Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word:
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
Hoe werk Istradefilien?
Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied: