M DE VILLIERS

Default profile image
----------

Blog#3.5

12 Nov 2021, 11:06 Publicly Viewable
  • Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.

Sistiese fibrose is 'n genetiese metaboliese siekte wat veroorsaak dat mukus dik en taai is - die liggaam het nie die vr=ermoe om dit op te ruim nie. Dornase alfa hidroliseer proteiene in brongiale mukus om die vloeibaarheid daarvan te verbeter wat dan die liggaam help om dit te kan opruim

  • Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.

Oppervlakaktiewe stof wat die lugwee bedek en noodsaaklik is vir gaswisseling is nog nie behoorlik gevorm. 

Behandeling:; Suurtof om oksiginering te verseker, ventilator vir positiewe druk.

Kortisoon: Profilakties voor kraam aan moeder toegeden om baba se surfaktant produksie te inisieer

Eksogene surfaktant: Probeer die stowwe se werk dien wat nog nie vervaardig is nie

  • Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom?  Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?

Virseker oksigenering 

Gevaar: Te veel suurstof kan tot retinale skade en blindheid lei

  • Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los.  Watter metielxantiene word gebruik?

Asemhalingsentrum in brein van pasgebore en neonatale babas nog nie volledig ontwikkel om voortdurende asemhaling te stimuleer nie.

Metielxantiene: Kaffeien, teofillien - stimuleer die SSS om asemhalingsentrum te stimuleer

 

Blog#3.4

12 Nov 2021, 10:52 Publicly Viewable
  • Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?

Verkoue, allergene, fisiologiese reaksies op irritante bv stuifmeel of koue lug

  • Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word?  Noem voorbeelde by elke groep.

alfa1 agoniste: fenielefrien, efedrien, fenielpropanolamien

Antihistamiene: Difenhidramien, prometasien, chlorfeniramien

Kortikosteroiede: Betametasoon, Prednisoon, beklometasoon

Mastselstabiliseerders: Natriumchromoglikaat, ketotifen

Mukolitika: Mesna, asetielsistien

Antibiotika: Mupirosien, Neomisien

Diverse ander middels: stoom, soutoplossing, vlugtige olies soos mentol

  • Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur?  Hoe word hulle tipies toegedien?

Dit word in 3 verdeel volgens werkingsmeanisme: direkwerkend, gemengde werking, en gemengde werking (imidasoliene). En volges werkingsduur in kort (4-6h), intermedier (8-10h) en lang (12h)  - werkend. Meestal topikaal toegedien (neussproei, druppels en jellies) maar ook inhalasie van vlugtige verbindings)

  • Wat is rhinitis medicamentosa?  Hoe word dit behandel?

Terugslagrinitis wat ontstaan met oordosering van lokale preperate. Dit word behandel met kortikoied terapie

  • Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkings­meganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word?  Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene?  Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?

Eerste generasie: Gaan oor BBS

Tweede generasie se voordeel is dat dit nie oor die BBS gaan nie en dus minder sentrale newe effekte het. 

Tweede generasie blokkeer nie muskariniese reseptore nie - en histamien het geen invloed op verjoue nie, dus word dit nie vir verkoue rinitis gebruik nie.

  • Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?

In allergiese rinitis en met dik mukus. Word meestal topikaal toegedien

Blog #3.2

11 Nov 2021, 17:42 Publicly Viewable
  • Gee jou eie definisie van COLS.

'n Kroniese obstruktiewe lugwegsiekte: 'n siekte wat lank aanhou (chronies) wat te doen het met 'n obstruksie in die lugweg wat asemhaling moeilik maak. Gewoonlik 'n kombinasie van brongiale asma, chroniese brongitis en emfiseem.

  • Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

CHRONIESE BRONGITIS

Etiologie: Onseker; word wel geassosieer met langtermyn blootstelling aan irritante soos bv sigarette, stof en sekere gasse.

Patofisiologie: Nonspesifieke obstruktiewe lugwegsiekte

EMFISEEM

Etiologie: Ontwikkel agv rook en irritante

Patofisiologie: Onomkeerbare verwyding van respiratoriese brongioli en alveoli agv strukturele skade.

  • Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Staking van rookgewoontes; immunisering teen influenza, brongodilatore vir lugwegobstruksie, sekrete - stoom verdun mukus, suurstof-inhalasie, gereelde matige oefening om longkapasiteit te verbeter.

  • Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Ipratropium is 'n M3 antagonis in die lugweg. Dit werk die effekte van Ach tee dus veroorsaak dit brongodilataie en verlaagde mukusproduksie. Ipratropium is kortwerkend, saldus help by akute asma, maar nie lank by KOLS nie.

  • In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Dit versterk die kontraksie van die diafragma skeletspiere - so verbeter dit die ventilasie respons, en verminder hipoksie en dispnee in KOLS pasiente.

  • Wat is die rol van suurstofterapie by COLS?

Dit help by hipoksie. Sommige kere wanneer die siekte al redelik ernstig is, is mense op 18-24h 'n dag se suurstof-terapie. Ander mense het dit slegs tydens oefening en slaap nodig.

Blog#2.5

18 Oct 2021, 15:11 Publicly Viewable

Fluvoksamien is 'n serotonien heropname inhibeerder. Dit veroorsaak verminderde produksie van inflammatoriese sitokiene. Dit het moontlik 'n impak op die behandeling van COVID 19

 

Blog#2.4

18 Oct 2021, 12:32 Publicly Viewable
  1. Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.

NO word gevorm in die endotelium. NO is ook verantwoordelik vir vasodilatasie deur die aktivering van guanielsiklase wat dan die sintese van cGMP veroorsaak. cGMP ontspan die vaskulere gladdespier wat dan lei tot vasodilatasie.

  1. As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?

Konstitueel – nNOS & eNOS; NO sintese word begin deur verhoogde sistoliese Ca  konsentrasie. Dit is ‘n belangrike BP reguleerder agv vasodilatoriese effekte. Kan ook trombose veroorsaak agv die feit dat dit plaatjie aktivering inhibeer.

Geinduseerd – iNOS; Nie deur Ca gereguleer nie. Verhoging in iNOS kan aanduidend wees van septiese skok, infeksie en inflammasie.

  1. Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.

Verhoogde sintese van NO veroorsaak hipotensie, skok en in sommige gevalle die dood.

  1. Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?

NO, Ach, Histamien, Bradikinien, Hidralasien

  1. NO kan vir die sel toksies wees.  Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?

NOS inhibeerders; stowwe wat die werking van NO inhibeer.

  1. Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree.  Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.

Direkte weefselskade veroorsaak NO vrystelling. NO word ook gesintetiseer in reaksie op onbekende antigene. Stimuleersintese van prostaglandiene deur aktivering van COX-2 ensiem. Veroorsaak dus vaskulere deurlaatbaarheid en dus edeem wat met akute inflammasie geassosieer word.

Die aanhoudende sintese en vrystelling van NO veroorsaak erger weefsel skade. Dit kan ook artritis vererger.

  1. In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?

Beroerte, amiotrofiese laterale sklerose en Parkinsonisme

Blog#2.4

23 Sep 2021, 15:50 Publicly Viewable
  • Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.

Verhoogde bloedvloei na die endoteel induseer vrystelling van NO en PGI2 wat lei tot vasodilatasie

  • As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?

Konstitueel - ensien altyd vervaardig, of benodigde stowwe teenwoordig is of nie. 

Geinduseerd - NO word eers vervaardig na induksie

  • Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.

In septiese skok word die produksie van NO nie behoorlik ereguleer nie. Oorsintetisering daarvan lei dus tot kardiovaskulere disfunksie

  • Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?

NO

  • NO kan vir die sel toksies wees.  Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?

NO sintese kan deur hemoglobien geinhibeer word

  • Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree.  Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.

Direkte weefselskade veroorsaak NO vrystelling en stimulasie van PG sintese via COX2 veroorsaak idirekte NO vrystelling

  • In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?

Alzheimer's en Parkinsons

Blog#2.2

23 Sep 2021, 11:41 Publicly Viewable
  • In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

Hipertensie

  • Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

AOE is nie net verantwoordelik vir die omskakeling van angiotensien i na angiotensien ii toe nie, maar ook vir die omskakeling va bradykinien na sy onaktiewe metaboliet. Dus omdat dit op meer plekke inwerk as net die reseptor (soos angiotensien reseptor blokkers) het dit meer newe-effekte.

  • Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

Dit skakel angiotensien i om na angiotensien ii wat bloeddruk verhoog. Dit skakel ook bradykinien om na sy onaktiewe peptied. As meer Bradykinien omgeskakel word na onaktiewe peptied, is daar minder beskikbaar om die bloeddruk te verlaag deur middel van vasodilatasie, dus veroog die loeddruk op hierdie manier ook.

  • Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Dit werk in op angiotensien ii reseptore. Hulle het slegs 'n effek op die angiotensien ii reseptore wat hulle inwerk deur dit te blok en op hierdie manier te keer dat angiotensien ii daaraan kan bind en kliniese effekte teweeg bring

  • Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Vasodilatories; Ja. Kiniene veroorsaak ook die vrystelling van 2de boodskapper soos cAMP, IP3, DAG, NO en PG. Dit het ook 'n invloed op die kapillere deurlaatbaarheid wat ook bloeddruk verminder.

  • Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

B1

  • Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

Hipertensie: Dit is vasodilatories, verlaag GFR en Na afskeiding, verlaag renien vrystelling, verlaag Na herabsorpsie en verlaag die effek van angiotensien en aldosteroon

  • Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Die inhibering van neprillisien veroorsaak dat minder ANP en BNP gemetaboliseer word. Daar sirkuleer dus meer daarvan in die bloed. Dit veroorsaak verhoging in natriurese en diuerese wat help in die eandeling van hartversakig. Die middel wat gebruik word is Sacubitril.

  • Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore.

Vasodilatore: Vasoaktiewe-intestinale peptied (VIP);  Substans P; Neurokinien A; Neurokinien B; Kalsitonien geen verwante peptied (CGRP)

Vasokonstriktore: Neuropeptied Y

Blo #2.1

22 Sep 2021, 17:31 Publicly Viewable

Drugs used in the treatment of migraines

Serotonin 1B/1D antagonists (Sumatriptan)

Serotonin 1F antagonist (Lasmiditan)

Vasoselective ergotalkaloids (Ergotamine)

Uteroselective ergotalkaloids (Ergonovine)

Vasoconstriction by ergotalkaloids helps when taken early

 

Possible mechanisms:

5-HT 1B/1D receptors on presynaptic trigeminal nerve endings activated to inhibit the release of vasodilating peptides

Vasoconstricting action of 5-HT agonists may prevent vasodilation and stretching of the pain endings

 

Actually: 

Reduction of trigeminal nerve stimulation is what actually prevents the migraine