1) Teofillien veroorsaak gladdespierverslapping, dus brongodilatasie. Dit het ook inflammatoriese eienskappe, dit inhibeer adenosienreseptore. Dit word gebruik as n verligter van brongiale asma, profilakties vir asma sowel as vir KOLS.
2) Teofillien inhibeer PDE, dit veroorsaak n toemane in die konsentrasie van cAMP. cAMP is verantwoordelik vir brongodilatasie, Teofillien is dus n indirekte brongodilator. B2-agoniste is verantwoordelik vir die stimulering van adeniesiklase, cAMP konsentrasies verjoog in die brongiale gladdespier, brongodilatasie. Anticholinergiese middels werk in M3 reseptore in die lugwee, dit antagoneer Ach wat lei tot brongodilatasie en verlaagde mukusproduksie.
3) Metielxantiene het effekte op die sentrale senuweestelsel, dit is n stimulat en veroorsaak verhoogde wakkerheid, slaaploosheid en in hoe dosisse konvulsies. Dit veroorsaak ook verhoogde ino- en chronotropie asook vrehoodge maagsuur- en verteringsensiemesekresies sowel as verhoogde glomerulere filtrasietempo. Dit verstrek kontraksie van die diafrgama skeletspiere wat sodoende ventalasie respons verbeter, verminder hipoksie en dispnee in KOLS pasiente. Dit is nuttig y pasiente met KOLS wat hoer O2 inname benodig omdat dit ventalasie verbeter.
4) Plasma opruimingstempo verskil tussen individue, dit is die vinnigste by kinders en die stadigste by neonate. Teofillien word gemtaboliseer deur lewerensieme. Middels (propranolol, eritromisien ens)wat die ihibisei van hierdie ensieme veroorsaak, sal n afname in ie metabolisme van teofillien veroorsaak, wat dus dieplasmavlakke verhoog tot toksiese waardes. Dit het n klein terapeutiese indeks van 5-20 ug/ml. Indien hoer as 20, kan lei tot naarheid, diarree, braking, irriteerbaarheid, slaaplosshied ens. Indien hoer as 40 kan konvulsies of hart disritmie voorkom.
5) Teofillien word as tablette gevind, wat die stadige geneesmiddelvrystelling bevorder.