DANÉLL DOUGLAS

Default profile image
----------

blog #13

19 Jun 2021, 11:44 Publicly Viewable

Blog: Blog#13 (9.5)

  • Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Die werkingsmegansime van die litium is deur die Li+ioon. Dit beinvloed cAMP, IP3 en DAG 2de boodskappersisteme, laasgenoemde deur veralging van verskleie ensieme. Dit is baie belangrik in die omskakeling en hersirkulasie van die membraanfofoinositiede. IP3 en DAG is NB in monoamien en cholinerge neurotransmissie.

  • Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

Sy plasmavlakke is baie belangrik. Hy het n klein terapeutiese indeks (0,5-1,5 mM; >mM = TOKSIES.) Bloedplasma moet noukerig gemonitor word, want kan vinnig toksies word.

  • Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Litium as enkelmiddel gebruik by profilakse van bipolere versteurings.

Litium word gekombineer meet een van die volgende atipiese middels: olansepien, risperidoon, aripiprasool, quetiapien, ziprasidoon, maar risperidoon word veral gebruik.

Litium word ook met valproaat gebruik om die terugval van mense wat bipolere steurnisse het te verhoed of te verlaag.

  • Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE inhibeerders’s en fluoksetien verhoog litium vlakke wat lei tot toksisiteit.

Teensuur middels (bv. NA-bikarbonaat), teofillien, kaffeien verhoog renale uitskeiding van Litium (verlaag effektiwiteit van litium).

Neurotoksies kombinasie met karbamasepien, kalsium kanaal blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoien.

  • Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, sedasie, ataksie, afasie

Spierswakheid, moegheid

Polidipsie, poliurie, nokturie

Nefrogene diabetes insipidus (onvderdunde uriene wat uitgeskei word)

Tiroiedvergroting

Leukositoses

Edeem

Massatoename

Aknee, alopsie

Seksuele disfunksie

  • Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

By swangerskap verhoog die renale opruiming, maar keer terug na laer vlakke wanneer die baba gebore is. Litium word oorgedra na die baba by borsvoeding deur die borsmelk.

  • Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Bipolere versteurings

Skisofrenie

Major depressie

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:

Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L.  Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n.  By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak.  Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.

Me B polar ondervind die newe-effekte van litium toksisiteit. Die kombinasie van litium en Indocid sal ook die newe-effekte veroorsaak al is haar plasma konsetrasie vlakke in die reikwydte. EK sou voorstel dat sy die dosis van litium moet verlaag of n vervangbare geneesmiddel vir litium. Ek sou ook voorstel dat Me B. Polar die gebruik van die waterpil staak asook die Indocid.