Watter verskillende groepe hallusinogeniese middels is bekend?
Noem ‘n paar tipiese effekte van die hallusinogeniese middels en beskryf die kliniese beeld van ‘n pasiënt wat dit ingeneem het?
Effekte:
Kliniese beeld:
Hoe word ‘n oordosis met LSD hanteer?
Die person moet na ongevalle (emergency room) toe gaan, of na ‘n detoks of rehabilitasie sentrum (indien dit herhaaldelik gebruik word) toe gaan. Die person moet in ‘n veilige plek wees om self-besering te monitor en die risiko daarvan te verminder.
Indien die person angstig is, kan ‘n bensodiasepien toegedien word, en in die geval van depressiewe simptome kan ‘n antidepressant gegee word.
Hoe word ‘n oordosis anticholinergiese middels hanteer?
Geaktiveerde koolstof kan gebruik word (baie skaars) en afhangend van die persoon kan ‘n bensodiasepien gegee word. Die middel wat die algemeenste gebruik word is fisiostigmien. Die persoon moet gemonitor word vir hul eie veiligheid
Alkohol is die groot partytjie “drug” en die aangename effekte daarvan is nie veel nie, alhoewel mens ‘n lekker “buzz” kry en voel asof die wêreld onder jou voete draai. Mens vergeet dikwels dinge, wat baie mense help wat juis gebeurtenisse wil vergeet, maar dit is sleg omdat dit vir hulle dan ‘n “coping mechanism” word en aanleiding gee tot verslawing en afhanklikheid.
Alkohol het positiewe effekte soos verhoogde selfbeeld, kalmerende effekte, verbeterde/gemakliker kommunikasie vaardighede, maar dit is slegs korttermyn effekte. Sedatiewe effekte kom ook voor met die gebruik van alkohol, wat vir mense wat aan insomnia ly, voordelig is. Daarna begin naarheid, braking, “hangover”, hoofpyn en selfs bewussyn verlies kan voor kom.langtermyn newe-effekte sluit lewer skade in, en mens kan toleransie opbou, en sodoende meer nodig hê om dieselfde effek te kry.
Vir ‘n vrou is 1 glasie genoeg, omdat ‘n vrou se liggaamswater minder as ‘n man s’n is, dus kan ‘n man 2 glasies inneem. Dit is ongelooflik belangrik om binne die grense te bly, omdat dit baie maklik is om bo die grens te wees as gevolg van toleransie wat ontwikkel met herhaalde inname van alkohol.
Ons kan gebruik maak van die 1-2-3 reël – 1 drankie per dag, nie meer as 2 op een slag nie en nie meer as 3 keer per week nie en indien hierdie reël oorskry word, dan het jy dalk ‘n problem ontwikkel.
Hoe om te weet of jy ‘n probleem ontwikkel?
Wat kan jy doen?
Dit sal die beste wees om na professionele hulp te gaan soek waar jy raad kan kry oor hoe om te werk te gaan. Jy kan na ‘n detox fasiliteit toe gaan indien die ontrekkingssimptome te erg is, en selfs na ‘n rehabilitasie sentrum toe gaan om behandeling te kry. Daar is ondersteuningsgroepe wat jy kan besoek, waar mense in dieselfde situasie is as jy, waar jy kan praat oor jou probleme.
Pyn kan gedefinieer word as ‘n onaangenamw sensoriese en emosionele ervaring wat gepaard gaan met werklike of potensiële weefselskade, dit is ‘n subjektiewe ervaring. Die persepsie van pyn word beïnvloed deur die pasiënt se gemoedstoestand en die betekenis wat pyn vir die pasiënt het.
Daar is twee tipes pyn (akuut en chronies).
Akute pyn is vinnige pyn en word gewoonlik veroorsaak deur besering en duur gewoonlik vir ‘n kort tydperk. ‘n Operasie is ‘n voorbeeld van akute pyn, want die pyn verminder soos wat die wond genees. Pyn stillers sal die pyn onder beheer hou.
Chroniese pyn is stadige pyn wat veroorsaak word deur veranderinge aan die senuwees en duur voort lank nadat die besering/behandeling verby is. Chroniese pyn kan wissel van matig tot erg en dit kan moeilik wees om te behandel. Pyn stillers en ander pyn beheer middels kan dit dikwels suksesvol beheer.
Elke person ervaar pyn anders, omdat hulle verskillende pyn drempel het (graad van pyn wat ervaar word), sommige mense se pyn drempel is hoër as ander mense s’n.
Matige pyn kan behandel word met oor-die-toonbank parasetamol. Middelmatige tot ernstige pyn kan behandel word met oor-die-toonbank medikasie, soos parasetamol, kodeïen bevattende middels in klein dosisse. Ander tipes pyn (soos post operatiewe pyn) kan behandel word met medikasie wat slegs met ‘n voorskrif gegee kan word (heel waarskynlik ‘n sterk dosis van ‘n opioïed)
Indien die pyn nie meer verdraaglik is nie, moet die pasiënt na ‘n spesialis verwys word waar daar toetse gedoen word om die brein impulse waar te neem waar pyn gevoel word.
Geneesmiddel klas: |
Voorbeelde van geneesmiddels: |
Trisikliese antidepressante |
Sekondêre amiene: Nortripyline Desimipramine Lofepramine
Tersiêre amiene: Amitriptilien Imipramien Trimipramien Chlorimipramien Dothiepin Butriptilien
|
Monoamien oksidase inhibeerders |
Non-selektief Tranylcypromine MAO-A selektief: Moklobemied Ander: Isocarboxazid Phenylzine Selegiline
|
Serotonien-norepinefrien heropname inhibeerders (SNRIs) |
Venlafaxine Desvenlafaxine Duloxetine
|
5-HT2 antagoniste |
Trazadone Nefazodone
|
Selektiewe noradrenalien heropname inhibeerders |
Reboxetine |
Tetrasiklies en unisiklies |
Tetrasiklies: Mianserien Mirtazepine
Unisiklies: Bupropioon
|
Sirkadiese ritme regulator |
Valdoxane
|
Selektiewe serotonien heropname inhibeerders (SSRIs) |
Sitalopram Fluoxetine Paroxetine Sertraline
|
Alle antidepressante het ‘n veelvoudige multi-potente werking op verskeie monoamienergiese reseptore as gevolg van die non-spesifieke verhoging in serotonien of noradrenalien.
Dit neem 6 – 8 weke. Dit het ‘n baie stadige aanvang van werking (as gevolg van die tyd wat dit neem om ‘n effek te hê op die serotonien reseptore
|
Trisikliese antidepressante |
Selektiewe serotonien heropname inhibeerders |
Effektiwiteit |
Geneesmiddels moet getitreer word na minimum effektiewe dosis |
Geneesmiddels kan direk by die volle dosis begin word |
Newe-effekte |
Anticholinergiese newe-effekte, sedasie, massa toename, seksuele effekte en “discontinuation” sindroom |
Naarheid, GI-upset, verlaging in seksuele funksie en belangstelling, hoofpyn en insomnia/hipersomnie, massa toename en “discontinuation” sindroom |
Veiligheid |
Nie veilig in oordosering (dit is die mees algemene geneesmiddels wat gebruik word vir selfmoord). Dit veroorsaak dodelike ventrikulêre aritmieë en fibrillasie, asook konvulsies. |
Baie veilig met betrekking tot oordosering |
Dit blokkeer alfa-2, 5-HT2A, 5-HT2C en 5-HT3 reseptore
Dit antagoneer die transport van serotonien en noradrenalien
Dit blokkeer 5-HT2C reseptore, en stimuleer terselfdertyd MT1/MT2 reseptore
Dit beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme. Die DAG word beïnvloed deur die afname in verskeie ensieme wat help met die omskakeling en hersirkulering van membraan fosfoïnositiede.
Dit het ’n noue terapeutiese indeks (0.8 – 1.2 mmol/L). Indien dit hoër is as 1.2 mmol/L kan dit potensieel toksies wees. Dit is baie belangrik om doserings so laag as moontlik te hou om toksisiteit te voorkom.
Dit is ’n gemoed stabiliseerder, en word meestal as enkelmiddel gebruik in bipolêre steurnis, major depressie en voorkom dus ook selfmoord. Dit kan ook as enkelmiddel gebruik word vir profilaktiese behandeling. Dit word met lamotrigien gekombineer om mania bipolêre steurnis en depressie te behandel, maar dit kan ook met karbamasepien gekombineer word.
Tydens swangerskap verhoog die renale uitskeiding, en gaan na laer vlakke na geboorte, daarom kan die pasiënt toksiese vlakke ervaar. Litium toksisiteit in babas veroorsaak letargie, sianose, swak suig en Moro reflekse. Tydens laktasie word litium oorgedra na die baba. Litium is ’n kategorie D geneesmiddel en moet slegs in lewensbedreigende gevalle gebruik word.
Huntington se siekte
Instandhouding van bipolêre steurnis
Major depressie
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Sy het moontlik litium toksisiteit opgedoen, alhoewel haar plasma vlak 0.8 mmol/L is (binne terapeutiese indeks). Die NSAID (indometasien) kan toksisteit veroorsaak, asook die diuretikum wat sy gebruik, aangesien dit renale opruiming van litium verminder. Litium toksisiteit veroorsaak massatoename, moegheid en dehidrasie, dus sal ek aanbeveel dat die dosis verlaag moet word, sy moet ophou om die diuretikum te gebruik, of sy die dokter moet ’n ander geneesmiddel voorskryf.
Amantadien:
Selektiewe MAO-B remmers:
COMT-remmers:
Broomkriptien = ergotderivaat
Pramipeksool = nie ergotderivaat
Ropinirool = nie ergotderivaat
Rotigotien = nie ergotderivaat
Ropinirole en broomkriptien = D2-reseptor agoniste
Pramipexole = D3-reseptor agonis
Rotigotien = D1, D2 en D3 reseptor agonis
MAO-B remmers (soos rasagilien). Dit beteken dat die MAO-B remmer voorkom dat MPTP (1-metiel-4-feniel-1,2,3,6-tetrahidropiridien) omgeskakel word na MPP+ (N-metiel-4-fenielpyridium). Dit verlaag die progressie van die siekte deur verdere degenerasie van DA neurone te voorkom
Dit het ‘n voorkeur vir dopamien as substraat, daarom sal die dopamien konsentrasie verhoog in die SSS.
Dit rem katesjol suurstof metiel transferase (COMT) wat l-dopa na 3OMD omskakel. Dus is daar verhoogde biobeskikbaarheid van l-dopa en ‘n beter terapeutiese respons van l-dopa. Dit verleng die werkingsduur van l-dopa en verlaag perifere metabolisme daarvan sodat daar meer beskikbaar is om oor die BBS te beweeg en na DA omgeskakel te kan word in die brein.
Dit is ‘n adenosien alfa-2A antagonis, wat beteken dat D2 funksie verbeter word, omdat adenosien nie die funksie van D2 kan inhibeer nie.
Dit het ‘n tweeledige werkingsmeganisme:
Klein, gemiëlineerde vesels word makliker blokkeer as groot, ongemiëlineerde vesels.
Die dorsale senuwees (wat impulse gelei), is meer sensitief vir blokkasie, dus word dit makliker geblok as druk/tas senuwees.
Kokaïen verhoog die gemoedstoestand en kan die sentrale katesjolamien-gemedieerde neurotransmissie beïnvloed (dit kan die heropname van NA blokkeer)
Dit potensieer die lokale anestetikum, wat beteken dat die aanvang van werking versnel word
|
Halotaan |
Enfluraan |
Isofluraan |
Desfluraan |
Sevofluraan |
N2O |
SSS |
Vinnige gladde induksie, verhoogde serebrale bloedvloei, verhoogde interkraniale druk, dus is stadium 2 ook afwesig |
Vinnige gladde induksie.
Uitsondering: Epilepsie (a.g.v. konvulsies wat voor kom) |
Vinniger induksie en herstel tempo as halotaan.
Uitsondering: dit word nie gebruik by pasiënte wat spontaan moet asemhaal nie |
Vinniger induksie en herstel tempo as isofluraan. Verhoog serebrale bloedvloei en interkraniale druk |
Vinniger induksie en herstel tempo as isofluraan. Verhoog serebrale bloedvloei en interkraniale druk |
Swak anestesie eienskappe, maar dis wel ‘n potente analgetikum.
Dit kan amnesia veroorsaak. |
KVS |
Verlaagde bloeddruk, sensitiseer miokardium vir aritomogene effekte van katesjolamiene |
Geen sensitisering van die miokardium |
Veroorsaak minder onderdrukking as halotaan en enfluraan. Geen sensitisering van die miokardium. |
Veroorsaak minder onderdrukking as halotaan en enfluraan. |
Veroorsaak minder onderdrukking as halotaan en enfluraan. |
Geen effek |
Respiratories |
Geen speeksel sekresies, brongiale sekresies of hoes vind plaas nie |
Veroorsaak meer onderdrukking as halotaan |
Groot onderdrukkende effek. Versterk die GM a.g.v. skeletspierverslappende eienskappe. |
Skerp reuk en irriteer die lugweë. Indien as induksie middle gebruik, kan dit hoes, asemnood en laringospasma voorkom |
Irriteer lugweë minder |
Hipoksie, geen skeletspierverslappende effekte. |
Niere |
Verlaag glomerulêre filtrasie en urienvloei |
Verlaag glomerulêre filtrasie en urienvloei |
Verlaag glomerulêre filtrasie en urienvloei |
Verlaag glomerulêre filtrasie en urienvloei |
Verlaag glomerulêre filtrasie en urienvloei |
Verlaag glomerulêre filtrasie en urienvloei |
Lewer |
Hepatotoksisiteit kan voor kom |
|
|
|
|
|
Uterus |
Verlaag spierkontraksie, dus kan eksterne draaiing van die fetus voor kom. |
|
|
|
|
|
Middels wat orale kontrasepsie se metabolisme beïnvloed, sluit die volgende in: phenobarbital, phenytoin, carbamazepine, felbamate, oxcarbazepine en topiramaat. Sommige anti-epileptiese middels (soos bogenoemde middels) induseer sitochroom P450, dus word estrogeen en progesteroon omgeskakel na die onaktiewe metabolite, daarom word die seum konsentrasie van hierdie middels (estrogeen en progesteroon) verlaag, en swangerskap kan voor kom. Anti-epileptiese middels wat veilig is om te neem saam met orale kontasepsie: valproaat suur, lamotrigine, levetiracetam.
Neonate het ‘n stadige metabolisme, en dus ook stadige opruiming, daarom is dit moeilik om serum konsentrasie te handhaaf en deurbraak epileptiese aanvalle kan ontstaan. Babas en kinders het ‘n baie vinnige metabolisme, du sook baie vinniger opruiming, daarom kan serum konentrasie goed gehandhaaf word. Adolesente en volwassenes het ‘n goeie metabolisme en dus ook goeie opruiming, maar pasiënt meewerkendheid moet gemonitor word. Swanger vrouens moet ook versigtig gemonitor word omdat sekere anti-epileptiese middels teratogenies is, en kan dus die fetus abnormaliteite of dood veroorsaak. Bejaardes het ‘n baie stadige metabolisme, en dus ook stadige opruiming, daarom is dit moeilik om serum konsentrasie te handhaaf en deurbraak epileptiese aanvalle kan ontstaan.
Wanneer die pasiënt ensieminhibeerders/induseerders gebruik (byvoorbeeld valproaat, phenytoin, lamotrigine, en fenobarbitoon). Wanneer die pasiënt kontrasepsie saam met valproaat en phenytoin gebruik. Oxcarbazepine en carbamazepine kan hiponatremie veroorsaak, dus moet bejaardes, wat hierdie middels gebruik, se plasmabloedvlakke gemonitor word.