms. 

Ek glo dat in vandag se wereld is ons lewens baie meer kompleks en my passie is nie net om kinders se kennis te verskerp nie maar ook om te werk aan die waardes wat hul aan hulself heg. Deur die doel te bereik verseker ons ń blink toekoms.

Ek sien LSKM as ń waardevolle uitdaging en sien uit dit baas te raak.

My verwagtinge vir LSKM is om soveel as moontlik te leer en al die belangrikste punte eendag in die klaskamer in werking te stel.

LSKM 211 Finale Blog

6 Nov 2020, 11:53 Publicly Viewable

Die mees betekenisvolste ding wat ek uit hierdie module geleer het is dat ons as mense  na musiek moet kyk as 'n geheel en besef hoe belangrike rol dit eintlik in ons lewens speel. Ek dink ons as mense besef nie dat ons musiek vanselfsprekend ervaar nie en ons moet dit meer waardeer.

Tydens hierdie module was dit vir my 'n uitdaging om elke week my werk getrou te doen omdat daar soveel ander goed was om te doen. Dit was ook vir my 'n uitdaging om die blogs te doen omdat ons dit nog nie in 'n ander module gedoen het nie.

Ek moet sê ek voel dat ek elke week iets geleer het so ek voel nie dat daar iets was wat nie btekenisvol was nie. Ek voel wel die blogs vat baie tyd om te doen, maar dit was tog lekker.

Ek het net weereens besef dat dit so belangrik is om musiek in jou klaskamer te inkorporeer want sonder musiek kan ons as mens nie rerig funksioneer nie. Ek het ook besef dat klein kindertjies dit ook benodig om die volle holistiese ontwikkeling van die leerder te verseker.

 

Ek het eerlikwaar die module so geniet en het werklik so baie geleer. Ek gaan dit beslis eendag in my klaskamer toepas.

LSKM 221 Week 7 Deel 1,2,3

18 Oct 2020, 20:04 Publicly Viewable

Deel 1:

Hi daar!cheeky

Sjoe! Hierdie week was MAL, ek het rerig gedink dit gedink dit gaan rustig wees,maar toe nie. Ek was baie negatief gewees die week.

Daar was redelik baie goed wat my van my werk weg gehou het. Ek was op die plaas gewees die week so daar was baie goed wat my aandag geverg het. My pa het ook verjaar wat baie lekker was. Ek het net bietjie onder druk gevoel, maar gelukkig is die week amper verby.

Deel 2:

Tydens hierdie week se werk het ek net weereens besef hoe belangrik 'n goed-beplande lesplan is om 'n suksesvolle aktiwiteit deur te gee aan die leerders. Dit is ook baie belangrik om 'n goed-beplande musiek lesplan te hê. Ek het reeds geweet van die 3-Fases van 'n lesplan maar wat ek wel nuut geleer het is dat daar verskeie faktore is  wat 'n rol speel om 'n goeie lesplan te hê. 

Wat vir my die meeste uitgestaan het die week was dat 'n lesplan van lae-orde na hoë orde denk- vlakke beweeg. Ek het nog nooit so daaraan gedink nie,maar dit maak vir my nou sin. Wat ook vir my uitgestaan het is dat onderwysers leerders moet ondersteun en inklusiwiteit 'n prioriteit moet maak.

Dit is uiters belangrik om al die faktore in ag te neem om 'n suksesvolle lesplan te hê.

 

Deel 3:

Ek dink die belangrikste goed om in gedagte te hou is die volgende:

-Daar moet altyd musiek wees voor 'n lesplan.

-Sluit altyd 'n verskeidenheid leermetodes in.

-Maak altyd seker dat jou leerders ondersteun word en maak inklusiwiteit 'n prioriteit.

Ek voel ook dat dit belangrik is om die leerders se aandag te behou en interressante aktiwiteite met die leerders te doen sodat hulle dit viraltyd sal onthou. Ek voel ook leerders onthou meer  inligitng as dit gekoppel word met rympies ens.

Ek het werklik net weer besef dat onderwysers nie sonder 'n lesplan kan werk nie.

LSKM 221 Week 6 Deel 1,2,3

18 Oct 2020, 19:01 Publicly Viewable

Deel 1:

Hello!wink

Die week was vir my baie rustiger as die res van die kwartaal, so ek is baie dankbaar daarvoor. 

Ek het gevoel ek het baie meer tyd op my hande gehad om aan my take en toetse te werk. Ek het baie van my toetse en take voor die tyd klaar gemaak en dit is baie lekker.

Ek moet sê hierdie week kon ek lekker werk want niks het my aandag afgetrek nie. Ek hoop regtig die volgende paar weke is ook soos die een!

 

Deel 2:
Ek leer elke week iets nuuts en dit is fantasties! Ek het hierdie week geleer van kuns integrasie en al die faktore daarby. Ek het ook alles geleer hoe mens musiek verskillend kan toepas in die Klaskamer

Die konsep wat vir my uitgestaan het die week was die teoretiese raamwerk van musiek integrasie in die klaskamer.Ek het kennis verwerf oor,van,aan,met,in en deur van musiek integrasie en hoe jy dit kan gebruik in die klaskamer. Die strategië om musiek in jou alledaagse in te sluit het ook vir my uitgestaan,want ek voel ons mense besef nie eintlik watse groot rol musiek in ons alledaagse lewe speel nie.

Deel 3:

Die integrasie van musiek is 'n fantastiese konsep en ek dink almal behoort daarvan te weet. Dit hou baie voordele in. Dit bevorder leerders se motivering om in akademiese,sosiale en  sport-omgewings te presteer. Indien die onderwyser die regte teorie toepas kan dit verkseie leer-teorië akkommodeer en bevorder. Daar is ook verkseie strategië wat gebruik kan word in alledaagse aktiwiteite:

-Speel rustige musiek wanneer leerders alleen werk

-Sing  daagliks liedjies vir sekere aktiwiteite, liedjies soos "was jou hande" ens.

-Gebruik musiek wanneer jy van aktiwiteite verander.

 

Tydens musiek integrasie voel ek die leerders sal holisties bevorder word en ek dink dit is uiters belangrik om dit toe te pas.

 

 

LSKM 221 Week 5 Deel 1,2,3

4 Oct 2020, 17:13 Publicly Viewable

Deel 1:

Hi mail

Sjoe! Al wat ek van die week kan sê is dit was MAL! Ek het glad nie grond gevat die week nie. Ek is so bly die week is amper verby!.

Ek is baie lui deesdae, maar met die hoeveelheid werk wat vir my lê en wag kon ek nie regtig bekostig om lui te wees nie. Ek voel net asof die werk ophoop en dat ons nooit gaan klaar kry met alles nie.

Ek is steeds positief want dit help nie om negatief te wees oor alles nie, volgende week lyk dinge weer beter!

 

Deel 2:

In hierdie week se werk het ek bewus geraak daarvan dat daar 3 tipes speel in die Grondslagfase klaskamer is, naamklik:

1.Traditionele speel 2.Ope-speel 3. Oorspronklike speel.

Ek het werklik nie geweet daar is tipes spel nie, ek het net altyd gedink dat speel, speel is. Dit was vir my werklik interressant

 

Die idee wat vir my die meeste uitgestaan het die week was die Genres van speel endie tipes speletjies wat mens met die leerders kan speel. Die dans-speel speletjie het vir my spesifiek uitgestaan omdat dit ook liggaamlike beweging bevorder. Ek dink dit is belangrik dat kinders ook speel terwyl hulle iets leer, dit moet opwindend en lekker wees vir die leerders.

Deel 3:

Deur te speel terwyl die leerders leer is uiters belangrik. Die leerders bevorder hulle kognitiewe vaardighede en dit dra by tot die holistiese ontwikkeling van leerders. Leerders bevorder ook hulle kreatiwiteit en verbeelding. 

Die elemente van speel,speel ook 'n belangrike rol in die holistiese ontwikkelinng van leerders. Leerders word aangemoedig om hul verbeelding te gebruik. Deur leerders te verras bevorder ook spel. Deur te speel bevorder dit die leerders se geheue (deur patrone te onthou ens.) Leerders kan ook uit vrye wil saam speel en hoef nie verplig te voel om enigeiets te doen nie.

Ek voel speel in die klaskamer speel 'n baie belangrike rol in die holistiese ontwikkeling van leerders en ek sal dit beslis eendag in my klaskamer toepas,

LSKM 221 Week 4 Deel 3

24 Sep 2020, 17:36 Publicly Viewable

Ek dink dit is uiiters belangrik dat kinders hulself geniet in enigeiets wat hulle doen en daarom moet onderwysers musiek aktiwiteite vir die leerders lekker maak. Iets wat vir my uitgestaan het is dat  'n mens se stem die instrument is wat tot almal beskikbaar gestel is.

Ek voel dat sing en bewegings-aktiwiteite hand aan hand gaan want as die leerders sing en dans bevorder dit die holistiese ontwikkeling van die kind. Aktiwiteite moet ook lekker wees sodat die leerders wel iets leer en gefokus bly.

 

 

LSKM 221 Week 4 Deel 2

24 Sep 2020, 17:29 Publicly Viewable

Hierdie week het ek geleer oor die musiek onderrig metodes en hoe dit 'n rol speel in die holistiese ontwikkeling van die leerder. Ek het gelees oor sing, onderrig-strategië ens.

Die ding wat vir my die meeste uitgestaan het was die leer van nuwe liedjies  en die verskillende bewegings -aktiwiteite en die rol wat dit speel in die kind se ontwikkeling. Ek moet sê dit was regtig interressant en ek het baie geleer.

LSKM 221Week 4 Deel 1

24 Sep 2020, 17:23 Publicly Viewable

Hello julle enlightened

Hierdie week was net so besig soos die vorige week. Ek voel asof ek nooit gaan klaar kry nie.Ek het so baie werk wat nog vir my wag voor ek die langnaweek werklik kan geniet.

Ek voel wel positief dat ek alles gaan klaar kry, ek moet ook by sê dat ek elke week redelik nuwe werk leer en dit is darm lekker.

Ek was baie lui die week, maar die langnaweek het my wel gemotiveer om alles klaar te kry of wel minstens te probeer.

LSKM 221 Week 3 Deel 3

24 Sep 2020, 17:20 Publicly Viewable

Ek het hierdie week so baie geleer uit die nuwe musiek onderrig benaderings, ek was spesifiek mal oor Orff en oor Emilia, maar ek het beslis by elke benadering iets geleer.

In die onderrig benadering van Orff het dit vir my uitgestaan dat die kinders holisties ontwikkel deur musiek,dans en spraak te integreer met mekaar. Die 4 stadia van ontwikkeling het ook vir my uitgestaan en hoe en wat die leerders uit elke stadia kan leer. Ek is ook mal oor die verskillende aktiwiteite wat die onderwyser met die leerders kan doen, dit is opwindend en ek dink die leerders sal dit geniet.

In die onderrig benadering van Emilia het dit vir my uitgestaan dat die benadering leerder gesentreerd is en dat dit wat die onderwyser aan die leerder leer baie nuttig moet wees en dat dit moet deurdring tot by die leerder. Ek was ook mal oor die projek gebaseerde leer. Die YouTube video was vir my fantasties!

Ek sal beslis hierdie onderrig benaderings gebruik in my klaskamer!

LSKM 211 Week 3 Deel 2

24 Sep 2020, 17:18 Publicly Viewable

Ek het hierdie week net weer besef dat musiek so groot konsep is. Ek het werklik nie geweet van al die benaderings nie. En dit was werklik so interressant om oor al die benaderings te leer. 

 

Ek moet sê daar was 'n paar van die benaderings wat vir my uitgestaan het en dit was Orff sin en Emilia sin. Ek het ook gesien hoe elke een van die benaderings 'n rol speel in omtrent elke deel van 'n kind se ontwikkeling en dit is net fantasties! Musiek is rerig onvoorspelbaar en ek leer elke week iets nuuts.

LSKM 211 Week 3 Deel 1

24 Sep 2020, 17:00 Publicly Viewable

Hello julle!

My week was ongelooflik besig. Ons het so baie toetse en take wat moet inwees in die volgende twee weke dat dit vir my voel asof ek gaan verdrink. Maar ek moet maar moed hou en net werk.

Gelukkig gaan dit goed met al my werk ek gee my bes en ek kan sien my harde werk word beloon.Hopelik gaan alles bedaar na die twee weke verby is.

Eerlikwaar het ek nie rerig lus gehad om oor die langnaweek te werk nie aangesien ek bietjie tyd saam my familie wou spandeer, so dit is wat my gemotiveer het om te leer.

Bly positief is my "motto" vir die week.