Algemene oorsake kan die gevolg wees van allergie, verkoue, chemiese of geneesmiddel skade, koue lig of fisiese skade.
Alfa 1 Agonise (Dekongestante) bv. Oksimetasolien
Antihistamiene bv. Difenhidramien
Kortikosteroïede bv. Betametasoon
Masselstabiliseerders (Anti-allergiese geneesmiddels) bv. Natriumchromoglikaat
Mukolitika bv. Mesna
Antibiotika bv. Mupirosien
Of diverse metodes bv. Stoom.
Die dekongestante is simpatomimetiese agente naamlik Alfa 1 Agoniste wat vasokonstriksie veroorsaak van die mukosale bloedvate wat die edeem van die nasale mukosa verminder.
Die middels het tipies ʼn werkingsduur van 4 ure. Daar is onder andere verskillende werkingsduur klasse: Kortwerkend (4-6 ure bv. efedrien), intermediêr werkende (8-10 ure bv. silometasolien) en langwerkend (12ure bv. oksimetasolien)
Die middels word oraal of topikale sproei toegedien.
Dit is die oorsaak van oorgebruik van dekongestante, die uitdroging van die neus slymvlies wat ʼn terugslag ontlok.
Dit word behandel met topikale kortikosteroïede neussproei.
1ste Generasie antihistamiene blokkeer H1 reseptore en ander reseptore en is baie lipofiel m.a.w. het verspreiding in die SSS, dit is multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer ook muskariene reseptore; antimuskariene middels verminder sekresies van hoe tot lae lugweë. Waar 2de generasie antihistamiene slegs H1 reseptore blokkeer en min tot geen verspreiding het in die SSS, dit blokkeer nie muskariene reseptore nie en is bruikbaar vir lang en korttermyn gebruik. 1ste Generasie Antihistamiene is effektief, maar dit veroorsaak sedasie en ʼn verlaging in konsentrasie waar 2de generasie antihistamiene veral gebruik word by allergiese rinitis en waar dit vir langtermyn gebruik kan word. Antihistamiene behoort nie gebruik te word om verkoue rinitis te behandel nie want dit veroorsaak slym indikking, 2de generasie antihistamiene moet ook nie gebruik word by verkoue rinitis nie omdat histamien geen rol speel by verkoue rinitis nie maar wel by bradikinien, dit help daarom nie vir verkoue rinitis nie. 1ste Generasie antihistamiene is aangedui vir non allergiese rinorrea waar 2de generasie aangedui is vir allergiese rinitis.
Kortikosteroïede is bruikbaar by allergiese rinitis, dit word topikaal of sistemies toegedien.
Anti-allergiese middels is bruikbaar by die profilaktiese behandeling van allergiese rinitis, word topikaal toegedien as neussproei.
Mesna is bruikbaar by taai nasale mukus, dit word toegedien as neussproei.