Gee 'n kort en kritiese verduideliking van die rasionaal om fluvoksamien ('n selektiewe serotonienheropname remmer (SSRI) te gebruik in die behandeling van Covid pasiente. Jou antwoord moet toepaslike verwysings sowel as in-teks verwysings he.
Fluvoxamine is 'n antidepressant van die selektiewe serotonien heropname inhibeerder (SSRI) en 'n σ-1 reseptor (S1R) agonis klas. Fluvoxamine verminder die produksie van sitokiene. Daar word verneem dat dit onder andere ʼn rol kan speel in die behandeling van COVID-19 pasiënte.
In a double-blind, randomized, placebo-controlled trial involving 152 outpatients with COVID-19, patients who were treated with fluvoxamine had a significantly lower risk of clinical deterioration over 15 days of treatment than those who received a placebo (Hoertel, N., 2021).
On the basis of the Bayesian beta-binomial model, there was evidence of a benefit of fluvoxamine reducing the composite primary endpoint of hospitalisation (The Lancet Global Health, 2021).
Daar is gevind dat fluvoxamine wat onder andere aan die σ-1 reseptor (S1R) van ʼn immuunsel bind, ʼn afname van inflammatoriese sitokien produksie tot gevolg het. Daar word ook verneem dat fluvoxamine die inflammatoriese gene in makrofage en endoteelselle aansienlik kan verminder en sodoende die voorkoming van die ontwikkeling van lewensgevaarlike sitokien produksie en akute respiratoriese noodsindroom in COVID-19 kan bewerkstellig. Daarom is daar aansienlike teoriee en bewysstukke wat daartoe lei dat fluvoxamine wel vir die behandeling van COVID-19 pasiënte voordeel inhou. (Medical letter, 2021:63)
Verwysing:
Hoertel, N., 2021. Do the Selective Serotonin Reuptake Inhibitor Antidepressants Fluoxetine and Fluvoxamine Reduce Mortality Among Patients With COVID-19? https://jamanetwork.com/journals/jamanetworkopen/fullarticle/2786140 Datum van toegang: 1 Des. 2021
The Lancet Global Health, 2021. Effect of early treatment with fluvoxamine on risk of emergency care and hospitalisation among patients with COVID-19: the TOGETHER randomised, platform clinical trial. https://www.thelancet.com/journals/langlo/article/PIIS2214-109X(21)00448-4/fulltext Datum van toegang: 1 Des. 2021
Medical letter. 2021. Fluvoxamine for COVID-19? https://secure.medicalletter.org/sites/default/files/freedocs/w1623d.pdf (63:69) Datum van toegang: 1 Des. 2021
Dit is wanneer endoteelselle vasodilatore regaeer deur die vrystelling van endoteel-afgeleide ontspannings faktor naamlik EDRF (veroorsaak ontspanning van vaskulêre spiere). Waar NO die belangrikste bio-aktiewe komponent van EDRF is.
iNOS: wanneer dit aan inflammatoriese mediators blootgestel word ondergaan dit transkripsie-induksie (induseerbaar), dit word dus nie deur kalsium gereguleer nie. eNOS en nNOS word voortdurend geproduseer, ongeag die die hoveelheid selle wat benodig word (konstitueel). NO sintese is afhanklik van kalsiumregulering.
Sepsis se etiologie is naamlik infeksies, dit lei tot ʼn inflammatoriese reaksie. Bakterieë bevat sekere sitokiene en endotoksiene, dit gee aanleiding tot die vorming van iNOS in T-selle, hepatosiete asook makrofage. NO wat vorm gee dan uiteindelik aanleiding tot septiese skok wat dood kan veroorsaak.
Stikstofoksied (NO)
Glutatione is teenwoordig, dit het naamlik beskermende meganismes teenoor weefselskade wat deur Piroksinitriet veroorsaak word tydens inflammasie.
Die sintese van inflammatoriese prostaglandiene word deur NO gestimuleer wat der die COX-2 weg geaktiveer word. ʼn Oormaat van NO kan ook weefselbeskadiging tot gevolg hê. Perivaskulêre edeem kan ontstaan omdat beide prostaglandiene en NO vasodilatoriese eienskappe besit, dit lei tot vaskulêre deurlaatbaarheid en uiteindelik Perivaskulêre edeem.
Hipertensie en hartversaking. Groter aktiwitweit van RAAS veroorsaak meer angiotensien II in die liggaam, produksie angiotensinogeen sal verhoog. Meer angiotensinogeen teenwoordig (vorming van angiotensien II) vererger siekte agv vasokonstruktiewe effekte.
Dit inhibeer die negatiewe terugvoer meganisime van Angiotensien II wat renien vrystelling verhoog. Bradikinin aktiwiteite verhoog ook wat erge hoes en angio-edema kan veroorsaak waar angiotensien I reseptor blokkers ‘n laer insedensie het van hoes.
ACE-inhibeerders inhibeer die ACE ensiem betrokkie vir die afbraak van Bradikinien agv Angiotensien I. ʼn Verhoging in Bradikinien konsentrasies het naamlik kardio- en vasobeskermde effekte wat hipertensiewe pasiente help. ACE-inhibeerders inhibeer ook die omskakeling van Angiotensien (1-7) wat verkry word vanaf Angiotensien I om na sy onaktiewe metaboliet omgeskakel te word. Dit veroorsaak dat Angiotensien (1-7) die AT2 reseptor kan stimuleer en sodoende antitrofiese effekte tot gevolg het. Die inhibering van ACE veroorsaak dat Angiotensien II nie die AT1 reseptor kan stimuleer om naamlik Vasokonstriksie, Hipertrofie, Hermodellering en verhoging in aldosteroon konsentrasie te veroorsaak nie vir die behandeling van hipertensie.
Angiotensien II reseptor blokker. Blokkeer die vasokonstriktor- en aldosteroon-afskeiende effekte van angiotensien II deur selektief die binding van angiotensien II aan die AT1-reseptor te blokkeer
Dit is ʼn Sterk vasodilator, dit ↑cAMP, IP3, DAG, NO, PG en kapillêre deurlaatbaarheid. En dit Stimuleer sensoriese eindpunte wat betrokke is by pyn. Ander outokoïede [stikstofoksied, vasodilatoriese prostaglandiene (PGE2 & PGI2)] speel ook ʼn rol in die vasodilatoriese effekte.
Bradikinien 2 reseptore
Dit het die volgende effekte: Vasodilatories, áGlomerulere filtrasie en Natriumuitskeiding (lei n afname in bloedvolume.), â Renienvrystelling, âNatriumherabsorpsie, âEffek van angiotensien en aldosteroon. Al hierdie sal effektief wees in die behandeling van hipertensie en kongestiewe hartversaking.
Neprilisien is ʼn neutrale endopeptidase verantwoordelik vir afbraak van natriuretiese peptiede in niere, lewer en longe. Inhibisie van neprilisien verhoog sirkulerende vlakke van ANP en BNP en veroorsaak dus natriurese en diurese. Sacubitril = neprilisien inhibeerder. Kombinasie met valsartan (Angiotensien R antagonis / ARB) vir behandeling van hartversaking.
Vasokonstriktors: Endotelien 1,2,3.
Daar bestaan geen twyfel nie dat die patologie van migraine sterk op ‘n vaskulêre komponent rus. Vasokonstriktore en vasodilatore is effektief in sekere gevalle van migraine. Verder, al is vasokonstriktore effektief in migraine, is middels wat vasodilatories optree nie noodwendig sondebokke wat migraine presipiteer nie. Dit blyk dat migraine verrykende veranderinge in vaskulêre funksies wat onvoorspelbaar is, behels, veral as ons ook in ag neem dat anti-inflammatoriese middels wat geen direkte vasoaktiewe aksie het, ook effektief is. Lees die gedeelte oor die behandeling van migraine (Katz ).
Berei ‘n rasionalisering van die patologie van migraine, asook die huidige behandeling van migraine en hoe die middels werk, voor vir die blog opsomming
Die patofisiologie van migraine is groot en deels nog nie heeltemal bekend nie. Dit behels die trigeminale senuwee se verspreiding na intrakraniale arteries. Dit stel kragtige vasodilatore (CGRP) vry wat onder andere vasodilatasie en edeem veroorsaak, dit lei tot die aktivering van die pyn senuwees se eindpunte wat pyn oordra. Migraine is ʼn herhaalde erge hoofpyn met of sonder ʼn aura verskynsels wat gekenmerk word aan erge kloppende pyn, meestal net aan die een kant van die kop. ʼn Migraine duur gewoonlik ʼn paar uur tot 3 dae.
Daar bestaan tans 2 tipe behandelings, naamlik: Akute en Profilaktiese behandeling.
Akuut behels die volgende middels: Analgeties (Aspirien /Parasetamol), Antiemeties (Metoklopramied, Siklisien), Ergotamien, 5-HT1D agoniste (Sumatriptan / Zolmitriptan/ Eletriptan, Naratriptan, Rizatriptan), Sedatiewe middels (Diasepam), NSAIM’s
Profilakse behels die volgende middels: Betablokkers (Propranolol), α2 – agonis (Klonidien), Ca2+ blokkers (Flunarisien), Trisikliese antidepressante (Amitriptilien), Antikonvulsante (Valproaat / Topiramaat), 5-HT2 antagonis (Pisotifen)
extra-serebrale vennas veroorsaak & sensitiseer sensoriese senuwee-eindpunte. Antagoniste voorkom dus die reaksie. Pisotifen blok ook histamien reseptore Siproheptadiene blok ook histamien1 reseptore & Ca2+ kanale.
Sistiese fibrose is ʼn genetiese metaboliese siekte (ʼn verlaagde DNase 1 ensiem teenwoordig) wat lei tot verlaagde sekresies in verskillende organe maar wat meer sigbaar is in die lugweg. Die mukus wat ontstaan is dik en taai.
Dornase-alfa hidroliseer die proteïene in die brongiale mukus wat sodoende veroorsaak dat die mukus meer vloeibaar is en makliker verwyder kan word.
Dit is die afwesigheid van die oppervlakaktiewe stof wat die lugweg bedek en noodsaaklik is vir gaswisseling, dit veroorsaak dat die longe kan platval m.a.w. atelektasis.
Behandeling sluit in: suurstof toediening om oksigenering te verseker. Ventilator vir positiewe druk in die longe. Geneesmiddels soos eksogene surfaktant en kortikosteroïede toe te dien.
Kortikosteroïede word profilakties aan die moeder toegedien voor kraam, dit inisieer die baba se surfaktant.
Eksogene surfaktant word profilakties of tydens akute respiratoriese noodsindroom aan die neonaat toegedien om die longsurfaktant aan te vul. Die mortaliteit en die langtermyn suurstof behoefte word verlaag.
Die rol van suurstofterapie is om oksigenering te verseker. Positiewe druk verbeter respirasie en hou die alveoli oop en verhoed kollabering. Die toediening van suurstof verhoed hipoksie.
Suurstof toksisiteit veroorsaak verminderde gaswisseling, hipoksie en selfs dood, by neonate kan dit ook retinale skade en blindheid veroorsaak.
Neonatale apnee is wanneer die asemhalingsentrum in die brein nog nie volledig ontwikkel is om asemhaling te stimuleer nie.
Metielxantiene word gebruik omdat dit die SSS naamlik die asemhalingsentrum stimuleer.
Metielxantiene soos kaffeïen en teofillien IV word gebruik.
Algemene oorsake kan die gevolg wees van allergie, verkoue, chemiese of geneesmiddel skade, koue lig of fisiese skade.
Alfa 1 Agonise (Dekongestante) bv. Oksimetasolien
Antihistamiene bv. Difenhidramien
Kortikosteroïede bv. Betametasoon
Masselstabiliseerders (Anti-allergiese geneesmiddels) bv. Natriumchromoglikaat
Mukolitika bv. Mesna
Antibiotika bv. Mupirosien
Of diverse metodes bv. Stoom.
Die dekongestante is simpatomimetiese agente naamlik Alfa 1 Agoniste wat vasokonstriksie veroorsaak van die mukosale bloedvate wat die edeem van die nasale mukosa verminder.
Die middels het tipies ʼn werkingsduur van 4 ure. Daar is onder andere verskillende werkingsduur klasse: Kortwerkend (4-6 ure bv. efedrien), intermediêr werkende (8-10 ure bv. silometasolien) en langwerkend (12ure bv. oksimetasolien)
Die middels word oraal of topikale sproei toegedien.
Dit is die oorsaak van oorgebruik van dekongestante, die uitdroging van die neus slymvlies wat ʼn terugslag ontlok.
Dit word behandel met topikale kortikosteroïede neussproei.
1ste Generasie antihistamiene blokkeer H1 reseptore en ander reseptore en is baie lipofiel m.a.w. het verspreiding in die SSS, dit is multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer ook muskariene reseptore; antimuskariene middels verminder sekresies van hoe tot lae lugweë. Waar 2de generasie antihistamiene slegs H1 reseptore blokkeer en min tot geen verspreiding het in die SSS, dit blokkeer nie muskariene reseptore nie en is bruikbaar vir lang en korttermyn gebruik. 1ste Generasie Antihistamiene is effektief, maar dit veroorsaak sedasie en ʼn verlaging in konsentrasie waar 2de generasie antihistamiene veral gebruik word by allergiese rinitis en waar dit vir langtermyn gebruik kan word. Antihistamiene behoort nie gebruik te word om verkoue rinitis te behandel nie want dit veroorsaak slym indikking, 2de generasie antihistamiene moet ook nie gebruik word by verkoue rinitis nie omdat histamien geen rol speel by verkoue rinitis nie maar wel by bradikinien, dit help daarom nie vir verkoue rinitis nie. 1ste Generasie antihistamiene is aangedui vir non allergiese rinorrea waar 2de generasie aangedui is vir allergiese rinitis.
Kortikosteroïede is bruikbaar by allergiese rinitis, dit word topikaal of sistemies toegedien.
Anti-allergiese middels is bruikbaar by die profilaktiese behandeling van allergiese rinitis, word topikaal toegedien as neussproei.
Mesna is bruikbaar by taai nasale mukus, dit word toegedien as neussproei.
COLS bestaan uit 3 obstruktiewe lugwegtoestande wat in verskillende grade en kombinasies voorkom, dit sluit in: Brongiale asma, Chroniese Brongitis en Emfiseem. COLS beperk die pulmonêre lugvloei en gaswisseling.
Die etiologie van Chroniese brongitis is onduidelik, maar dit word wel geassosieer met langtermyn blootstelling aan verskillende iritante soos rook, stof en gasse. Dit kom voor met verhoogde mukus sekresie, verlaagde mukusiliêre opruiming, gereelde bakteriële lugweginfeksies, strukturele veranderinge in die brongiale wande met ʼn chroniese hoes as gevolg van die taai muskus.
Die etiologie van Emfiseem is rook of irritante. Dit kom voor as gevolg van strukturele skade aan die wande van die alveoli en brongioli, dis onomkeerbare verwyding.
Ipratropium verlig chroniese brongokonstriksie met simptome van hoes, hyg en asemloosheid. Ipratropium is nie baie effektief vir die behandeling van akute brongiale asma aanvalle nie en word slegs oorweeg by asmalyers waar hul teenaangedui is teen Beta 2 agoniste.
Teofillien versterk die kontraksie van die diafragma skeletspiere wat die ventilasie respons verbeter en wat sodoende die hipoksie en dispnee wat gepaard gaan met COLS pasiënte, verminder.
Suurstofterapie voorkom hipoksie by COLS pasiënte.