Die neuronale selmembrane het 2 soorte kanale nl. Potensiaalafhanklik en Ligandafhanklik ioonkanale.
Potensiaalafhanklik |
Ligandafhanklik |
Metabotropiese reseptore is betrokke |
Ionotropiese reseptore is betrokke |
Kanale word gereguleer deur verandering in die sel se membraan potensiaal |
Kanale word gereguleer deur die interaksies wat neurotransmitters met hulle reseptore het |
Sinpatiese oordrag is stadiger |
Sinaptiese oordag is vinnig |
Ionotropies: Die neurotransmitter bind direk aan die reseptor, die kanaal word gereguleer deur die interaksie van die ligand en die reseptor
Metabotropies: G-protein gekoppelde transmembraan reseptore is betrokke, die kanale open nie direk nie want daar is tweede boodskappers betrokke.
EPSP is ‘n eksitatoriese postsinaptiese potensiaal.
Depolariserende stroom veroorsaak dat die membraanpotensiaal meer positief is, en nader aan die drempel van eksitasie. Bv. Asetielcholien bind aan die nikotiniese reseptor, wat die Na-ioonkanaal oopmaak en veroorsak dan die depolarisasie van die post-sinaptiese membraan. Post-sinaptiese potensiaal aktiveer die sentralesenuweestelsel.
IPSP is ‘n inhiberende postsinaptiese potensiaal.
Hiperpolariseerde stroom veroorsaak dat die membraanpotensiaal negatief raak en verder van die drempel van eksitasie. Bv. GABA bind aan die GABA-A reseptor, wat die Cl-ioonkanaal oopmaak en veroorsaak die hiperpolarisasie van die post-sinaptiese membraan. Post-sinaptiese potensiaal inhibeer die SSS.
Die kalsium gaan die terminale binne en veroorsaak die samesmelting van die sinaptiese vesikels, wat neurotransmitters bevat, met die membraan van die pre-sinaptieseneuron. Die vesikels stel die neurotransmitters in die sinaptiese spleet vry en hulle versprei na die reseptore wat op die post-sinaptiese membraan gevind word.