M DE VILLIERS

Default profile image
----------

Blog#2.2

23 Sep 2021, 11:41 Publicly Viewable
  • In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

Hipertensie

  • Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

AOE is nie net verantwoordelik vir die omskakeling van angiotensien i na angiotensien ii toe nie, maar ook vir die omskakeling va bradykinien na sy onaktiewe metaboliet. Dus omdat dit op meer plekke inwerk as net die reseptor (soos angiotensien reseptor blokkers) het dit meer newe-effekte.

  • Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

Dit skakel angiotensien i om na angiotensien ii wat bloeddruk verhoog. Dit skakel ook bradykinien om na sy onaktiewe peptied. As meer Bradykinien omgeskakel word na onaktiewe peptied, is daar minder beskikbaar om die bloeddruk te verlaag deur middel van vasodilatasie, dus veroog die loeddruk op hierdie manier ook.

  • Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Dit werk in op angiotensien ii reseptore. Hulle het slegs 'n effek op die angiotensien ii reseptore wat hulle inwerk deur dit te blok en op hierdie manier te keer dat angiotensien ii daaraan kan bind en kliniese effekte teweeg bring

  • Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Vasodilatories; Ja. Kiniene veroorsaak ook die vrystelling van 2de boodskapper soos cAMP, IP3, DAG, NO en PG. Dit het ook 'n invloed op die kapillere deurlaatbaarheid wat ook bloeddruk verminder.

  • Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

B1

  • Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

Hipertensie: Dit is vasodilatories, verlaag GFR en Na afskeiding, verlaag renien vrystelling, verlaag Na herabsorpsie en verlaag die effek van angiotensien en aldosteroon

  • Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Die inhibering van neprillisien veroorsaak dat minder ANP en BNP gemetaboliseer word. Daar sirkuleer dus meer daarvan in die bloed. Dit veroorsaak verhoging in natriurese en diuerese wat help in die eandeling van hartversakig. Die middel wat gebruik word is Sacubitril.

  • Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.

Vasodilatore: Vasoaktiewe-intestinale peptied (VIP);  Substans P; Neurokinien A; Neurokinien B; Kalsitonien geen verwante peptied (CGRP)

Vasokonstriktore: Neuropeptied Y